“en jy moet dit met koper oortrek” (Eks 27:2, OAV)
Ons het in die vorige Manna gesê die Bruid van Christus moet uitkom by die profetiese belofte van Jes 25:7, waar “die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is”, vernietig moet word. Ons het uitgewys dat dié “omhulsel” dui op ‘n “mould”, ‘n “molten metal, molten image, molten gods” wat ‘n ysterjuk oor ons manier van dink geplaas het. Maar, die salwing breek die juk,soos dit mooi verduidelik word met dié vertaling van Isa 10:27 (Ampl) – “The yoke shall be destroyed because of fatness [which prevents it from going around your neck].” Só ‘n “mould” (deur die koninkryk van duisternis gekonstrueer) kan NET verbreek word deur ‘n ekwivalente “mould” (deur die koninkryk van lig gekonstrueer). Die brandofferaltaar is die “mould” wat tipologies heenwys na die ware geestelike teenvoeter.
In Lev 26:19-20 waarsku God die mens: “En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word …” Hierdie waarskuwing word in veelseggende metafore geklee, wat ook in Deut 28:23 uitgespel word as deel van die vloek as die mens nié na God se stem luister nie (vers 15): “En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.” Let mooi op hoe in die laasgenoemde teksvers die substans van hemel en aarde omgeruil word!
julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper
jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees
Daar is ‘n duidelike interaksie tussen die hemel en die aarde, dit wil sê die geestelike en die fisiese realm, en die uitruilbaarheid van die twee metafore waarmee dit beskryf word, lig dit vir ons mooi toe. Omdat die mens deur die sondeval sy posisie in die hemele/geestelike realm verloor het, is dit geweldig belangrik dat ons besef dat ons afwesigheid dáár (en die Mannalesers weet ons praat van ‘n toestand en nie ‘n plek nie) het meegebring dat Satan ‘n “covering of darkness” tot stand gebring het op grond van ons “verbond met die dood” (Jes 28:15). Hierdie “mould” is daar omdat ons “die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek” het. Maar God profeteer dat Hy in SION (die Bruid van Christus), sy wat haar posisie in die hemele (“we are seated in the heavenlies with Christ” – Eph 2:6) ingeneem het, “‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is” sal oprig wat “die leuendak (sal) wegruk en … die skuilplek (laat) wegspoel. En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie.” (Jes 28:16-18). Wat ‘n vooruitsig!
Hoe dit gaan gebeur, word mooi uitgespel deur die eenvoudige houtkonstruk van die brandofferaltaar, en die opdrag in Eks 27:2 – “en jy moet dit met koper oortrek”. In die volgende Mannas meer oor hierdie heerlike geheimenis.
- Sela: Probeer Joh 1: 51
- Lees: Spr 25-27
- Ondersoek die vervulling: Lees Spr 25:2 (Wenk: Mat 6:33).
- Delf dieper: Luister na Timothy Prince Olesegun se cd-lering: Speaking into the heavenlies.