Dag 620

 

Ons het ‘n altaar … ”  (Heb 13:10, OAV)

Vir ‘n wyle keer ons weer terug na die brandofferaltaar en die geestelike implikasies wat dit tipologies vir ons in die Nuwe Verbond inhou, veral ten opsigte van die losmaak van alle bande van ongeregtigheid wat ons as kinders van Abraham steeds bind.

In Eks 27:1-8 word die opdrag uitgespel vir hoe die konstruksie van die brandofferaltaar moet lyk: “Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte—vierkantig moet die altaar wees—en drie el sy hoogte. En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak. Jy moet daar ‘n traliewerk aan maak, ‘n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom. Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper. En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra. Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.”

Ons het reeds daarop gewys dat die brandofferaltaar tipologies heenwys na die kruis van Jesus, maar in die detail van die konstruk is daar verskeie geheimenisse ingebou. In die paar Mannas wat volg, gaan ons aan die spesifieke detail aandag skenk.

Oorkoepelend moet ons altyd onthou dat die brandofferaltaar heenwys na “al …die dinge wat op Hom betrekking het” (Luk 24:27) – Jesus die Paaslam van God (Open 5:12; 1 Kor 5:7). Die aardse tabernakel, met alles daarby ingekorporeer, wys heen na die hemelse tabernakel – “as a foreshadowing of [what has its true existence and reality in] the heavenly sanctuary” (Heb 8:5, Ampl). Die aardse detail moes dus “according to the (heavenly) pattern” (ASV) wees. Jesus dien uiteraard as die “heavenly pattern”!

Die Hebreeuse woord wat vir altaar gebruik word, is die woordjie mizbêach, en dit beteken bloot wat dit sê. Die wortelbetekenis van die woord is zâbach, wat “slagting”, of dan: to slaughter for sacrifice, beteken (New American Exhaustive Standard Concordance) . In Grieks verkry die oorspronklike betekenis van die woord ‘n ruimtelike aanduiding by, en word dit: plek van slagting. Die Latynse betekenis van die woordjie altaar is alta, wat beteken “lifted up, high, ascending”. Daarin lê ook die betekenis opgesluit van “hoogtes” waar sekere altare opgerig is, om sodoende te dui op elevation, wat verder heenwys na superieure outoriteit.

Soos die offers gebring is na die slagtingsplek, en hul bloed versoening bewerk het tussen God en sondaar (Heb 9:13) en dit met vuur verbrand is, is die offergawe deur die rook “opgedra” na die hemelse realm.

 

  • Sela:  Het die derde dimensie ook ‘n altaar?
  • LeesSpr 28-30
  • Ondersoek die vervulling:  Lees Spr 30:4 (Wenk: Mat 1:21-23).
  • Delf dieper:  Lees C.W. Slemming se boek: Made according to Pattern.