“… en sy voete is soos blink koper … ” (Open 2:18, OAV)
In die vorige Manna is uitgewys dat die etimologie van die woord “koper” besonder insiggewend is: “in the sense of ringing, bell-metal; or from the red color of the throat of a serpent when hissing”. In hierdie lig gesien, is die tipologie wat uitgebeeld word in Num 21 van besondere belang.
In Num 21 word vertel hoe Israel in die woestyn nog eens ongeduldig geword het en gemurmureer het teen God en teen die “ellendige kos” waarvan hulle “walg”. Vers 6-10 spel uit wat toe gebeur: “Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe. En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid. Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang en sit dit op ‘n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ‘n koperslang gemaak en dit op ‘n paal gesit: en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly. En die kinders van Israel het weggetrek en laer opgeslaan in Obot.”
Dit is belangrik dat hierdie slang van koper gemaak word – in die koperslang wat opgelig is, het daar redding gekom as dié wat deur die giftige slange gebyt is, opgekyk het. Hierdie tipologie is duidelik ‘n heenwysing na Jesus aan die kruis. Dit klink amper asof dit ‘n teenstrydigheid is – Jesus aan die kruis kan mos nie simbolies voorgestel word deur ‘n koperslang aan ‘n maspaal nie?
Tog is dit presies die tipologie, en dit word sterk vooropgestel in Joh 3:14-15, net voor daardie sleutelvers van God se liefde gegee word: Joh 3:16. Maar dié gedeelte vind plaas in die konteks van Jesus se gesprek met Nikodemus oor die wedergeboorte. Die groot geheimenis oor hoe om deel te kan word van die koninkryk van God word aan dié Skrifgeleerde van Israel toevertrou – dat as jy nie weer gebore word uit water en gees nie, kan jy nie die koninkryk sien óf ingaan nie. Nikodemus vind dit moeilik om te glo, en dan sê Jesus vir hom in vers 12: “As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?” En dan in die volgende drie verse maak Jesus hierdie geweldig belangrike stellings: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
‘n Klompie sake word gelyktydig aangesny – Jesus probeer primêr verduidelik dat iets totaal nuut op die aarde gaan gebeur as Hy as Seun van God aan die kruis vasgeslaan gaan word: die wedergeboorte sal vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n realiteit word, en dit beteken dat dit vir die gevalle mens nou moontlik is om:
- ‘n geestelike mens te kan word deur die proses van die wedergeboorte omdat sy gees wat vroeër “dead to God” was, nou lewend geword het;
- sodoende deel te kan word van die geestelike realm, die koninkryk van God, waar God die Koning is en regeer;
- “getranslate” te kan word van die fisiese (aardse) realm na die geestelike (hemelse) realm “whilst in the body” (That if possible I may attain to the [ spiritual …] resurrection [that lifts me] out from among the dead [even while in the body]. – Phil 3:11, )
- deur Jesus se verhoging (= opstanding en opvaart) die slang – wat die mens in die hakskeen byt (Gen 3:15) – se kop onder sy voete (Ps 91:13; Rom 16:20) te vernietig.
Soos in die vorige Manna verduidelik, het Jesus op die kruis vir ons die sonde geword (2 Kor 5:21) – Hy het as ‘t ware sonde vir ons beliggaam; en as ons na Hom opsien as die Redder en Verlosser, word die outoriteit wat in sy lydingsdaad beliggaam is, vir ons die wyse waarop ons die eeue-oue sis van die slang (onthou die wortelbetekenis van die woordjie “koper”) kan stilmaak.
Dis interessant dat Jesus die Oorwinnaar oor die Slang en die Dood (Open 12:9; 20:2) se voete van koper is: “Dít sê die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper …” (Open 2:18; sien ook Dan 10:6 en Open 1:15).
Met dit alles in gedagte, is Joh 3:16, die Skrif waartoe hierdie hele relaas opgebou het, dan in die besonder insigvol – “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
‘n Baie belangrike idee ten grondslag van die kruisiging kom hierdeur na vore – hierdie vernietigingsdaad van die Seun van God was die demonstrasie van hoe ver God sou gaan om die legitieme aanspraak van die ou slang, die Satan, op die mens teen te staan. Hy het dit allereers gedoen omdat Hy die mens, selfs in sy gevalle toestand, so ontsettend liefgehad het! En as deel van die mensdom wat terminaal besmet is met dood omdat die slang ons gepik het (dis nou alles tipologies gestel), is daar net ‘n eenvoudige aksie nodig om redding te verkry – jy moet Hom as die Gekruisgde aanskou, en daardie opkyk na is die aksie van verstaan Wie Jesus is, dat nét Hy die afstand tussen God en mens, tussen hemel en aarde, kon oorbrug, en dat Hy in staat was om deur sy offer van gehoorsaamheid die Satan en die dood TER WILLE VAN ONS onder sy voete te vertrap. Wat ‘n besef! Hierdie besef lei tot bekering, wat in wese ‘n verandering van denke is.
En Hy word deur hierdie aksie “tussen hemel en aarde” ‘n verbindingsleer (soos Joh 1:51 dit raak sê): “van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens”. In Hom gaan die hemele vir jou oop. Sela.
As ons nou vir ‘n wyle net terugkeer na Num 21:10, dan is dit veelseggend dat die Israeliete na hierdie absoluut belangrike profetiese gebeurtenis getrek het na ‘n plek met die naam Obot, wat In Hebreeus “waterskins” beteken. Die wortelbetekenis hiervan is ob, wat ‘n duidelike verwantskap het met die Hebreeuse woordjie ab (wat vader beteken). Maar ob beteken volgens Strong: “From the same as father (apparently through the idea of prattling a father’s name); properly a mumble, that is, a water skin (from its hollow sound); hence a necromancer (ventriloquist, as from a jar): – bottle, familiar spirit.”
Soos wat daar ‘n ware Vader is, is hý die “vader van die leuen” (Joh 8:44). Hy maak die ware Vader na met sy sisgeluid, sy mompeling – iemand wat praat asof agter ‘n masker, ‘n persoon wat gemeenskap het met die dode, ‘n familiar spirit (later meer hieroor). Diégene wat nie opkyk en die versoeningsoffer van Jesus aanneem nie, word langsamerhand gevader deur híérdie demoniese vader en word later net soos hy: “You are of your father, the devil, and it is your will to practice the lusts and gratify the desires [which are characteristic] of your father.” (Joh 8:44, Ampl).
- Sela: Lyk jy soos jou Pa?
- Lees: Jes 46-51
- Ondersoek die vervulling: Jes 46:10 (Wenk: Hand 15:18)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se lering: Die Laaste Kruiswoord & d Bemagtiging vd Bruid