
Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.” (Efes 4:7, OAV)
In die vorige Manna het ons op ‘n verrassende wyse uitgekom by vyf tipes koperitems wat gebruik is as die brandofferaltaar in operation was. In Ex 27:3 word hulle só tipeer: “pots to take away its ashes, and shovels, basins, forks, and firepans”. Tipologies gesproke is hierdie die vyf “vessels” of “utensils” van bediening. Elke “utensil” is ‘n ekwivalente onderdeel van wie Jesus is. Hierdie “voorwerpe van eer” (2 Tim 2:20) noem ons die vyfvoudige bediening.
Die konsep van die vyfvoudige bediening is ‘n grondliggende deel van die “dienswerk van die tabernakel” (Num 3:7) wat verrig moet word. As Paulus dan nou in Efes 4:11-13 aan ons die vyfvoudige bediening verduidelik, doen hy dit in hierdie tipologiese taal as hy sê dit word gebruik om die gelowiges “toe te rus vir hulle dienswerk”! Die waarheid van die kruis kan net verdiskonteer word deur die vyfvoudige bediening, die dienswerkers wat die koperaltaar prakties as utensils bedien!
Ons gaan allereers nou ‘n oorsig bied van die vyfvoudige bediening alvorens ons dit spesifiek in verrband gaan bring met die tipologie wat daarvoor gebied word in die utensils van die koperaltaar.
Daar word 3 soorte gawes in die Nuwe Testament onderskei: (1) die genadegawes van die Gees (1 Kor 12 & 14); (2) die genadegawes van God (Rom 12:6-8); en (3) die genadegawes van Jesus Christus (Efes 4:7-14).
Die genadegawes van die Gees word uitgedeel deur die Gees soos nodig en niemand besit dit nie. Die genadegawes van God is persoonlikheidsgawes waarmee jy gebore word. Die genadegawes van Jesus Christus is deel van jou roeping en word aan jou toevertrou. Hierdie genadegawes van Jesus Christus noem ons ook die vyfvoudige bediening. Die vyfvoudige doel van die vyfvoudige bediening (Efes 4:12-13) is:
- om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk;
- om die Liggaam van Christus op te bou;
- om gelowiges te laat kom tot die eenheid van die geloof ;
- om gelowiges te laat kom tot kennis; en
- om die Liggaam van Christus te begelei tot volwassenheid, tot die mate van die volle grootte van Christus.
Net soos die koperinstrumente wat by die koperaltaar gebruik word eintlik minder opsigtelik is, en nie in sigself prominensie verkry nie, maar daar is op grond van hul dienswerk, is hul onontbeerlik om die proses van versoening op die koperaltaar moontlik te maak. Die konsep van die vyfvoudige bediening is daarom eweneens nie voorop gestel in die Nuwe Testament nie, maar om die volle implikasie en impak daarvan te kan sien, is dit belangrik om allereers ‘n bepaalde konteks te skets.
In Mat 28:19 sê Jesus: “All authority (all power of rule) in heaven and on earth has been given to Me.” In Joh 17:8 delegeer Hy hierdie outoriteit en mag aan die volgelinge: “Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.” En in Joh 14:12-13 maak Hy hierdie ontsagwekkende stelling: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.”
Die gedeelte in Eph 4:8 verduidelik hoe hierdie transisie van outoriteit en krag geskied het: “When He ascended on high, He took captivity captive and He bestowed gifts on men.” Toe Jesus opvaar na die hemel het Hy ‘n exchange gedoen – die vyfvoudige bediening sal van nou af aan “captivity captive” neem! Wat beteken dit?
- ALLES wat die Prins van Duisternis gevange geneem het, toegemaak het, gebind het, mislei het, verstop het, geheim gehou het, verblind het, vernietig het, seergemaak het, verwring het, vernietig het …
- ALLES sal verlos en losgemaak word
- ALLES sal heropgebou word
- ALLES sal met God versoen word
- ALLES deur die vyfvoudige bediening.
Die vyfvoudige bediening is die Hand van God op die aarde! Hierdie konsep van ‘die hand van God’ het profeties in die Ou Testament op verskeie plekke gefigureer, byvoorbeeld in Job 27:11 waar hy sê: “Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God …” Dit is dieselfde hand wat ons in Dan 5:5 raaklees “Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe …” Ook in die Nuwe Testament, byvoorbeeld in 1 Pet 5:6, word die funkionele hand van God só voorgehou:“be humbled, then, under the powerful hand of God, that He may exalt you in good time”. Die “sons of the right hand”, wat die reg tot heerskappy het as die laaste generasie op aarde, word die Bybelse simbool van die vyfvoudige bediening.
Die vyfvoudige bediening bou die huis van God deur “‘n toegeruste volk vir Hom voor te berei” (Luk 1:17). ‘n Mooi Ou-Testamentiese tipologie wat dit raak verduidelik, vind ons in Gen 13:2-3: “En Abram … het van plek tot plek … getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai.” Ai beteken in Hebreeus: “a heap of stones”, en Bet-el beteken “the house of God”. Die vyfvoudige bediening maak van “a heap of (living) stones” “the house of God”!
Dan lees ons in Gen 35:6-7: “So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is dit is Bet-el—hy en al die mense wat by hom was en hy het daar ‘n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem …” Tipologies gelees verteenwoordig Ai duidelik die eerste dimensie, Bet-el die tweede dimensie en El Bet-el, wat beteken die God van die huis van God die derde dimensie. Lus beteken in Hebreeus “amandelboom”, die simbool van die Bruid (in die 3e dimensie). “So het Jakob [=Israel = kerk] dan in Lus [=Bruid] aangekom wat in die land Kanaän [=3e dimensie] is, dit is Bet-el—hy en al die mense wat by hom was en hy het daar ‘n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem …”! Die “house of God” (Bet-el) van die tweede dimensie word “God met ons” (El Bet-el) in die derde dimensie, alles deur die vyfvoudige bediening!
Waaruit bestaan die “regterhand van God”? Efes 4:11 noem dit vir ons: “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars …” Elkeen van hierdie ampte as “genadegawes van Christus” kan skematies soos volg tipeer word:
| 1 | Apostel | he governs | duim |
| 2 | Profeet | he guides | wysvinger |
| 3 | Evangelis | he gathers | middelvinger |
| 4 | Herder | he guards | ringvinger |
| 5 | Leraar | he grounds | pinkie |
Kom ons gee ‘n karakteriserende oorsig oor elkeen van die ampte binne die vyfvoudige bediening. Ons begin by die herder. (Ons gebruik hy in die karakterisering hieronder, maar uiteraard sluit dit orals ook vroue in – Gal 3:28, altyd.) Alle gelowiges in die Bruid word inisieel en allereers geroep as herder. In Joh 10:2 sê Jesus die volgende belangrike ding: “Maar hy wat by die deur (= Jesus) ingaan, is ‘n herder van die skape.” As jy daar ingegaan het, IS jy ‘n herder. In Joh 21:26 vra Jesus vir Petrus of hy Hom liefhet. Een van die teken daarvan, sê Jesus, is: “Pas my skape op.” Daar is ALTYD skape om jou oor te ontferm.
Hierdie gedeelte uit die Skrif is ook besonder gepas om die posisie van die leraar te verstaan. “Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei … Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.” (Joh 21:15-17). Laat die skape wei, beteken eenvoudig: gee vir hulle (geestelike) kos. Soos met die verhaal van die broodjies en vis (Mat 14), sê Jesus ook aan jou: “Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.” Hy vra NET wat jy het, en vermeerder dit dan.
Vervolgens die evangelis. Die woordjie evangelis en prediker is dieselfde in die oorspronklike taal (teenoor die leraar) – dit is iemand wat die blye boodskap verkondig, selfs aan hulle wat dit reeds gehoor het, maar nie ten volle aangeneem het nie. Die klem val by die evangelis daarop om mense se harte te raak met die waarheid van die evangelie, nie noodwendig om formele lering te bring nie. (Iets wat ‘n mens moet onthou, is dat daar evangeliste/predikers is vir elke dimensie, met ander woorde wat anderd inlei in die grondwaarhede van die evangelie van redding, die evangelie van die koninkryk van God, asook die evangelie van heerlikheid.)
As ons oor die profeet praat, bestaan daar geweldig verwarring oor die verskillende fasette daarvan. Ons moet onderskeid tref tussen:
- die gawe van profesie (dit is ‘n gawe van die Heilige Gees – 1 Kor 12:10);
- die profetiese persoonlikheidstipe (dit is een van die gawes van God – Rom 12:6-7);
- die “office” van die profeet (iemand wat wyd erken word in die breër Liggaam van Christus as ‘n heenwyser na die ontvouende agenda van God vir mense, volke en die wêreld).
Die profeet se taak, volgens Jer 1:9-10, is soos volg: “Hiermee lê Ek my woorde in jou mond. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke: om uit te ruk en om te gooi en te vernietig, en te verwoes, om te bou en te plant.”
Die apostel is ‘n meesterbouer – hy sien die groter prentjie raak en bou dienooreenkomstig. Hy het ervaring deur die ander vier fasette van die vyfvoudige bediening opgedoen, in ‘n mindere of meerdere mate. en dra die verantwoordelikheid van vestiging in die breedste sin . Hy is ‘n geestelike vader van geestelike seuns, oefen met praktiese wysheid geestelike outoriteit uit sodat die koninkryk van God kan kom, dit wil sê. vestig Goddelike regering. Bowenal het hy apostoliese visie, ‘n apostoliese karakter en apostoliese vasberadenheid to “hold the other ministry gifts together for a common purpose”, soos Mark Hanby dit mooi gestel het.
Samevattend – die vyfvoudige bediening werk altyd saam as ‘n korporatief, soek nie individuele bedieninge of titels nie, is maklik aan mekaar onderdanig, soek altyd eenheid in die gees, fokus op die Christus in die ander en bedek hul foute en onvermoë en is altyd bereid tot servant leadership.
- Sela: Funksioneer jy as deel van die vyfvoudige bediening?
- Lees: Jes 55-63
- Ondersoek die vervulling: Jes 61:1 (Wenk: Luk 4:18-19)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die heilige salfolie