Dag 652

 

elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur  val hulle; maar hulle bly in gelid”  (Joël 2:8, OAV)

In hierdie Manna wil ons oorsigtelik oor die vyfvoudige bediening verantwoording doen en dit tipologies verder verduidelik.

Allereers: hoe funksioneer die vyfvoudige bediening? Joël 2:7-9 is die raakste profetiese vooruitskouing van die daarvan: “Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie. En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid. Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief.”

Elke gelowige is nie noodwendig outomaties een van die posisies in die vyfvoudige bediening nie. Allereers moet die gelowige vorder deur die eerste en tweede dimensie. As hy sy lewe neerlê en in sy roeping opstaan, “fulfilling the purposes of God for your generation” (Acts 13:22), moet hy deel wees van die vyfvoudige bediening. Elke roeping het ‘n mantel, en die mantel moet – soos Samuel s’n – voortdurend aangepas word soos die geestelike outoriteit gestalte kry (1 Sam 2:19). Binne ‘n apostoliese huis – waar apostels en profete die fondasie gelê het (Efes 2:20) – word die gemeentelede grootgemaak in die vyfvoudige bediening. Hulle is dus apostels-in-training, profete-in-training, leraars-in-training, ens.

Daar is verskeie tipologieë van die vyfvoudige bediening

  • die vyf klippies in Dawid se hand in sy geveg met Goliat (1 Sam 17:40);
  • die vier riviere in die Tuin van Eden wat een word (uit apostelskap ontspring die ander 4 gawes) (Gen 2:10-14); en
  • die vyf pilare met voetstukke in die tabernakel (Eks 26:37). Trouens, die getal 5 die dominante getal in die tabernakel en tempel.

‘n Laaste mooi voorbeeld van ‘n Ou-Testamentiese-tipologie vir die vyfvoudige bediening vind ons in Gen 15:9-10: God praat met Abraham en vra dat hy die volgende offers bring:

  • ‘n driejaaroud vers apostel
  • en ‘n driejaaroud bokooi herder
  • en ‘n driejaaroud ram profeet
  • en ‘n tortelduif leraar
  • en ‘n jong duif (‘pigeon’) evangelis

In die volgende Manna kyk ons na die demoniese teenpole van die vyfvoudige bediening.

 

  • Sela:  Probeer ten minste een van die tipologieë van die vyfvoudige bediening naslaan en interpreteer.
  • LeesJer 4-6
  • Ondersoek die vervulling:  Jer 6:16 (Wat is die “ou paaie” hier? )
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Waar pas jy in die vyfvoudige bediening in?