“om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk”
(Efes 4:12, OAV)
Ons kort ondersoek na die vyfvoudige bediening het begin toe ons na die vyf utensils gekyk het wat by die koperaltaar gebruik word. In Eks 27:3 word vyf items genoem wat gebruik is as die brandofferaltaar in operation was – in Engels word hulle só tipeer: “pots to take away its ashes, and shovels, basins, forks, and firepans”. Elke “utensil” is ‘n ekwivalente onderdeel van wie Hy is. In hierdie lering gaan ons kyk na die tipologiese betekenis van elk in die lig van die vyfvoudige bediening.
Allereers: die potte om die as te verwyder word in Hebreeus genoem: sîyr/sîyrah/sirâh, wat uit ‘n primitiewe wortel ontspring wat beteken: “to boil up”, of “springing up rapidly”. Hierdie woord beteken ook in die oorspronklike taal: “thorns, hooks, briers”. Binne die vyfvoudige bediening is die evangelis/prediker die persoon wat bedien aan die saailand waar die gevolge van die sonde (Gen 3:18) doringduidelik sigbaar is in mense (Hoogl 2:2; Mat 13:7). Hy moet hulle haak met die goeie nuus (Jes 45:19), trek met koorde van liefde (Hos 11:4), en die geslote fontein (Hoogl 4:12) laat uitskiet met die “fontein van lewende water” (Jer 2:13) wat “opspring” tot die ewige lewe (Joh 4:14).
Die tweede item wat gebruik word, is die graaf (= “shovel”), veral om vars kole op die altaar te gooi en om die as te verwyder. Die basiswoorde in Hebreeus daarvoor is yâ en yqw, waarvan die wortels beteken: “to sweep together”, en “to fix upon (by agreement or appointment); by implication to meet (at a stated time), to summon (to trial), to direct (in a certain quarter or position), to engage (for marriage): – agree, (make an) appoint (-ment, a time), assemble (selves), betroth, gather (selves, together), meet (together), set (a time).” Duidelik slaan dit op die samebindingsrol van die herder.
Derdens: die “bason/bowl” dui in Hebreeus (mizrâq) op “a vessel for throwing or tossing a liquid”. Die heilige salfolie word gesprinkel (Eks 29:21), ook bloed (Lev 4:6 en verskeie ander plekke) asook water (Num 8:7). Hierdie funksie van sprinkeling in al drie dimensies is tipologies die taak van die apostel, soos Petrus homself benoem in 1 Pet 1:1, en in die daaropvolgende vers sy bediening aan die heiliges verduidelik aan die hand van die daad van “besprenkeling”!
Vierdens is daar die vurke (“fleshhooks”), in Hebreeus (mazlêg/mizlâgâh), wat beteken “to draw up”, m.a.w. om die vleis en ander offers mee te hanteer. Die konkrete voedseloffers is duidend op die woord wat geëet word. Derhalwe dui hierdie utensil op die leraar wat vaste spys meedeel (Gal 6:6; 1 Kor 9:14; Heb 5:12; 1 Kor 3:2).
En vyfdens die vuurpan (machtâh), ook ‘n “censer” genoem, waarmee die lewende kole na die reukofferaltaar en die Allerheiligste geneem is. Hierdie “lewende (vuur)stene” (1 Pet 2:5) sal ons later verduidelik, maar dit is net die profeet met sy as profetiese rigtingwyser wat die lewende vuurstene kan “seize” (ook deel van die wortelwoordbetekenis).
Al vyf items van die brandofferaltaar is nodig om die heiliges vir hul dienswerk toe te rus.
- Sela: Watter utensil is jy?
- Lees: Jer 10-12
- Ondersoek die vervulling: Verduidelik Jer 12:13 aan die hand van die lering.
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Vuurvlam van ‘n Doringbos