Dag 668

 

“die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly”

(Heb 12:27, OAV)

 

Ons het die vorige groepering Manna begin met 1 Kor 15:53-54. In die lig van die openbaring oor die vuur in daardie lering verkry hierdie vers nou ‘n totaal ander betekenis: “Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.”

Daar is ‘n proses waardeur die sterflike dinge met onsterflikheid beklee moet word; waardeur die sienlike en tydelike dinge met die onsienlike en ewige versadig moet word. Die gedeelte wat Heb 12:29 – “Onse God is ‘n verterende vuur” – is die kulminasiepunt van dit wat dit voorafgaan in Heb 12:26-28 en verduidelik vir ons hoe dit gaan plaasvind: “Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.”

In die lig van die vorige leringe, kan ‘n mens sê dat die “unreality” verwyder word sodat die ware Goddelike realiteit gestalte kan kry. In Heb 12:27 noem die outeur dat  die wankelbare, geskape, tydelike dinge wat ons as die “wêreld” om ons ken, moet verander. Die woordjie wat in die Grieks hier gebruik word, is metathesis, wat net drie keer in die Nuwe Verbond voorkom, en die betekenisregister van al drie kan die woord vir ons nader presiseer. Die ander twee gevalle kom albei ook voor in die boek Hebreërs:

  • “For the priesthood being changed, there is made of necessity a change also of the law.” (Heb 7:12, ASV); en
  • “By faith Enoch was translated that he should not see death; and he was not found, because God translated him: for he hath had witness borne to him that before his translation he had been well-pleasing unto God …” (Heb 11:5, ASV).

Ons moet onthou dat die verandering van priesterskap eers tipologies plaasvind in die derde dimensie, met ander woorde die allerheiligste dimensie waar die Bruid van Christus funksioneer. Dit is dan ook van die uiterste belang om te besef dat Henog ‘n tipologiese voorbeeld is van iemand wat in sy “allerheiligste geloof” (Jud 1:20) verander en “translate” is. Die verandering of ”translation” beteken dat ons deur die voorhangselgordyn wat skeiding maak – Jesus se vlees (Heb 10:20) – kan beweeg en nou is die derde dimensie-leefwyse vir ons toeganklik. Ons het nou “op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het” toegang tot hierdie ware realiteit.

Hierdie verandering of “translation” tot die derde dimensie word bemiddel deur vuur.

 

  • Sela:  Hoe verskil die twee priesterskappe?
  • LeesKlaagl 1-3
  • Ondersoek die vervulling:  Klaagl 2:13 (Wenk: Die letter Mem se simbool is “lewende water”).
  • Delf dieper: Luister Tom Gouws se cd-lering: Mantels: The Right of Royalty