Dag 671-672

 

“dit (sal) deur vuur openbaar gemaak word”

(1 Kor 3:13, OAV)

 

Voor ons verder gaan, moet ons ter wille van die ingewikkelde argument net die argumentasie-lyne wat ons vanaf Dag 662 gevoer het oor die vuur van die koperaltaar, kortliks weergee:

  • Yahwe gee die opdrag dat die vuur op die altaar moet voortdurend aan die brand gehou word. Hy neem ook aktief deel aan die proses deur op die offer te ‘antwoord’ met vuur.
  • Ons het ons dit ten doel gestel om hierdie twee tipes vuur – die vuur uit menslike hand, en die vuur uit die hand van God in die hemel – tipologies te verklaar.
  • ‘n Paar filosofiese en teologiese begrippe is ingespan om die interpretasie te vergemaklik, waarvan Teofanie (Godsverskyning) sentraal staan.
  • Van die begin van tyd af tot en met die geboorte van Jesus in Betlehem in Judea, het die onsigbare God Homself kenbaar gemaak deur Teofanies te verskyn, te manifesteer in dinge.
  • As God tydelik kan transmuteer, beteken dit dat Hy deur enigiets tydelik kan manifesteer, met ander woorde aspekte van sy ontologie (wesenseienskappe) kan vertoon sonder dat Hy daardie wesenseienskap verloor, en sonder dat die ding sý wesenlike ontologie verloor. In die Teofaniese transmutasie verkry vuur byvoorbeeld eienskappe wat sy transendensie oorskry, met ander woorde dít strek verder as ons sintuiglike verstaan van vuur.
  • Die onsienlike God in die sienlike werklikheid noop ons om ‘n onderskeid te tref tussen sienlik en onsienlik, en om die wetmatigheid: “die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig”, te begrond. Daar is dus ‘n ewige geestelike realm benewens ons sigbare realm. Alles wat sigbaar is, is derhalwe verganklik. en moet deur die onsigbare en die ewige deurdrenk, versadig en verander word sodat dit vir ewig kan bestaan! Dit moet ‘n ewige transmutasie wees.
  • ‘n Sleutelteks in die verband is 1 Kor 15:53 – “Want hierdie verganklike (sienlike) moet met onverganklikheid (onsienlike) beklee word, en hierdie sterflike (tydelike) moet met onsterflikheid (ewige) beklee word.”
  • Dit is van die uiterste belang om te weet hóé dit gebeur. As ons kan verstaan hoe hierdie proses gebeur, sal die sterflikheid waarmee al die tydelike dinge volgens die wet van entropie deurdrenk is, opgehef kan
  • Omdat God Gees is, derhalwe nie-sienlik en ewig, is daardie geestelike realm die een waarmee ons moet verbind om ons wêreld wat aan verganklikheid onderwerp is, te verander. Ware aanbidders wat in gees en realiteit kan indring, kan alleen die herskepping as God se vuurvlamme doen.
  • Die geskiedenis van Elisa en Gehasi verduidelik hierdie geheimenis. Twee realiteite ter sprake. Die een realm is die natuurlike realm, sigbaar en deur die sintuie kenbaar – dit is die tydelike realm, wat ons “unreality” noem. Gehasi het met sy natuurlike, vleeslike oë dit raakgesien en gevrees. Die ander realm, wat Elisa raakgesien het, was net sigbaar vir die geestelike oë. Uit die gebeurtenis is dit duidelik daar bestaan in die geestesrealm ‘dinge’ wat transendent is, met ander woorde wat nie deur fisiese sintuie kenbaar is nie, wat dus die grense van die sintuiglike ervaring oorskry. Hierdie dinge resemble die dinge in die sintuiglike realm. In die geesrealm bestaan dié elemente en prosesse nie soos in die fisiese realm nie. Vuur in die fisiese realm verteer, terwyl die geestelike vuur nie FISIES verteer nie, wel GEESTELIK.
  • Uit die verhaal van Elisa leer ons ook dat die geestelike realm georganiseer word rondom die ‘seuns van God’ wat in daardie realm funksioneer.
  • Die fisiese sintuie kan nie in hierdie realm funksioneer nie, wel die geestelike sintuie, en spesifiek dan “die verligte oë van die verstand” (Efes 1:18).
  • Geloof is die bakermat van ons geestelike wandeling. Soos Abraham wandel ons asof ons die Onsienlike sien (Heb 11:27)! Glo is sien!
  • Die vuur wat die priesters bedien het, was die element vuur wat fisies op grond van wetenskaplike prosesse beskryf kan word, maar die vuur waarmee God geantwoord het, was ‘n geestelike vuur, wat lyk soos die natuurlike vuur, maar ‘n totale ander substans is.
  • As Heb 12:29 dan sê: “onse God is ‘n verterende vuur”, moet ons verstaan dat Hy uiteraard meer is as vuur, en nie letterlike vuur nie, alhoewel Hy soms transendentaal transmuteer in vuur. Tipologies is hierdie insig baie belangrik, want die ganse toekoms van die mens op aarde word op grond van die werking van Goddelike vuur vertel – “dit (sal) deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel”.
  • Die “unreality” moet verwyder word sodat die ware Goddelike realiteit gestalte kan Hierdie verandering of “translation” tot die derde dimensie word bemiddel deur vuur.
  • Daar vind ‘n “oorkleding” van vuur plaas, “an overshadowing or descent of a supernatural principle.” Hierdie “oorkleding” transponeer uit die geestlike realiteit na ons werklikheid se “unreality”. Dié metafoor van die kleed van vuur is “the superimposition and investation of a garment”.
  • Ons het na al die belangrikste Ou-Testamentiese voorbeelde van Teofanie (Godsverskyning) in en deur vuur gekyk en gevind dat dit die mees konsekwente vorm Teofanie is, met Dan 7:9-10 se karakterisering van “the Ancient of Days” (eweneens Yashua) as ‘n verterende vuur die mees beskrywende: “sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan”.

 

Oor Yashua, die Seun van die lewende God, sê Kol 2:9 (NJB)– “In Him, in bodily form, lives Divinity in all its fullness …” Die GW-vertaling sê: “All of God lives in Christ’s body …”. In Hom het die “verterende vuur”-aard van God derhalwe ook gestalte gekry. MAAR: “Jesus treats the Old Testament as the seed that gives birth to something wonderfully new.” (Bruxley: The End of Religion, p. 201.) Hoe alles verander is in die Nuwe Verbond IN JESUS DIE CHRISTUS, veral die Teofanie van vuur, is ‘n wonderbaarlike geheimenis wat ons vervolgens moet uitpluis. Bepaald – alles sal deur vuur openbaar gemaak word (1 Kor 3:13).

 

  • Sela:  Begin besin oor hoe die Teofanie van vuur in die Nuwe Verbond gebeur.
  • LeesEseg 5-10
  • Ondersoek die vervulling:  Eseg 5:11 (Wenk: Rom 11:21; 2 Pet 2:4-5)
  • Delf dieper: Lees die boek van Bruxley.