“Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met … die vlam van ‘n verterende vuur.”
(Isa 29:6, OAV)
Die vorige Manna se masskrif was Isa 33:14: “Who among us shall dwell with the devouring fire? who among us shall dwell with everlasting burnings?”
Baie mense sal meen hierdie is op sy beste ‘n retoriese vraag, met ander woorde ‘n vraag wat gevra word waarop daar nie ‘n antwoord verwag word nie, want dit word aangeneem almal ken die antwoord. En as dit ‘n retoriese vraag sou wees, sou die antwoord dan (uiteraard) wees: Niemand kan in die verterende vuur van God (se oordeel) woon nie.
Maar – dit is nie heidene wat in hierdie Skrif aangespreek word nie, maar kinders wat ‘n verbond met God gesluit het – die versreël begin met:“die sondaars in Sion bewe”. Net ‘n paar verse vroeër, in verse 5 en 6 in die hoofstuk, kry ons hierdie wonderlike belofte: “Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ‘n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.”
Die vuur is deel van die “rykdom van volle verlossing”!
Maar nie almal dink so nie. In sy kommentaar oor Jes 33:14 sê die gesaghebbende teoloog John Gill, in sy John Gill’s Exposition of the Entire Bible die volgende oor hierdie vers: “that is, the wrath of God in hell, which is the fire that feeds upon and devours Christless sinners; which shall never be quenched, and is called everlasting fire, in which the followers of antichrist will be tormented for ever; and the smoke of which will ascend for ever and ever, and will be intolerable; none will be able to abide and endure it …”
Ook die vooraanstaande Matthew Henry in sy Matthew Henry’s Concise Commentary beaam die vooronderstelling: “Sinners in Zion will have much to answer for, above other sinners. And those that rebel against the commands of the word, cannot take its comforts in time of need. His wrath will burn those everlastingly who make themselves fuel for it. It is a fire that shall never be quenched, nor ever go out of itself; it is the wrath of an ever-living God preying on the conscience of a never-dying soul.”
Sjoe, ek dink nie dis enigsins wat die Bybelgedeelte sê nie.
As die “sondiges van Sion” weet, soos Jes 31:0 sê: dat “die HERE, wat ‘n vuur het op Sion en ‘n oond in Jerusalem” – wat ‘n mōkedē ‘ōlam, “ewige vuur/branding”, is – sou die vraag van Jes 33:14 steeds ‘n retoriese vraag wees, met John Gill se interpretasie daarvan steeds die standaardantwoord?
Nee. Ons is helaas nooit geleer die vuur is deel van die rykdom van volle verlossing nie. Soos Jes 29:6 dit onweerlegbaar mooi sê: “Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met … die vlam van ‘n verterende vuur.”
- Sela: Vra Yahwe om sy wesensaard van vuur aan jou te openbaar.
- Lees: Eseg 14-16
- Ondersoek die vervulling: Eseg 14:20 (Wenk: Eseg 18:20; Gal 6:5)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se lering: Om Heiligheid volmaak te maak in die Vrees van die Here