Dag 675-676

 

 “four men loose, walking in the midst of the fire …

and the form of the fourth is like the Son of God”

(Dan 3:25, KJV)

 

In Dag 673 het ons met twee eietydse gevall

e kennis gemaak wat die verterende vuur-aard van God leer ken het, los van die hel, vernietiging of vergelding. Ons het toe verwys na die manifestasie van die “vierde Man”, “walking about in the midst of the fire” (Dan 3:25, NASB). In die voorafgaande Manna het ons uitgewys dat ons ‘n verkeerd vooropgestelde idee van vuur het, en ons het tot die baie belangrike slotsom gekom dat Goddelike vuur deel van die “rykdom van volle verlossing” is, en dat die HERE van die leërskare sy kinders in genade besoek met die vlam van ‘n verterende vuur.

Die “vierde Man” waarna ons verwys, is ‘n heenwysing na die vriende van Daniël wat op grond van hul geloofskeuses in ‘n brandende vuuroond gegooi is. Die aanloop tot hierdie dramatiese gebeurtenis word in Dan 3:14-18 gegee: “En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie? As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.”

Die verloop van die verhaal ken ons goed – Nebukadnésar het woedend geword en hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak, Toe die drie mans geboeid in die brandende vuuroond gegooi is met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, het dié wat hulle ingegooi het van die hittewalm doodgebrand. In verse 24-25 word die ekstatiese gebeure weergegee: “Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.“

Die vertaling van “godeseun” in Afrikaans is eintlik nie goed nie, want daar staan letterlik in Aramees (soos die King James dit vertaal): “and the form of the fourth is like the Son of God”. ‘n Mens sou “form” beter vertaal as “appearance” (soos die JPS dan ook doen). Nebukadnésar het hul laat uitkom en erken hierdie drie manne “is knegte van die Allerhoogste God”. Uiteraard is dit ook ‘n erkenning van Wie Yahwe is.

Nou sou ‘n mens tereg kon vra – hoe het die heidense koning Yahwe se “form” of “appearance” herken, want Hy het nie óf vorm óf vooorkoms nie (Joh 4:24)? Dit was duidelik nié net die wonderwerk wat voor sy oë plaasgevind het wat hom die uitspraak laat maak het nie – hy het “‘n vierde man” in die vuur gesien. Al moontlikheid is dat die Engel van die Here (Yashua in sy pre-inkarnasiestaat) hier gemanifesteer het in die vuur. Nebukadnésar se geestelike oë is oopgemaak en hy het die gestalte van ‘n man gesien in die vlamme, wat hy onmiddellik geweet het ís die Seun van God. As die donkie van Bileam openbaringskennis kon kry oor Yashua, sou die heidense koning dit eweneens kon kry. Wat nou geweldig interessant is, is dat hierdie verskyning in die Ou Testament bykans die sterkste Teofanie van vuur is. Die twee ander gevalle, met Moses en met Manóag, het progressief hierdie Teofanie geïllustreer:

  • In Eks 3:2-5 verskyn “die Engel van die HERE” aan Moses “in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos” Dan roep Yahwe uit die doringbos en praat met Moses. In Hand 4:30-31 word hierdie geskiedenis oorvertel, en dan word gesê: “En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom …” Dit mag uit dié vertaling lyk soos ‘n blote visie, maar daar staan eintlik: “he was astonished and marveled at the sight” (Ampl).
  • Met die verskyning van die Engel van die Here aan Manóag en sy vrou, benoem Hy Homself “Wonderbaar”, een van die Name van Yahwe (Jes 9:6). Dit is ook gebruik in die boodskap van Yahwe aan Abraham dat hy en sy onvrugbare vrou ‘n kind gaan kry – Gen 18:14). In Rigt 12:19-20 manifesteer Wonderbaar wonderbaarlik: “toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval”.

Met Daniël se vriende, is Nebukadnésar se waarneming van die “vierde Man in die vuur” bykans die mees volledige Teofanie deur vuur in die Ou Verbond.

Nou sou mens tereg kon vra: wat presies het Nebukadnésar gesien: bloot fisiese vuur? Nee, duidelik ‘n gestalte of ‘n voorkoms van ‘n transendente “man” in die vuur, soos wat Moses en Manóag gesien het, maar meer gedefinieerd. Hierdie Man was nie vuur nie – vuur was eintlik wesenlik Wie Hy Is.

Vandaar in die res van die Ou Verbond is hierdie Teofanie van Yahwe duidelik in verskeie metafore van vuur sigbaar, maar dit is in die laaste  hoofstuk van die Ou Testament dat die voorspel kom van Wonderbaar in vuurgestalte – die langverwagte Messias word hier in die vooruitsig gestel, en dít is soos Hy voorgehou word: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare. Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers. En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring.” (Mal 3:1-3)

En raai wat – wéér die ’retoriese vraag’ wat ons weet geen retoriese vraag is nie – Maar wie kan die dag van sy koms verdra? Na Mal. 1 se “Godspraak aan Israel”, waar Yahwe sy krisis met die verhouding met sy verbondsvolk Israel aanspreek, en Mal. 2 waar Hy die priesters as bemiddelaars van sy verbond blootstel en kennis gee van sy egskeiding, kom Hy in Mal. 3 en verduidelik dat Hy ‘n boodskapper gaan stuur (ons weet nou dit was Johannes die Doper), wat die weg voor Hom sal baan om na sy tempel te kom. Die gebruik van wie hierdie sienlike Beeld van die Onsienlike God is, word bevestig deur die gebruik van die woorde “weg” en “tempel” [tipologies heenwysend na die Jesus (Joh 14:6) en sy Bruid (1 Kor 3:16).]

Maar baie belangrik – hierdie Teofanie sal geskied deur vuur: Hy sal wees soos die vuur van die smelter. Hoe kry dít in die Nuwe Verbond beslag? In teenstelling met die Ou Verbond word die Teofanie van vuur in die Nuwe Verbond, in Jesus die Christus, ‘n wonderbaarlike openbaring. Bepaald – alles sal deur vuur openbaar gemaak word (1 Kor 3:13).

 

  • Sela:  Bedink hoe Jesus in vuur gestalte kry in die Evangelies.
  • LeesEseg 17-22
  • Ondersoek die vervulling:  In dié hoofstukke bevestig die lering in die kodewoordjie ‘vuur’.
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Ou en die Nuwe Verbond.