“He abolished the former, that he might establish the latter.”
(Heb 10:9, Murdock)
Die eerste verbond moes mee weggedoen word, sodat die laaste verbond ‘n aanvang kon neem. Heb 7:12 (Ampl) stel dit só: “For when there is a change in the priesthood, there is of necessity an alteration of the law [concerning the priesthood] as well.”
In die eindtydtempel, wat nie meer ‘n fisiese gebou is nie (Hand 17:24), maar ‘n groepering mense (1 Kor 3:17; Open 21:9), sal die uit- en afgesonderde seuns van Sadok bedien, en nie meer die seuns van Levi nie. Hul “afsondering” (“being set apart”) is om hul gereed te kry om voor die troon van God in hierdie nuwe dispensasie Hom te bedien. Die ander Leviete kon nog steeds die mense bedien en die algemene priesterskapadministrasie afhandel. Hierdie onderskeid word in Eseg 44:15-16 uitgewys: “Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE. Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet na my tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem.” In verse 23-24 word hul taak beskryf: “En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is. En oor ‘n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen …”
Die seuns van Levi is dus ‘n groepering mense “wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.” (2 Tim 3:5). Jesus se kensketsing van die tempel as “’n rowerspelonk” (Mat 21:13) is nie ‘n lukrake verwysing in sy woede-uitbarsting nie, nee – dit is ‘n profetiese uitspeel van Jer 7:1-11 (NLT), waarvan ons hier ‘n paar verse aanhaal: “This is what the Lord … says: … Don’t be fooled by those who promise you safety simply because the Lord’s Temple is here. They chant, “The Lord’s Temple is here! The Lord’s Temple is here!” But I will be merciful only if you stop your evil thoughts and deeds and start treating each other with justice; only if you stop exploiting foreigners, orphans, and widows; only if you stop your murdering; and only if you stop harming yourselves by worshiping idols. … Don’t be fooled into thinking that you will never suffer because the Temple is here. It’s a lie! Do you really think you can steal, murder, commit adultery, lie, and burn incense to Baal and all those other new gods of yours, and then come here and stand before me in my Temple and chant, “We are safe!”—only to go right back to all those evils again? Don’t you yourselves admit that this Temple, which bears my name, has become a den of thieves? Surely I see all the evil going on there. I, the Lord, have spoken!”
Die seuns van Levi moet deur die vuur gaan om sodoende die seuns van Sadok te word. Hierdie kort sinnetjie het geweldige implikasies vir jou en my as priesters.
- Sela: Watter implikasies kan dit vir jou hê?
- Lees: Eseg 38-40
- Ondersoek die vervulling: Eseg 40:3. (Wenk: Dan 10:5-6; Open 1:15)
- Delf dieper: Luister na Hanno Pienaar se cd-lering: Vermeerdering van Heerskappy: ‘n Praktiese
perspektief.