“he himself will be saved,
but only as [one who has passed] through fire”
(1 Cor 3:15, Ampl)
In die reeks leringe oor die vuur het ons tot die slotsom gekom dat hierdie transisie van denkwyse nodig is om die “onwankelbare koninkryk” (Heb 12:28) te vestig. Ons leer ken ons God as ‘n verterende vuur (vers 29). SY VERSKYNING aan/in/tot ons, is die vuur en dit verander ons “ou aarde” tot “nuwe aarde” (2 Kor 5:17), DEUR VUUR. Die aard van God as vertederende vuur in die Ou en in die Nuwe Testament verskil egter geweldig.
Alhoewel Christene dit dikwels anders verstaan, spreek die woordjie “vuur”, en sy gepaardgaande attribute van “lig” en “warmte” – selfs in die Ou Testament, – oorwegend op positiewe uitkomste. Dit is dikwels ‘n aanduiding van God se goedheid: “En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.” (2 Kron 7:3)
Vuur word metafories gebruik om verskillende aspekte en funksioneringe van God te verbeeld: Sy heerlikheid (Dan 7:9), Sy heiligheid (Jes 33:14), om te dui op die beskerming van Sy volk (2 Kon 6:17; Sag 2:5), Sy jaloersheid om as die enige God aanbid te word (Deut 4:24; Ps 79:5), Sy krag (Jer 5:14; Jer 23:29), Sy waarheid (Ps 39:3; Jer 20:9; Luk 12:49), dít wat die mens leiding bied (Jes 50:10-11), die Heilige Gees (Hand 2:3), van Jesus se oë (Rev 1:14), die krag van liefde om die boosheid te oorwin (Rom 12:20), en van die hemel se reinheid en heerlikheid (Open 15:2; 21:22-23). Kortom – dit is ‘n simbool om die liefde, ywer en heiligheid van Yahweh te demonstreer.
Uiteraard is daar ook Skrifte oor vuur wat God se karakter van geregtigheid (“righteous judgement”) demonstreer, maar dit is altyd ingestel op herstel, en sodat die aarde Hom kan leer ken as Jehova Tsedikinou, die God van die geregtigheid. Isa 57:16 (Ampl) spel dit uit dat God se toorn nie vir ewig sal wees nie – “For I will not contend forever, neither will I be angry always, for [if I did stay angry] the spirit [of man] would faint and be consumed before Me, and [My purpose in] creating the souls of men would be frustrated.” Hy stel wel kategories dat daar aan sy goedheid geen einde is nie (1 Kron 16:34; Ps 100:5), en in Ps 136 herhaal Hy dit vir nie minder nie as 26 keer! “Mercy will triumph over judgment,” proklameer James 2:13 (NKJV).
Maar dit is belangrik om te besef dat daar geen blywende buffer tussen die wraak en woede van die Ou-Testamentiese heilige God en die sondige mens was nie. Daarom het ons dikwels in die Ou Testament geweldige demonstrasies van oordeel met vuur, byvoorbeeld met Sodom en Gomorra (Gen 18; met kulminasie in Gen 19:24-25), of met Elia en die Baälprofete (1 Kon 18). Met hierdie wraak en vergelding het God alles laat ontbrand teenoor sy (onskuldige en sondelose) Seun, Jesus. Vir die volgende mannas is dit essensieel dat ons net allereers na hierdie fundamentele waarheid moet kyk sodat ons kan verstaan hoedat God se vuur van geregtigheid in die Nuwe Verbond in totale nuwe gedaante kom.
- Sela: Probeer Jesus se kruisdood in terme van vuur verstaan.
- Lees: Joël 1-3
- Ondersoek die vervulling: Joël 2:30 (Wenk: Open 6:12-17).
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die leer van die drie dope.