“Is not My word like fire [that consumes all that cannot endure the test]? says the Lord …”
(Jer 23:29, AMPL)
Ons is tans besig met dié gelade vers in Luk 12:49 – “I came to throw fire upon the earth, and what is my desire? Oh that it were even now kindled!” (Ampl). In die vorige Mannas het ons begin kyk na hóé Jesus vuur op die aarde sou werp.
Die eerste manifestasie van die transmutasie van vuur was die allereerste doping met die Heilige Gees en met vuur waartydens vuurtonge op elkeen van die honderd-en-twintig aanwesiges sigbaar was. Die gevolg van hierdie “werping” van vuur op die aarde het die ontvangers bonatuurlik bemagtig om kragtige getuies te word, in so ‘n mate dat baie vinnig drie duisend mense tot die koninkryk van God toegevoeg is. Ons het ook uitvoerig gewys op die parallel van die ou verbond se vuurtongverseëling op die berg wat met vrees, wraak en dood gepaard gegaan het, en die nuwe verbond se vuurtongverseëling in die bovertrek wat vryheid, vergifnis en Lewe gebring het. Hierdie parallel tussen vuur in die ou en die nuwe verbond is ontsaglik belangrik en meesprekend tot die verstaan van die verletterliking al dan nie van vuur in die bedeling ná Jesus se dood en opstanding.
Die tweede wyse waarop Jesus vuur op die aarde sou werp, word in die vooruitsig gestel deur Jer 23:29 – “Isn’t my Message like fire?” GOD’s Decree.” (Message). Uiteraard is daar vuur en krag in die woorde van die Ou Testament. In Deut 33:2 (ASV) word die volgende byvoorbeeld uitgespel: “And he came from the ten thousands of holy ones: At his right hand was a fiery law for them.” Op die woorde van die profete het daar dikwels vuur geval, soos met Elia wat die Baälprofete uitgedaag het: “die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees”.
Maar in die Nuwe Testament, omdat Jesus DIE WOORD (Joh 1:1) is wat alles vervul het wat in die wet en die profete geskryf is (Mat 5:17), was daar ‘n bepaalde vuur in die woorde van die nuwe verbond. 2 Pet 1:20-21 spel die rede daarvoor uit: “terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”. Die Message-parafrase stel dit eweneens raak: “The main thing to keep in mind here is that no prophecy of Scripture is a matter of private opinion. And why? Because it’s not something concocted in the human heart. Prophecy resulted when the Holy Spirit prompted men and women to speak God’s Word.”
Soos Jesus met die golwe en die winde gepraat het, en hulle Hom gehoorsaam het (Luk 8:24), Hy met die vyeboom gepraat het en dit verdor het (Mat 8:14-15), Hy die koors bestraf het, en dit weggegaan het (Mat 8:14-15), het die Bybel, die geïnskribeerde Logos-Jesus (Open 19:13), “die lewende woord van God” (1 Pet 1:23) ‘n krag van Hom, vol verterende vuur: “Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.” (Jer 5:14).
Die oorsprong van die Bybel lê nie in die mens nie, maar in God. Sela. Die Nuwe Hervormers slaan die bal totaal mis as hulle beweer die Bybel is bloot menslike woorde oor God – die Bybel is God se woorde aan die mens. Die ganse Skrif is versadig met die Teenwoordig-heid van die Lewende Skriba daarvan, die Heilige Gees (2 Pet 1:21). ‘n Mens kan net ‘n boek soos Grant R. Jeffrey se The Signature of God of Charles Payne se The Seal of God lees om onder die indruk te kom van die Goddelike waarmerk (en watermerk) van Hom in die Woord.
Ps 12:6 spel dit raak uit: “Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.” Die Message spel dit meer direk uit: “God’s words are pure words, Pure silver words refined seven times In the fires of his word-kiln …” His word-kiln! En hierdie woorde van vuur, wat die wesensaard dra van Hom as “verterende vuur” (Heb 12:29), bring noodwendig ‘n lewensveranderende reaksie in die mens mee, in Jer 23:9 se raak poëtiese beskrywing: “my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos ‘n dronk man en soos ‘n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.”
Vanweë die HERE en sy heilige woorde. Onthou die uitspraak van Jes 66:2 – “Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.” Die Woord van God is oblivious vir die oblivious. 2 Kor 3:14-16 verduidelik hoekom dit so is: “Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.”
Tog is die woordsaad wat gesaai word, nooit verlore nie, al dink ons soms die teendeel. In Mat 13 vertel Jesus ‘n gelykenis oor die woord van die koninkryk, en wat daarmee gebeur. Jesus se uitleg van die bekende gelykenis van die saaier (Mat 13:19-23) spel uit wat met die saad (= “die woord van die koninkryk”) kan gebeur:
- as iemand hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is;
- as iemand wat die woord hoor dit dadelik met blydskap aanneem, maar geen wortel in homself het nie, en daar kom verdrukking en vervolging ter wille van die woord, sal hy struikel;
- as iemand die woord hoor, maar die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, word hy onvrugbaar; en
- as iemand die woord hoor en dit verstaan, sal hy vrug dra.
Ten spyte van die woorde wat geroof word, wat op droë plekke val en wat verstik word deur die sorge van die lewe, bly wat Jes 55:11 oor die woorde van God sê ‘n blywende troos: “so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.”
As gevolg van die dunamis-krag inherent in die Woord, sal dit versprei soos die spreekwoordelike wild fire. Die volgende verwysings uit die boek Handelinge dui vir ons op dié proses:
- “En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en ‘n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.” (6:7);
- “Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.” (12:24);
- “So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.” (19:21);
- “U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het …” (21:20);
Hierdie “woord” sál sy snelle loop oor die hele wêreld hê (2 Thes 3:1), omdat Dan 2:44 geprofeteer het dat die woorde van hierdie koninkryk nie gestop kan word nie. Soos Hand 13:49 in die Message dit raaksê: “And this Message of salvation spread like wildfire …”
- Sela: Bewe jy vir die vuur van sy Woord (Jes 66:2)?
- Lees: Miga 1-7
- Ondersoek die vervulling: Miga 3:8 (Wenk: 1 Kor 2:4 & 13)
- Delf dieper: Lees Kevin O’ Donnell se Their Hearts Burned.