“waardeur die hemele deur vuur sal vergaan
en die elemente sal brand en versmelt”
(2 Pet 3:12, OAV)
Ons is tans besig met 2 Pet 3:10, en spesifiek kyk ons na die woordjie “elemente” (stoicheion) daarin. Gal 4:9b skets die konteks van die gebruik van hierdie woordjie baie duidelik: “hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?” Die woordjie elemente word dus gebruik vir elementêre godsdienstige beginsels.
Pieter Ditzel verduidelik op sy webwerf http://www.wordofhisgrace.org/elements.htm die betekenis van die woordjie soos volg: “For example, Galatians 4:3 would read, ‘Even so we, when we were children, were in bondage under the ABCs of the world.’ Hebrews 5:12 would be, ‘For when for the time ye ought to be teachers, ye have need that one teach you again which be the first ABCs of the oracles of God; and are become such as have need of milk, and not of strong meat.’ This translation rightly brings out the fact that stoicheion are for the immature, they are the milk of babes instead of the meat of adults; they are the ABCs of little children instead of the literature of adults.”
In http://biblefocus.net/notes/events/pollution.html kom hul tot die slotsom dat die woordjie stoicheion is ‘n “Greek analogy for ‘human thinking’ … translated as ‘elements’”. In Adam Clarke’s Commentary on the Bible stel hy dit meer pertinent: “A mere Jewish phrase, yesodey olam hazzeh, ‘the principles of this world;’ that is, the rudiments or principles of the Jewish religion.” In die lig van 2 Pet 3:10 kan ek dit nie beter as David B Curtis in http://bereanbiblechurch.org stel nie: “In 2 Peter 3 Peter is talking about Jesus’ second coming at the end of the Jewish age. When the Lord comes, the heaven and earth of the Old Covenant age will pass away. When we read the word ‘elements’ here, we think of the scientific idea of the elements of matter, all the atoms of the universe burning up. But this is not what the word ‘elements’ means. What is being dissolved here is the Old Covenant system, not the universe. It is ‘the principles of Jewish law’ that are being burned up. This is why it is important to understand this Greek word, it sheds much light on our understanding of 2 Peter 3.”
Die woordjie stoicheion kan egter ook dui op die elementêre elemente/prinsipes van lewe, maar ook onsienlike geestelike magte, kragte en owerhede wat kulture en die sosiale orde van die wêreld beheer. Die Nuwe Testamentiese gebruik van die woord spel dit uit dat alle gelowiges vrygemaak kan word van die beheer wat die wêreldsisteem uitoefen, en alles wat dit in stand hou, waaronder dan ook demone en prinsipaliteite, die sogenaamde “”elemental spirits“.
Die steiers (“scaffolding”) van die Ou Verbond moes finaal in 70 n.C pad gee vir die WARE gebou. Die geestelike is ewenwel nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike (1 Kor 15:46). Die vuur van God moes kom om in die natuurlike die bastionsimbool van Joodse kultusgodsdiens te vernietig, OOK VERAL IN ONS “HUMAN THINKING” en dat sodoende ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te voorskyn kom. 2 Pet 3:13 sê indien die ou orde tot niet gaan deur vuur, “verwag ons volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon”. Wat sou dit beteken?
- Sela: Probeer die res van 2 Pet 3:12 in die lig van hierdie lering verstaan.
- Lees: Sag 4-6
- Ondersoek die vervulling: Sag 4:2 (Wenk: Open 1:12 & 20; 2:1)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde waarin
geregtigheid woon is … Jý