Dag 708-709

 

“so sal Christus ook … vir die tweede maal sonder sonde verskyn

aan die wat Hom verwag tot saligheid”

(Heb 9:28, OAV)

Ons is steeds tans besig om 2 Pet 3:10 uit te pluis: “Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.” Uit die vorige Mannas is die volgende reeds bevind:

  • Petrus het hierdie brief geskryf aan die Joodse kontingent in die eerste gemeentes, wat steeds ten alle koste wou vashou aan die oorwig van Joodse tradisies, gebruike en oorleweringe, “the rudiments or principles of the Jewish religion“.
  • Die woordjie “elemente” dui nie hier op hemelliggame, of die elemente van materie, en so meer nie, maar uit die oorspronklike Grieks op die elementêre godsdienstige
  • Die steiers (“scaffolding”) van die Ou Verbond moes finaal in 70 n.C pad gee vir die WARE gebou. Die vuur van God moes kom om in die natuurlike die bastionsimbool van Joodse kultusgodsdiens te vernietig, ook veral in ons “human thinking”.

 

In die lig van wat ons vroeër in die Manna gesê het oor die interpretasie van die begrip “die dag van die Here”, spel Hand 1:11 ons verwagting uit: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” Dit sal wel eendag ultimately kulmineer in Jesus se fisiese wederkoms, maar dit dui nie nét noodwendig daarop nie, maar ook veral op God se ‘verskyning’, sy transmutasie, in gebeure op aarde. Daarom skryf Paulus in 2 Kor 6:2 (met verwysing na die Ou-Testamentiese verwagting uit Jes 49:8) oor “die dag van heil”, wat enige dag is waarin God sy teenwoordigheid ‘sigbaar’ maak (Heb 3:7; 4:7).

Hierdie belangrike verstaan word veral duidelik uit Heb 9:28 – “so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid”. Dié verskyning is NIE die wederkoms nie, en wel om die volgende redes:

  • Die woordjie “verskyn” kan dui op fisiese manifestasie, soos dié aan wie Jesus “Hom lewend vertoon het” (Hand 1:3), maar dit beteken in die grondtaal ook “to look at, behold” (Thayer), soos dieselfde woord dan ook gebruik word in Mat 5:8, waar dit duidelik geestelik van aard is – “Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” Dieselfde die geval met hulle wat heiligmaking nastreef – “die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Heb 12:14). Het almal “rein van hart” God al gesien? Duidelik nee, want God is per definisie ONSIGBAAR (Kol 1:15; 1 Tim 1:17). ‘n Nog beter voorbeeld is Jesus se eie woorde in Mat 26:64 – “Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.” VAN NOU AF AAN het ons Hom gesien? Nee. Hoogstens beteken hierdie “verskyn” dit wat in Heb 11: 27 van Abraham gesê word, dat hy in geloof beweeg het “soos een wat die Onsienlike sien”. Skrifte soos bv Joh 1:52 – “En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.”, en Joh 16:16 – “‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.”, wys duidelik uit dat Jesus “’n kort rukkie” na sy dood weer sal begin verskyn aan hulle wat Hom met geloofsoë verwag.
  • Dit is belangrik om in Heb 9:28 te let daarop dat Christus nét sal verskyn “aan die wat Hom verwag tot saligheid”. As dit gelees word soos verskeie Bybels dit verkeerdelik parafraseer, dat Jesus dán “full salvation” (Ampl) sal bring, óf “to make their salvation complete” (WNT), asof die verlossing van die kruis nie alreeds volkome is nie (Heb 7:25 bewys dít onweerlegbaar). Nee, teen die einde van die tye sal ALMAL Hom sien, sê Open 1:7 – “elke oog sal Hom sien”. Maar nou – SLEGS dié wat “Hom verwag”.
  • Die woordjie “saligheid” kan maklik nét as redding gesien word (bv die CEV en RSV se foutiewe vertaling daarvan), maar dit is veel meer as dit. As daar gesê word dat Hy sal verskyn aan dié wat Hom verwag tot saligheid, is Murdock se vertaling die naaste aan die reikwydte wat met hierdie woordjie bedoel word: “(He) will he appear for the life of them who expect him.” [En dan kan ek nie anders nie as dink aan Papa (= God) se woorde aan Mack (= die mens) in The Shack: “I want to heal the wound that has grown inside of you, and between us … I have no magic wand to wave over you and make it all better. Life takes a bit of time and a lot of relationship.” (p. 92).]

 

As hierdie “dag van die Here” dan kom “soos ‘n dief in die nag”, weet ons uit 1 Thes 5:2-4 – waar dieselfde woorde gebruik word – dat ons NIÉ van die nag of die duisternis is nie, “dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie”! Ons slaap nie in die vleeslike verwagting van Adam nie, “want die wat slaap, slaap in die nag … Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.” (1 Thes 5:7-8), of dan soos Murdock ook hier sê: “the hope of life”!

Terug na 2 Pet 3:10 wat dramaties uitspel dat met dié “verskyning” op “die dag van die Here” dan “die hemele met gedruis sal verbygaan”. ‘n Mens kan tereg vra – waarheen sal die hemele gaan as hulle verbygaan? Wat is fout met die hemele dat hul enigsins vernietig moet word? Die hemele is dan immers God s’n (Ps 115:16); dit verkondig sy eer en geregtigheid (19:1; 50:6); ons loon (Mat 5:12) en burgerskap (Fil 3:20) is dáár; ons hoop is eweneens daar weggelê (Kol 1:15); ons het ‘n “blywende besitting” (Heb 10:34) en “’n onverganklike … erfenis” (1 Pet 1:4) wat vir ons in die hemele bewaar word. Op drie plekke word die hemele “ewig” genoem (Ps 89:3; 119:89; 2 Kor 5:1)! Ons weet dat “alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus verenig” sal word (Kol 1:10), dus hoe moet dit gebeur as dit “verbygaan”, of selfs soos die ander vertalings dramaties sê: “with a thunderous crash” (Ampl) tot ‘n einde kom?

David Curtis verduidelik netjies die antwoord hierop: “In biblical apocalyptic language ‘heavens’ refers to governments and rulers, and ‘earth’ refers to the nation of people. This can be seen in Isa 1:1-2 & 10.” En lees dan 2 Pet 3:11-12 sáám met vers 10: “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.” Gaan lees in al hierdie vertalings: Rotherham, KJV, DRB, RV, Websters, YLT  – “the heavens, being on fire”! Terwyl al hierdie dinge dan “dissolve”, vergaan … En dít gebeur deur my en jou heilige wandel, hier en nou. Sela.

 

 

  • Sela: Sela die laaste paragraaf en veral Curtis se simboliese verduideliking.
  • Lees: Sag 7-12
  • Ondersoek die vervulling: Sag 8:16 (Wenk: Efes 4:25)
  • Delf dieper: Luister na Briers Uys se cd-lering: Doubling Up – die Duif en die Olytakkie op die

                               onvervloekte aarde