Dag 711-712

 

 

“Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.”

(Luk 10:18, OAV)

Vanaf die opstanding van Jesus uit die dood, kom die “dag van God” soos God kies om Homself te transmuteer in vuur – dit was immers Jesus se grootste begeerte: “Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!” (Luk 12:49). Sedert die opstanding, “van nou af aan” (Joh 1:51; Mat 26:64), word Sy heerskappy vurig gevestig deur almal wat deur hul “heilige wandel en godsvrug … die koms van die dag van God verwag en verhaas” (2 Pet 3:11-12). Sela. God se verskyning of transmutasie op aarde, wanneer Hy “sigbaar” word vir dié wat Hom tot saligheid verwag, sal alle vals denksisteme, heerskappye, magte, prinsipaliteite, owerhede, en so meer (Efes 6:12)  met die verterende vuur van sy Wese verbrand.

Luk 10:18 word dikwels gebruik om iets van die geskiedenis van Satan te vertel, veral om te verduidelik hoe hy na sy opstand teen God uit die hemele gewerp is: “Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.”

Verskeie bronne (byvoorbeeld J. Dwight Pentecost: Your Adversary: The Devil, en Jessie Penn-Lewis se War on the Saints) gebruik hierdie verwysing uit die evangelie van Lukas om die oergebeurtenis wat met Satan, die eens glorieryke engel van God, gebeur het, te verduidelik.

As ‘n mens egter gaan kyk na die konteks waarin Jesus hierdie opmerking gemaak het, het dit NIKS te make met die voorgeskiedenis van óf Lucifer óf Satan nie: “En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.” (Luk 10:17-20).

Hierdie konteks het niks te make met Satan se voorgeskiedenis nie, maar duidelik met die dissipels se geestelike outoriteit oor die demoniese geeste. Terwyl die sewentig dissipels in die Naam van Jesus Christus “die werke van die duiwel [op aarde] verbreek” (1 Joh 3:8b) het, het Jesus met sy geestesoë gesien hoe Satan soos ‘n bliksemstraal uit die hemel val. Onthou dan David Curtis se uitwys van die spesifieke interpretasieraamwerk van hoe hemele hier bedoel word, naamlik na “governments and rulers”. Satan val letterlik uit sy outoriteitsposisie en word die voetbank van Sion gemaak (Heb 10:13). Sela.

Op ‘n webwerf wat gewy word aan Sataniese simbole (http://www.666blacksun.com/ Satanic_Symbols.html) word die volgende oor die karakteraard van Satan in terme van weerlig verklap: “The Satanic Lightning Bolt symbolizes Satan as our True Creator God.” Maar in die Skrif word hy bloot met weerlig vergelyk, en word dit méér as bloot ‘n simbool van Satan – dit is duidelik deel van die Bybelse simboliek van weerlig as demonstrasie van God se absolute krag (International Standard Bible Encyclopedia). Die Dictionary of Biblical Imagery lê voorts ‘n baie belangrike assosiasie met vuur: “What manifestation of light could be more awesome and frightening than that most potent, uncontrollable and blinding fire – lightning? Lightning is fire on supernatural scale with a supernatural purpose.” (p. 512).

Die weerlig dui dus nie soseer op Satan nie, maar op God se vuurvernietiging van hom terwyl die dissipels sy (Satan se) werke verbreek. Hierdie is ‘n baie goeie demonstrasie van hoe “die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt” (2 Pet 3:12) én vuur op die aarde gewerp word (Luk 12:49). Onthou – dit het nie net daardie enkele keer gebeur nie, maar vind elke keer plaas as die outoriteit wat in Jesus gesetel is, uitgeoefen word. Jesus het dit só in Mat 28:19 (Ampl) gestel: “All authority (all power of rule) in heaven and on earth has been given to Me.” Maar hierdie outoriteit is as ‘t ware aan gelowiges gesedeer (Open 5:10; 11:15; Dan 7:18 – “en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid”).

Die spesifieke hemele wat met vuur sal vergaan (waarvan Petrus dus praat), is – gegewe die konteks van die tyd waarin die brief geskryf is – die godsdienstige outoriteit en heerskappy van die Joodse godsdienssisteem wat God uit die wêreld wou ruim. Erwin McManus stel dit so: “Two thousand years ago God started a revolt against the religion He started … (H)e was willing to turn Judaism upside down (in) a divine revolt.”

Die Joodse geskiedskrywer, Flavius Josefus, skryf uitvoerig in sy The War of the Jews (Boek 6, Hfst. 5, Afd. 3) oor hoe hierdie profetiese woord van Petrus in 70 n.C. waar geword het: “Besides these, a few days after that feast, on the one and twentieth day of the month Artemisius [Jyar], a certain prodigious and incredible phenomenon appeared: I suppose the account of it would seem to be a fable, were it not related by those that saw it, and were not the events that followed it of so considerable a nature as to deserve such signals; for, before sun-setting, chariots and troops of soldiers in their armor were seen running about among the clouds, and surrounding of cities. Moreover, at that feast which we call Pentecost, as the priests were going by night into the inner [court of the temple,] as their custom was, to perform their sacred ministrations, they said that, in the first place, they felt a quaking, and heard a great noise, and after that they heard a sound as of a great multitude, saying, ‘Let us remove hence.'”

Inderdaad: Die hemele het verbygegaan met ‘n groot geluid. Ek kan dit nie beter stel as Elvin Roach in sy boek The Apocalypse nie: “What was going on in the heavens was being manifested in Jerusalem’s earth. All her works, her pompous hierarchy, and her religious practices passed away. Her world, her heaven and earth, was burned up. The authority, power, and the works of Israel were destroyed that day in the heavens, and whatsoever came to pass in that realm of authority came to pass in their earth. As the heavenly host of chariots and troops destroyed the city and Temple in the heavenly realm, the city and Temple were destroyed in the earthly realm.”

Die tempel was in hierdie tyd steeds die sentrifugale dop van die uiterlike Joodse godsdiensrituele – die ark van die getuienis was sedert die tempel van Salomo venietig is, steeds weg en die Allerheiligste leeg (Merill C. Tenney: New Testament Survey). Maar nou lees ons in Open 11:19 dié belangrike woorde: “En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.” Die hemel gaan oop en wys waar is die ark, maar in dieselfde asem word gepraat van die weerlig en ‘n aardbewing! In die hemel?! 2 Pet 3:7 (LITV) maak dit duidelik: “the heavens and the earth now, having been stored up by the same Word, are being kept for fire” Let op: daardie Woord is hoofletter (soos ook in MJKV & NJB), met ander woorde hemel en aarde is “verduur” IN DIE LOGOS, JESUS, wat soos sy Vader “’n verterende vuur” is (Heb 12:29; Dan 7:9), want HY is nou die tempel/tabernakel (Joh 1:14; Eseg 1:28). Sela asseblief.

 

  • Sela: Probeer die laaste paragraaf se geheimenis deurgrond.
  • Lees: Mal 2-4; Mat 1-3
  • Ondersoek die vervulling: Let op die sinchronisasie – dat Mal 3:2-3 en Mat 3:11 saam aan bod kom!
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon is … Jý