“The cords of Sheol were entangling me …”
(2 Sam. 22:6, Ampl.)
Die Angel-Saksiese woordjie “hel” het verkeerdelik in ons Bybels ingesluip, het ons in die vorige Manna uitgevind. Die oorspronklike woorde in die Bybel wat in sommige vertalings as “hel” vertaal is in die oorspronklike Ou Testament, is die Hebreeuse woordjie Sheol. Dit is van die allergrootste belang dat ons die gebruik van hierdie woord in die oorspronklike taal moet verken.
Die woordjie “hel” soos ons dit vandag verstaan, het eers rondom 725 n.C. sy betekenisbeslag begin kry! Trouens, volgens The Barnhart Concise Dictionary of Etymology “the word was used to transfer a pagan concept to Christian theology and its vocabulary”.
Sela vir ‘n oomblik oor die geweldige implikasies van hierdie stelling.
In teenstelling met die verbondsvolk van Yahwe, die Hebreërs, het al die heidense nasies en volkere wel ‘n duidelike oortuiging gehuldig oor ‘n plek van (ewige) straf na die dood. In bykans al die heidense mitologieë is daar uitvoerige versinsels en bespiegelinge oor die lewe na die dood, veral ten opsigte van ewige straf. Die Egiptenare, byvoorbeeld, het duidelik geglo in ‘n “hel”, ‘n plek van teistering ná die dood. En al was Moses “opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars” (Hand. 7:22), word die saak nêrens in die boeke wat Moses geskryf het, of elders in die ganse Ou Testament, te berde gebring nie. As ons soos Paulus in Hand. 26:22 ons saak oor die hel moet verdedig, sou ons weinig te sê hê, “asserting nothing beyond what the prophets and Moses declared would come to pass” (Ampl). As Moses dan die Egiptiese doktrine oor die lewe na die dood so deeglik moes geken het, waarom het hy dit nêrens ter sprake gebring nie? Die antwoord is eenvoudig – die hel is nie deel van die fundamentele lering van die Ou Verbond nie – dit het via die heidense mitologie en oorleweringe die Bybel ingesypel.
.Die woordjie Sheol in Hebreeus beteken bloot graf of doderyk, fisies of simbolies. Laat ons net na ‘n paar ooglopende gebruiksvoorbeelde kyk:
- As Jakob praat oor die verlies van sy seuns Josef en Benjamin, sê hy telkens dat indien dit gebeur, dit hóm sal laat neerdaal Sheol toe (Gen. 37:35; 42:38; 44:29 & 31). Hel? Nee, die graf (soos byvoorbeeld die KJV dit hier reg vertaal).
- As Dawid in Ps. 30:3 bid: “HERE, U het my siel uit Sheol laat opkom …”, is dit die hel waaruit hy gehaal is? Nee. Die doderyk? Nee, uiteraard nie letterlik nie, maar uit ‘n toestand van verdrukking “and depth … into which he had sunk and out of which God had drawn him up” (Keli & Delitzsch Commentry on the Old Testament). Sheol kan dus ook ‘n metaforiese ruimte wees van swaarkry en lyding op aarde, soos wat Ps. 116:3 dit insgelyks ook uitspel: “Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref …”
- Kyk na hierdie mooi voorbeeld uit Jonah 2:1-2 (KJV): “Then Jonah prayed unto the LORD his God out of the fish’s belly, And said, I cried by reason of mine affliction unto the LORD, and he heard me; out of the belly of hell cried I …” Was Jona in die doderyk (soos die Afrikaans sê), of in die hel (soos die KJV sê)? Nee, hy was in die maag van die vis, ‘n helse ervaring.
- Job het begeer dat God hom in die doderyk moes wegsteek (14:13). Sou hy begeer het dat God hom vir ‘n “bepaalde tyd” in die hel weggesteek het? Kwalik.
- Presies dieselfde is met Hiskia (Jes. 38:10) die geval, wat helaas nie letterlik deur “the gates of hell” (soos verskeie vertalings dit het) gaan nie, maar veel eerder figuurlik deur “the gates of Sheol (the place of the dead)” ()
Dus, volgens die Ou Testament, is die woordjie Sheol primêr letterlik die graf, óf dan ‘n staat wat die doderyk genoem kan word, óf toestande op aarde wat uitermatig sleg is. George Campbell, die indertydse toonaangewende Skotse kenner van Hebreeus deur die eeue, stel dit kategories: “Sheol signifies the state of the dead in general, without regard to the goodness or badness of the persons, their happiness or misery.” (The Four Gospels, 1789).
Dit is derhalwe baie insiggewend om in dié verband na ‘n gewone woordeboek-inskrywing te gaan kyk. Webster’s Twentieth Century Dictionary Unabridged verduidelik die lemma hell soos volg: “”1. In the Bible, the place where the spirits of the dead are: identified with Sheol and Hades. 2. In Christianity, the place where fallen angels, devils, etc. live and to which sinners and unbelievers go after death for torment and eternal punishment.” Daar word dus ’n duidelike onderskeid gemaak oor wat die woord oorspronklik beteken, en hoe die woord ‘verander’ is deur die Christelike tradisie, wat na regte dan eerder ’n pagan tradisie is wat nagevolg word!
Trouens, ons Christelike beskouing van die hel is eerder nader aan die Moslems se beskouings as aan die Bybel. In die Koran (22:19-22:23) word byvoorbeeld die volgende gesê: “Garments of fire have been prepared for the unbelievers. Scalding water shall be poured upon their heads, melting their skins and that which is in their bellies. They shall be lashed with rods of iron. Whenever, in their anguish, they try to escape from Hell, back they shall be dragged, and will be told: ‘Taste the torment of the Conflagration.” Al krisis vir ons as Christene hiermee, is dat ONS uit die Moslems se oogpunt die “unbelievers” is L!
Hierdie mite van die hel is op elke vlak van die samelewing uitgebou. Iemand soos die skilder/beeldhouer Michelangelo het die afgryslike uitbeelding van die Laaste Oordeel die hel in gelowiges se verbeeldingswêreld afgeëts. Hieroor het die vurige prediker Henry Ward Beecher die volgende gesê: “Let any one look at that; let any one see the enormous gigantic coils of fiends and men; let any one look at the defiant Christ that stands like a superb athlete at the front, hurling his enemies from him and calling his friends toward him as Hercules might have done; let any one look upon that hideous wriggling mass that goes plunging down through the air-serpents and men and beasts of every nauseous kind, mixed together; let him look at the lower parts of the picture, where with the pitchforks men are by devils being cast into cauldrons and into burning fires, where hateful fiends are gnawing the skulls of suffering sinners, and where there is hellish cannibalism going on – let a man look at that picture and the scenes which it depicts, and he sees what were the ideas which men once had of Hell and of divine justice. It was a night-mare as hideous as was ever begotten by the hellish brood it-self; and it was an atrocious slander on God.” (Prayers from the Plymouth Pulpit, Oct. 29, 1870).
Ek gaan geheel en al akkoord met Dr. J.W. Hanson in sy boek The Bible Hell oor die vertaling van die woordjie Sheol: “The word being a proper name should always have been left untranslated. Had it been carried into the Greek Septuagint, and thence into the English, untranslated, Sheol, a world of misconception would have been avoided, for when it is rendered Hadees, all the materialism of the heathen mythology is suggested to the mind, and when rendered Hell, the medieval monstrosities of a Christianity corrupted by heathen adulterations is suggested. Had the word been permitted to travel untranslated, no one would give to it the meaning now so often applied to it. Sheol, primarily, literally, the grave, or death, secondarily and figuratively the political, social, moral or spiritual consequences of wickedness in the present world, is the precise force of the term, wherever found.” Amen.
Die woordjie Sheol in die Ou Testament moes losgesny word van al die demoniese komplotte wat daaraan gebind is.
- Sela: Sela biddend oor die tweede paragraaf van hierdie lering.
- Lees: 25-28; Mark. 1-2
- Ondersoek die OT-tipologie: Mat 28:18 (Wenk: Ps 2:6-9)
- Delf dieper: Lees een van die tekste hierbo genoem.