“… the old order changes …”
(Ezek. 21:26, TLB)
Ons is tans besig om te kyk na twee gedeeltes in die Ou Testament wat baie mense interpreteer as ‘n duidelike heenwysing na die realiteit van die hel. Jes. 66:24 is allereers onder die loep: “En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.”
In die vorige Manna het ons uitgewys dat dié gedeelte gelees moet word binne die gebruiksaanwysing van die hele Skrif, en ons het toe stilgestaan by die drie vlakke van Skrifuitleg. Hierdie gedeelte is toe geïnterpreteer volgens die eerste twee metodes, te wete: die historiese optekening van daadwerklike gebeure en reëletyd-kontekstualisering; asook die profetiese aard van Ou-Testamentiese verwysing na Jesus as die Verlosser-Versoener van die wêreld (Kol. 1:20).
Wat derdens dan nog gedoen moet word, is ‘n tipologiese interpretasie van die gedeelte, of dan (in ons terme): ‘n Christologiese interpretasie. Só ‘n interpretasie moet egter die wyer konteks van Jes. 65 en 66 verreken.
Hierdie twee slothoofstukke van die boek van Jesaja word voorafgegaan deur ‘n klaagliedgebed wat die profeet aanhef oor die stand van die Joodse nasie/volk. Die kern van hierdie hoofstuk is die volgende twee verse waarin die profeet die verbondsvolk se desperate ontreddering duidelik verwoord: “U heilige stede het ‘n woestyn geword; Sion het ‘n woestyn geword, Jerusalem ‘n wildernis. Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het ‘n puinhoop geword.” (Jes. 64:10-11). In die laaste vers rig Jesaja ‘n pleidooi tot God: “In the face of all this, are you going to sit there unmoved, GOD? Aren’t you going to say something? Haven’t you made us miserable long enough?” (Isa. 64:12, Message).
Yahwe se antwoord word in die volgende twee hoofstukke gebied. As Hy begin praat, slaan Hy die stemvurk van die nuwe verbond wat in die vooruitsig gestel word: “Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!” (Jes. 65:1). Let wel: ‘n totale nuwe bedeling ten opsigte van die nasies word in die vooruitsig gestel. Die kiemsel van die evangelie van Jesus Christus, die Nuwe Verbond (Jer. 31:31), word hierin vervat – dit is ‘n totaal “nuwe leer” (Mark. 1:27; Hand. 17:19), “the old order changes” (Ezek. 21:26, TLB)!
Hierdie nuwe verbond het ‘n tweërlei ontvouing: “onse Here … en … sy Christus” (Open. 11:15). Die heerlike waarheid van Hand. 3:20 (NIV) word hier die nuwe grondslag: “and that he may send the Christ, who has been appointed for you–even Jesus”. [Hierdie versie word ongelukkig dikwels sintakties verkeerd vertaal, en dan net voorgehou as Jesus Christus, soos byvoorbeeld in die OAV en die KJV. Elke jota en tittel en sintaktiese plasing in die Woord van God moet egter in sy oorspronklike seggingwyse vasgemaak word.] Die nuweverbondswaarheid is dat God sy Seun Jesus stuur, die Verlosser, en dan Christus – Jesus die gesalfde Hoof (nou in die hemel) én sy gesalfde Liggaam/Bruid (nou op die aarde, alhoewel gesetel in hemelse plekke – Efes. 2:6). Nou kom Dan.7:27 in vervulling: “Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.”
In die lig dan van hierdie nuwe bedeling ontvou Jes. 65 en 66 profeties, en word die volgende aspekte van die nuweverbondsbeskikking ingevleg in hierdie twee hoofstukke:
- Die Bruid se korporatiewe identiteit (1 Kor. 12:12) en goddelike natuur (2 Pet. 1:4) word hier voorgehou in die pragtige beeld: “the new wine is found in the cluster” (Isa. 65:8, ASV).
- Uit Abraham, Isak en Jakob, die patriargvaders, sal ‘n Goddelike saad voorspruit, sê Jes. 65:9, en Paulus sê dáárdie saad is Christus (Gal. 3:16)!
- Sharon, die plein wat ‘n simbool van skoonheid en vrugbaarheid (1 Kron. 27:29) vir Israel was, het in die ou bedeling “verkwyn … en soos ‘n woestynvlakte” geword (Jes. 33:9). Maar as “die narsing van Sharon, die lelie van die dale”, Jesus (Hoogl. 2:1), verskyn, word Hy die “Herder is onder die lelies”, wat die Bruid (Hoogl. 2:16) is! Aan hierdie lelies word die evangelie van “die heerlikheid van die HERE” (Jes. 35:2) toevertrou (2 Kor. 4:4). Sodoende word aan die nuwe aarde tipologies beslag gegee: “The lush valley of Sharon in the west will be a pasture for flocks …” (Isa. 65:10, Message).
- Die “dal van Agor” het ‘n slegte geskiedenis (Jos. 7:24-26) – dit is die plek waar Agan, wat hom vergryp het aan die goed wat God geban het, deur die volk gestenig is en met vuur gebrand is, want hy het die hele volk “in die ongeluk gestort”. Dit is vernoem na Agan, wie se naam “moeilikheid” beteken. Die dal van Agor is dus ‘n simboliese plek van oordeel en korporatiewe calamity. Maar Hos. 2:15 profeteer dat die dal van Agor sal verander “tot ‘n deur van hoop”, vol wingerde (die nuweverbondsimbool van die Bruid se bestaan IN Christus Jesus – Joh. 15)! Soos die vervloeking en die dood deur een mens, Agan, ofte wel tipologies dan Adam, gekom het, sal die versoening en die lewe óók deur Een kom: “Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.” Let op die klem op Één (“Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne—hy wat herder is onder die lelies” – Hoogl. 6:3. Onthou ook Joh. 17:21, waar Jesus sê – “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees”.) Só word die dal van Agor ‘n deur van die hoop op heerlikheid, Christus in ons (Rom. 5:2; Kol. 1:27), letterlik dan soos Jes. 65:10 dit mooi sê: “a resting place for herds, for my people who seek me” (NIV).
- In vers 15 word dié harde woord vir die eertydse “uitverkorenes”, die Jode (Deut. 7:6), gegee: “en julle sal jul naam vir my uitverkorenes as ‘n woord van verwensing laat agterbly”. In die nuweverbondsbedeling is daar ‘n nuwe “uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom” (1 Pet. 2:9). Die uitverkorenes is dié wat die verlossing wat in Christus Jesus is”, verkry het (2 Tim. 1:10). Rom 11:7 spel dit onomwonde uit: “Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.”
- 65:15 – “Maar sy knegte sal Hy noem met ‘n ander naam …” ‘n Naam dui op ‘n identiteit, en hierdie nuwe identiteit in Christus, jou uniek-eie rhema-woord in die gedig van Christus, dui hierdie identiteit aan. Jy is ‘n “chip of the old Rock”, soos Petrus prototipies deur sy naamgewing ‘n “rotsie” geword het (Joh. 1:42), kry jy ook in Christus jou eie wit rotsie, “‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang” (Open. 2:17). Thayer sê dit was nie sommer enige steentjie nie: “in the ancient courts of justice the accused were condemned by black pebbles and the acquitted by white”. Hierdie steentjie dui dus op “a vote (on account of the use of pebbles in voting)”. God het vir jóú gestem – die Bruid is deur Hom uitverkies (Joh. 15:16; Efes. 1:4; 1 Pet. 1:2).
- Yahwe stel Hom in Jes. 65:16 bekend as “die God van waarheid”. Ons leer ken sy Seun, Jesus, “vol genade en waarheid”, derhalwe vol “heerlikheid” (Joh. 1:14 & 17). Hy IS die beliggaming van Waarheid (Joh. 14:6). En: “terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus” (Efes. 4:15). Die Bruid verkry derhalwe “’n kennis van die waarheid” (Tit. 1:1). Daarom kan die Bruid net “die waarheid in Christus” spreek ( 9:1).
- In Jes. 65:17 asook in Jes. 66:22 word vir die eerste keer in die ganse Skrif melding gemaak van “nuwe hemele en ‘n nuwe aarde”. Ons het uitvoerig in vorige Mannas hierdie konsep verduidelik, en aangetoon dat daar nie ‘n fisiese nuwe hemel of nuwe aarde gaan wees nie – die nuwe aarde/skepping waarin geregtigheid woon, is die Bruid (2 Kor. 5:17; 2 Pet. 3:13). Hemel, weet Mannastudente nou al ‘n geruime tyd, is waar die troon van God is. Die nuwe hemel en die nuwe aarde kry dus gestalte IN ons (Kol. 1:27) – “For behold, the kingdom of God is within you [in your hearts] and among you [surrounding you].” (Luk. 17:21, ).
- 65:13 profeteer hoedanig dit binne hierdie staat vir die Bruid van die Lam (Open. 19:7; 21:9) sal wees – hulle sal nooit weer honger en dors kry nie (Joh. 6:35). Hulle sal geestelik eet (Joh. 4:32 & 34 = dus God se wil doen) en drink (Joh. 4:14 = hul dors les deur die Heilige Gees wat uit die binneste stroom).
- Die Bruid sal gekenmerk word aan “blydskap in die Heilige Gees” (Rom. 14:17; Jes. 14 & 18-19); die seëninge van God word oor haar vrygestel (Jes. 65:16) – “sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang” (Gal. 3:14). Sien ook Jes. 66:14.
- Al die beloftes wat dié “geslag … wat deur die HERE geseën is” (Jes. 65:23), wat ook die nuwe orde priesterdom is wat uit “priesters en Leviete” (Jes. 66:21) geneem is, word in detail uitgespel in Jes. 65:20-24 – lees dit asseblief, want dit behoort ook waar van jou lewe te wees. Dit is die staat wat Paulus ook beskryf in 1 Thes. 4:11-12: “om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk …, sodat julle … aan niks behoefte mag hê nie”.
- Hierdie is die staat waar “Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.” DIT IS TIPOLOGIES NOU REEDS DIE STAAT VAN LEWE OP DIE BERG SION WAAR DIE BRUID WOON – ons hét immers rééds gekom by die berg Sion (Heb. 12:22).
- Binne hierdie konteks moet Jes. 66:6-9 gelees word. Baie keer probeer diegene wat Israel sentraal stel in eindtydgebeure om hierdie verse te misbruik om Israel se onafhanklikheidswording in 1948 daarin te lees – die nasie wat sogenaamd in een dag gebore is – maar dit gaan duidelik hier oor Sion, die Bruid van Christus en nié die natuurlike Israel nie. Dit word bevestig deur Ps. 87:5 () – “Yes, of Zion it shall be said, This man and that man were born in her, for the Most High Himself will establish her.”
- 66:12 verduidelik in mooi metafore die vrede van die Nuwe Jerusalem (salem = vrede), die Bruid van Christus (Open. 21:2).
- En vanaf Jes. 65:15 tot aan die einde van die profetiese boek word dan verduidelik hoe hierdie dispensasie van die Bruid “deur vuur openbaar gemaak word” (1 Kor. 3:13).
In die volgende Manna sal ons dan nou in staat wees om met hierdie konteks die gedeelte aan die einde van die boek Jesaja – wat lyk asof dit handel oor die hel – na behore te kan verstaan.
- Sela: Is jy in Sion gebore?
- Lees: Mark 15-16; Luk. 1-7
- Ondersoek die OT-tipologie: 1:17 (Wenk: Mal. 4:5-6)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die ware Jood is … jy!