“Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei;
sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar
geen leuen in my regterhand nie?”
(Jes. 44: 20, OAV)
Op grond van die vorige Manna is dit duidelik – AS daar ‘n hel is, sal diegene wat soontoe verdoem sou word, op ‘n stadium daaruit gehaal word, volgens Open. 20:13 (BBE): “and death and Hell gave up the dead which were in them”. Hulle sal dus nie vir ewig in die hel wees nie. Daarbenewens, sê Open. 20:14, sal “death and Hell” vernietig word! Diegene wat ‘n ewige hel propageer op grond van die verkeerde vertaling van Sheol en Hades, sit met hierdie versie met ‘n effense probleempie. O hell where is thy victory? Geen wonder nie dat die oorgrote hoeveelheid vertalings hier nie Hades vertaal as hel nie, maar as dood of graf. As die Message nie ook dit veilig vertaal het nie, sou dit gelees het: “Who got the last word, oh, Death? Oh, Hell, who’s afraid of you now?”
Die laaste groot geheimenis oor God se transmutasie van vuur is die poel van vuur. In die Christelike tradisie is die poel van vuur egter direk gelyk gestel aan die hel.
Ten spyte van die logika en die Skriftuurlikheid van die argument tot dusver, is “die krag van die dwaling …, om die leuen te glo” (2 Thes. 2:11) steeds so groot dat geslagte daarna steeds in die vaarwaters van die vuurpoel vaar.
Die groot helleprediker Jonathan Edwards het in sy beroemde preek oor die hel dit soos volg voorgestel: “The world will probably be converted into a great lake or liquid globe of fire, in which the wicked shall be overwhelmed, which will always be in tempest, in which they shall be tossed to and fro, having no rest day or night, vast waves and billows of fire continually rolling over their heads, of which they shall forever be full of a quick sense within and without; their heads, their eyes, their tongues, their hands, their feet, their loins and their vitals, shall forever be full of a flowing, melting fire, fierce enough to melt the very rocks and elements; and, also, they shall eternally be full of the most quick and lively sense to feel the torments; not for one minute, not for one day, not for one age, not for two ages, not for a hundred ages, nor for ten thousand millions of ages, one after another, but forever and ever, without any end at all, and never to be delivered.”
Dít was die trant van die dogmatiese verstaan en die gevolglike populêre prediking vir baie eeue. In sy histories-sosiologiese refleksie daarop het Buckle, in sy boek Civilization in England, die grafiese uitbeelding daarvan soos volg opgesom: “In the pictures which they drew, they reproduced and heightened the barbarous imagery of a barbarous age. They delighted in telling their hearers that they would be roasted in great fires and hung up by their tongues. They were to be lashed with scorpions, and see their companions writhing and howling around them. They were to be thrown into boiling oil and scalding lead. A river of brim-stone broader than the earth was prepared for them; in that they were to be immersed. . . Such were the first stages of suffering, and they were only the first. For the torture besides being unceasing, was to become gradually worse. So refined was the cruelty, that one Hell was succeeded by another; and, lest the sufferer should grow callous, he was, after a time, moved on, that he might undergo fresh agonies in fresh places, provision being made that the torment should not pall on the sense, but should be varied in its character as well as eternal in its duration.”
Geen wonder nie dat miljoene sondaars hulself gedronge gevoel het om hul tot hierdie “angry God” te bekeer nie, maar weliswaar uit vrees vir die hel en geen ander rede nie. Die algemene bron Wikipedia kenskets Edwards se verreikende invloed soos volg: “’Sinners in the Hands of an Angry God’ is a typical sermon of the Great Awakening, emphasizing the belief that Hell is a real and functional place. Edwards hoped that the imagery and message of his sermon would awaken his audience to the horrific reality that he argued awaited them should they continue without Christ. The underlying point is that God has given humanity a chance to rectify their sins. Edwards says that it is the will of God that keeps wicked men from the depths of Hell; this act of restraint has given humanity a chance to mend their ways and return to Christ. Jonathan Edwards’ sermon continues to be the leading example of a Great Awakening sermon and is still used in religious and academic studies today.”
En nie net dit nie – die grafiese uitbeeldinge en poëtiese bekleding het vir eeue al in die mens se kollektiewe geheue ingesny. Dit bring Heb. 2:14-15 in spel: “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” Hierdie tipe vals lering het derhalwe generasies in slawerny gehou.
Ons gaan nou stelselmatig die argument voer rakende die poel van vuur, maar alvorens ons daarby kan kom, moet dit allereers geplaas word binne die raamwerk van die laaste Bybelboek, Openbaringe, die enigste boek waar die “poel van vuur” gemeld word. Die grootste krisis met die verstaan van die boek Openbaringe is dat mense die sleutel van die boek mis. Hierdie boek se openingsin hou die sleutel: “ The Revelation of Jesus Christ, which God gave unto him, to shew unto his servants things which must shortly come to pass; and he sent and signified it by his angel unto his servant John …”
In die meeste vertalings, ook in Afrikaans, is die woordjie “signified” – die sleutel – uitvertaal. Die Webster’s Twentieth Century Dictionary verklaar allereers signify as “to make known by signs”. Afgelei uit die Griekse woordjie sema, wat merk of spoor beteken, is dit logies dat die semiotiek derhalwe die wetenskap is om die betekenisprosesse van seme te ondersoek. Die basis van so ‘n ondersoek is dat daar ‘n heenwysing is van ‘n teken na die eintlike representasie daarvan. Byvoorbeeld: ‘n spoor (seem) van ‘n dier in die veld sal heenwys na die dier. Maar die spoor is NIE die dier nie, dis net ‘n heenwysing! Soms is die seem nie so direk verwant soos ‘n dierspoor aan die dier nie, maar stel dit iets anders simbolies voor. As jy die McDonalds se geel en rooi teken sien, is dit bloot ‘n heenwysing na die kitskosrestaurant toe. Jy sal geen BigMac by die teken kry nie. Die teken is nié die restaurant nie.
Die hele boek van Openbaringe is binne hierdie literêre stylgreep geskryf. NIKS is konkrete heenwysings na sigself nie, maar na ‘n simboliese betekenis. Jesus verskyn self aan Johannes, maar in die verskyning en in alles wat hy sien, is daar semiotiese verhulling. Daarom staan daar teen die einde van die hoofstuk: “Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur; die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre IS die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, IS die sewe gemeentes.” (Open. 1:19-20). Dit wat in die boek Openbaringe staan, is ‘n “verborgenheid”, ‘n misterie, met ander woorde nie-letterlik nie – dit verteenwoordig iets anders. Derhalwe is die poel van swael en vuur nie iets konkreets of letterlik nie; dit is bloot ‘n simboliese heenwysing na iets anders wat dit verteenwoordig.
- Sela: In die lig van hierdie lering dan, wat sou die poel van swael en vuur dan beteken?
- Lees: 13-18
- Ondersoek die OT-tipologie: 15 (Wenk: Jes. 5:1-7)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Vrees vir die dood hou jou in slawerny