“Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.”
(Eks. 40:30, OAV)
In ons verkenning na wat die simbool van die poel van swael en vuur in die boek Openbaringe voorstel, het ons in die vorige Manna by Salomo se tempel uitgekom, en spesifiek die verband gelê met die “see gemaak van gietwerk” wat in die voorhof was. Die “see gemaak van gietwerk” noem die GW-vertaling baie raak “a pool from cast metal”. Volgens die Hebreeuse woordeboeke is dit eksplisiet “’n see” genoem, terwyl dit eintlik meer na ‘n poel moes gelyk het. Ons wil in hierdie Manna net die verband tussen die Ou-Testamentiese simbool en die Nuwe-Testamentiese simbool uitlig, want dit sal ons die betekenis van die poel van swael en vuur baie beter laat verstaan.
In die woestyntydperk van die Israeliete is die tabernakel opgerig as ‘n tent, want dit moes kon opgebreek word en op ‘n ander plek opgeslaan word. Ten spyte daarvan dat dit volgens die Hebreeuse woord vir tent (‘ôhel) uiteraard dui op “nomad’s tent, and thus symbolic of wilderness life, transience”, is die wortelwoord daarvan ‘âhal, wat beteken “to shine”! Ten spyte van die tydelike en stowwerige voertuig, bly die simboliese wesensaard daarvan God se heerlikheid reflekteer!
Uiteraard moes al die ameublement van die tabernakel oppakbaar en vervoerbaar wees, daarom vind ons dan dat toe die tempel van Salomo gebou is, daar verskeie aanpassings én toevoegings was in die aard van die meubelstukke omdat dit opgerig is as permanente strukture.
Vanaf Manna 61 is ons deurentyd besig om die tabernakel as prototipe te ontgin en vanuit dié ryk simboliek het verskeie temas al ontvou. Noodwendig sal ons later uitkom by die verskille en toevoegings wat die tempel anders as die tabernakel gebied het, want elk het ook belangrike betekenisimplikasies. Maar vir nou fokus ons net op die tipologie van die tabernakel as die kiemsel van God se voltrekkende verlossingsplan, alhoewel daar tans ter toeligting ‘n vergelyking gemaak moet word tussen ‘n meubelstuk in die tabernakel en die ekwivalente een in die tempel.
In Manna 62-63 is die koperwaskom van die eerste dimensie net oorsigtelik genoem, maar dit is nog nie enigsins volledig ontgin nie. (Ons moes alles ter wille van ‘n voëlvlugbeskouing eers oorsigtelik behandel tot net voor die lofofferaltaar, en in Manna 146 is verduidelik hoekom ons moet teruggaan eerste dimensie toe en hoekom ons in meer detail na die meublement moet gaan kyk. Sedertdien is ons nog steeds net besig met al die fasette van die tipologiese koperaltaar, en watter verrykende en verreikende leerervaring was dit nie!)
Ons het dus nog glad nie in detail uitgekom by die koperwaskom nie, en dit sou onvanpas wees om dit nou hier te doen, derhalwe sal ons bloot die kruks van dié ameublement uitwys in reliëf met die onderwerp wat ons nou onder die loep het.
Om net weer die weg van verlossing bondig saam te vat: As jy God se roepstem hoor, en jy reageer, stap jy (uit keuse) vanuit die koninkryk van die wêreld (1 Joh. 5:19) oor na die domein waar God regeer; jy kry toegang tot die Buitehof. Daar loop jy jou vas teen die brandofferaltaar, wat heenwys na die finale offer van Jesus aan die kruis: “Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.” (Heb. 9:26). Jou oortuiging van sonde en verlorenheid sonder Jesus (“sonder hoop en sonder God” – Efes. 2:12) weerkaats in die koperaltaar (koper dui altyd op oordeel), en dit laat jou hierdie offer aanneem. Ons noem dit bekering. Joh. 1:12 – “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.”
Die koperwaskom is ‘n heenwysing na die wyse waardeur ons tot kennis van hierdie verlossing kom, met ander woorde dit dui op “the washing of water with the Word” (Ef. 5:26, Ampl). In die eerste dimensie leer ken ons dus die bloed van Jesus en die water van die Woord van God. Daarom: as Rom. 10:9 sê: “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word …”, word die res van die passasie wat volg, gebruik om te verduidelik hoe die kruis (= die koperaltaar) en die Woord van God (= koperwaskom) tipologies interaktief funksioneer: “Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? … Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” (Rom. 10: 13-15a & 17).
Die Woord van God, die Bybel, het ‘n bepaalde saadwaarde (Luk. 8:11) vir hulle wie se grond ontvanklik is – dit is diegene “who seize the Word and hold on no matter what, sticking with it until there’s a harvest” (Luk. 8:15, Msg). Onthou – in hierdie dimensie is die gees nog nie opgewek nie, want die wedergeboorte het nog nie plaasgevind nie. Daarom is dit essensieel dat die kruis en die Woord interaktief funksioneer om die waarheid van die verlossing bekend te maak sodat “die woord van God (kan) … werk in julle wat glo” (1 Thes. 2:13). Deur “die woord van die waarheid van die evangelie” (Kol. 1:5) te hoor, aan te neem en te leer ken, dra dit vrug (Kol. 1:6), want “die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees” (Heb. 4:12). In die eerste dimensie is die gelowiges net gered, nie wedergebore nie, en derhalwe nog nie met die Gees van God gevul nie. Die Woord van God maak dit moontlik dat die eerstedimensiegelowige (wat nog net in sielsdimensie funksioneer) begelei kan word om toegang tot die geesdimensie te kan begin verkry, want die Woord dring deur tot die skeiding tussen siel en gees! Hoe wonderbaarlik het God dit nie ontwerp nie! Daarom, soos 1 Pet. 2:2 sê, moet almal in die eerste dimensie sterk “verlang soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei”.
(Uiteraard: selfs vir gelowiges in die tweede en derde dimensie bly hierdie waarheid oor die Woord van God steeds waar – dat die Woord van God “powerfully works within me” Kol. 1:29, EMTV.)
Die koperwaskom is dus allereers ‘n heenduiding na die kragtige werking wat in en deur die Woord van God, die Logos, geskied. Soos wat ons daaraan blootgestel word, werk dit saam met die bloed wat “julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien” (Heb. 9:14) “to the end ye may be established” (Rom. 1:11, ASV). Sela!
‘n Baie interessante aspek van die koperwaskom word gebied in Eks. 38:8 – “Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.”
Die Treasure of Scriptural Knowledge gee die volgende inligting daaroor: “The word maroth, from raah, to see, denotes reflectors, or mirrors, of any kind. That these could not have been looking glasses, as in our translation, is sufficiently evident, not only from the glass not being then in use, but also from the impossibility of making the brazen laver of such materials. The first mirrors known among men, were the clear fountain and unruffled lake. The first artificial ones were made of polished brass, afterwards of steel, and when luxury increased, of silver; but at a very early period, they were made of a mixed metal, particularly of tin and copper, the best of which, as Pliny informs us, were formerly manufactured at Brundusium. When the Egyptians went to their temples, according to St. Cyril, they always carried their mirrors with them. The Israelitish women probably did the same …”
Die spieëltjies was dus duidelik bloot ‘n vae refleksie, van die aard waarvan 1 Kor. 13:12 praat wat sê ons “sien deur ‘n spieël in ‘n raaisel”. Die Woord bied vir ons wel ‘n refleksie, alhoewel ‘n redelike raaiselagtige weerspieëling van onsself, maar ook van Hom. Ons moet dit gebruik om Hom te leer sien, en onsself te herken, maar as dit nie deur die Heilige Gees verlig is nie, bly dit “’n raaisel” en ‘n sluier (2 Kor. 4:3-4). Daarom sê vers 6: “Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.”
Die vroue van wie se handspieëltjies die koperwaskom gemaak is, is diegene wat (tipologies) die transisie van eerste na tweede dimensie gefasiliteer het. Self kon hulle nie ingaan nie (net priesters kon), maar hul het ‘n bepaalde funksionele roeping gehad om ander te begelei om beter te kan sien! As hierdie vroue nie tipologies deurbeweeg na die volgende dimensies nie, word hulle dikwels deur die gees van godsdiens geperverteer en deur die kerksisteem geprostitueer, soos die geval met die diensmeisies in die tyd van Eli (1 Sam. 2:22). Hierin lê ‘n groot waarskuwing. (In later Mannas gaan daar in groter detail meer hieroor gesê word.)
Hierdie hele konteksskepping is gedoen om te kom by die tempel se ekwivalent van die koperwaskom. In die Message word dit in eenvoudige taal beskryf: “He made a Sea–an immense round basin of cast metal fifteen feet in diameter, seven and a half feet high, and forty-five feet in circumference … It held about 18,000 gallons. He made ten Washbasins, five set on the right and five on the left, for rinsing the things used for the Whole-Burnt-Offerings. The priests washed themselves in the Sea.” (2 Kron. 4:2, 5b & 6, Mes).
Ons gaan nie nou in detail op al die besonderhede ingaan nie, wel later, maar wil uitwys dat die funksie van die Kopersee dieselfde was as dié van die koperwaskom, maar dat dit vermeerder het van letterlik ‘n poeletjie tot ‘n meer! In die lig van wat in Manna 740-742 verduidelik is oor die “sea of humanity”, word dit duidelik die simboliese ekwivalent van die kopersee in die boek van Openbaringe. Dit maak 2 Pet. 3:5-7 soveel duideliker as hierdie ooreenkoms raakgelees word: “Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.”
Die kopersee het die was met die water van die Logos-Woord voorgestel (wat as gevolg van die koper-aard ook duidelik op oordeel slaan) – daarom is die vorige bedeling met water gesuiwer. Die poel van vuur stel die Rhema-woorde voor, die korporatief van die Bruid waarmee alles in hierdie bedeling, met vuur, getoets sal word! 1 Kor. 6:2a – “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?”
Van groot belang – die poel van vuur is nie van koper nie, maar van swawel. Charles Pridgeon, in sy boek Is Hell Eternal, maak die volgende belangrike uitspraak: “The Lake of Fire and Brimstone signifies a fire burning with brimstone; the brimstone’ or sulphur defines the character of the fire. The Greek word THEION translated ‘brimstone’ is exactly the same word THEION which means ‘divine.’ Sulphur was sacred to the deity among the ancient Greeks; and was used to fumigate, to purify, and to cleanse and consecrate to the deity; for this purpose they burned it in their incense. In Homer’s Iliad (16:228), one is spoken of as purifying a goblet with fire and brimstone. The verb derived from THEION is THEIOO, which means to hallow, to make divine, or to dedicate to a god (See Liddell and Scott Greek-English Lexicon, 1897 Edition). To any Greek, or any trained in the Greek language, a ‘lake of fire and brimstone’ would mean a ‘lake of divine purification.’” Sela.
- Sela: Verduidelik aan iemand die geheimenis van die poel van swawel en vuur.
- Lees: 7-15
- Ondersoek die OT-tipologie: 7:2 (Wenk: Gen. 12 – ondersoek die implikasies)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Groei van die Skaduwee in die Spieël tot die
Volmaakte wet van die Vryheid