Dag 746-748

 

“U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.”

(Ps. 66:12, OAV)

Die laaste paar Mannas moes vir die meeste lesers ‘n geweldige verruiming in perspektief gebring het oor die transmutasie van vuur in ons fisiese realm en hoe dit sienderoë die vreesaanjaende simbole van die aarde wat sal vergaan met vuur, die hel en die poel van swael en vuur in ‘n totaal ander lig plaas as wat die oorgelewerde tradisie dit vir ons voorgehou het.

Meteens het Johnny Cash se ou treffer vir my totaal nuwe betekenis begin kry: “Love is a burning thing, and it makes a fiery ring. / Bound by wild desire, I fell into a ring of fire. / I fell into a burning ring of fire. / I went down, down, down and the flames went higher. / And it burns, burns, burns, the ring of fire. / The ring of fire.”

Nou verkry die poel van swael en vuur vir my ‘n ander betekenis – geestelik gesproke bring vuur verlossing, nie veroordeling nie.

Met die deurpraat van hierdie komplekse saak met my vrou, het sy die argument gou gesnap, té gou na my sin, want ek wou gehad het sy moet geskok wees, hewig teenstand bied teen hoe dit net té eenvoudig is, redeneer dat eeue se wrewelleringe deur ware Godsmanne oor straf nie sommer so opgehef kan word nie.

My verwagting van hoe ek dink sy behoort te reageer, het veel verklap van my eie onderliggende kondisionering oor die saak. Toe ek vir haar (getrou aan my hiperboliese aard) sê sy besef dalk nie die geweldige impak wat hierdie leringe op die mensdom kan hê nie 😉 het sy my met een sinnetjie tot stilswye gebring: Hoekom verwag ons altyd daar móét straf wees?

In ‘n rubriek wat die Afrikaanse digter Carina Stander vir Rapport  skryf, vertel sy van ‘n gesprek wat sy met haar drie-en-‘n-halfjarige seuntjie gehad het wat vir haar sê: “Mamma, ek skryf ‘n storie van toe God lief was vir alles op die aarde. Ek skryf dit met my asem.”

Hierdie paar woorde uit die mond van ‘n suigeling het my meer bedien as baie jare se vermoeiende teologiese besinning oor God. Lees dit weer en weer, en weer en weer. Sela. Sela.

Graham Cooke verstaan eweneens iets van dié wonderbaarlike aspek van God se wesensaard. Ek haal ekstensief aan uit sy The Nature of God, omdat dit vir ons onbevange uitspel Wie hierdie vreemde God is wat Homself onbeskaamd Liefde noem:

 

  • He has an immense, immeasurable,and eternal compassion. His compassion is always greater than my sin.
  • He is scandalously forgiving. His mercy burns as it destroys shame.
  • He has unbounded patience, unending goodness.
  • His love is so compelling, it heals us. It strips away all our pretense and it restores us to happiness.
  • His grace is the empowering presence within that enables us to feel good about ourselves.
  • His mercy is His total favor given gladly to an undeserving heart.
  • He is the kindest person I have ever known.
  • His goodness is so outrageous and shocking, it’s actually disreputable to the religious minded.
  • He’s the happiest person I know. He has the sunniest disposition than anybody I’ve ever met.
  • He is enthusiastically fervent in His pursuit of each one of us.
  • He is amazingly humble and gentle but He’s also this powerful warrior King who loves to fight and laughs at His enemies.
  • He has this fabulous servant spirit. He doesn’t need a title or status or position. But He joyfully sets an example of simple, heartwarming slavery.
  • His love is enthralling. It captivates and commands us to be the same as Him.
  • His love is designed to overwhelm all things, especially fear, shame, and low self esteem.
  • He loves being trusted. He is delighted and astonished when we use our faith.
  • He will never keep a record of our sins or our failings.
  • He has mercy that can never be properly understood or articulated, just experienced! The only way we can explain mercy, is by being merciful ourselves.
  • Jesus the Redeemer gives us value in the eyes of the Father. He sees and He speaks to our potential. And He both protects us and releases us to fulfill all that He wants us to see and know about ourselves.
  • We are outrageously loved with an uncommon love.
  • Oh, on top of all that, He forgives. He is full of forgiveness. He loves to pardon. He loves to release an offender from the legal consequences of a conviction.

 

In sy fassinerende sekulêre boek: Dark Nature: A Natural History of Evil skryf Lyall Watson uitvoerig oor hoe die wesensaard van Darwin se evolusie primêr ingestel is op “the survival of the fittest”, en dat dit derhalwe altyd streng gefokus is op ‘n geveg om die organisme in ‘n beter posisie te plaas; die organisme deurgaans deur selfsugtige keuses te bevoordeel; om (on)subtiel eie vooruitgang, voortplanting en veiligheid te verseker. In hierdie proses van ons “grandiose delusions of being sovereign over everything” (soos Ravi Zacharias dit raak noem in sy boek: Deliver us from Evil), kry die Boosheid weliswaar in ons beslag. Jesus se bergrede in Mat. 5, as ‘n enkele goeie voorbeeld, wys hoe Hy hierdie selfsugtige natuur in totaliteit teenstaan. Hierdie ontredderende ‘omgekeerde’ logika van God is die sleutel tot die oorwinning oor die Bose en ons grandiose demoniese karakteraard. Sy “heartwarming slavery” as die Koning van die wêreld is die storie van God se oorweldigende liefde vir alles op die aarde. Ons het egter jammerlik vergeet van hierdie belangrikste aspek wat die ganse kosmos bymekaarhou – God se verterende liefde.

Die sonde van die sondeval was eiesinnigheid en eie begeerte, soewereiniteit om soos God te wil wees, en godsdiens het dikwels die appel geword waarmee die ou slang ons verlei het. Paulus skryf vir die kerk van Galasië: “Who has … bewitched or cast a spell over you?” (Gal. 3:1, Ampl). Jesus was God se furious pursuit of love (in G.K. Chesterton se onsterflike woorde) om daardie demoniese sluier van ons manier van dink af te ruk.

Nie vreemd dan nie dat Hos. 3:5 ook profeties oor die kerk sal profeteer: “Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae.” Lees mooi: hulle sal met siddering aankom na SY GOEDHEID IN DIE LAASTE DAE”. Is Hy, wat gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde (Heb. 13:8) is, dan nie steeds vandag nog net goed nie? Ja, natuurlik – ons het net van sy goedheid en guns vergeet. Die openbaring van sy goedheid sal ons (en die wêreld)  na Hom laat terugkeer in die laaste dae. Die Message parafraseer dit pragtig: “They’ll come back chastened to reverence before GOD and his good gifts, ready for the End of the story of his love.”

            Ready for the End of the story of His Love – dit is die storie van hoe God lief was vir alles op die aarde, in so ‘n mate dat Hy Homself totaal prysgegee het dat daar lewe deur sy dood moontlik geword het. En hieruit is die grootste les vir die Bruid in die eindtyd te leer.

In sy boekie The Restoration of All Things (wat meer as ‘n honderd jaar gelede geskryf is), maak Andrew Jukes hierdie briljante opmerking: “It is surely a significant fact, that the two words used in Hebrew to express destruction, signify also, and are used to express, perfection; and that the word for a sacrifice by fire in Hebrew is the same as that for a bride or wife; e.g. Numbers xxviii. 6. By this double sense a veil covers the letter, veiling yet revealing God’s purpose; for His purpose to the creature is through destruction to perfect it, and by fire to make it a bride unto the Lord.” Sela asseblief oor hierdie enorme waarheid.

Deur Jesus te laat sterf, het God – deur dood – hóm vernietig wat mag het oor die dood, dit is die duiwel (Heb. 2:14). ‘n Nuwe skepping, wat net kan gebeur deur sterfte heen, is God se antidoot vir dit wat deur die sondeval in dood en gevangeneskap gekerker is. Om hierdie rede, sê Heb. 1:10-12, moet die ou aarde én die ou hemele “vergaan” en “verander word”, sodat ‘n “nuwe skepping” – regenerated and perfected by Fire – tot stand kan kom. Die ou aarde/mens se vleeslike manier van dink moet as deel van die lewende vuuroffer (Rom. 12:2) totaal vernuwe word. Die ou mens in al sy demoniese verknegtheid moet sterf deur self ‘n vuuroffer en ‘n brandoffer te word (sien die tipologie of “patroon” daarvan in die ou verbond – Eks. 25:40; Heb. 9: 23).

Elke “koms van Jesus”, sy eerste koms en so ook sy tweede koms, maar ook sy ‘verskyning’ aan almal wat Hom verwag tot saligheid (Heb. 9:28), ís “die dag van die Here”, is ‘n dag van oordeel, maar óók van verlossing. Mal. 3:2 het ons immers juis dít in die vooruitsig gestel vir die nuwe bedeling: “Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter …” Elke verskyning van Jesus, in die volheid van sy genade (Joh. 1:16), is Sy souting met vuur (Mark 9:49), is ‘n oordeel van vuur, vir die gelowiges (sien byvoorbeeld 1 Pet. 1:7 en 4:12), maar ook vir die ongelowiges (1 Kor. 3:13 & 15; Jud. 1:23). Die vuur verminder die ongelowiges, maar dit lei die Bruid uit in oorvloed (Ps. 66:12)!

Jes. 4:4-5 het hierdie heerlike transmutasie van vuur in die vooruitsig gestel: “as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging. Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ‘n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees.”

In 1 Kor. 15:22 word hierdie ongelooflike belofte gegee: “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word …” Sela hieroor. Die Amplified brei dit verklarend uit soos volg: “For just as [because of their union of nature] in Adam all people die, so also [by virtue of their union of nature] shall all in Christ be made alive.” ‘n Mens sou ver gaan soek om ‘n beter definisie te kry van die poel van swael en vuur.

Ook ek het met hierdie Manna ‘n storie probeer skryf van toe God lief was vir alles op die aarde. Ek skryf dit met my asem. St. Iraneus was reg: The glory of God is man fully alive. En mag 1 Joh. 4:16 waar wees van elkeen wat hierdie Manna lees: “En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo.” En vir die wat nog nie die goedheid van God en sy liefde ‘n manier van dink gemaak het nie, die NJB se uitdaging: Recognise for yourself, and put your faith in, the love God has for you.

 

  • Sela: Deel die goedheid van God met iemand.
  • Lees: 16-24
  • Ondersoek die OT-tipologie: 24:12 (Wenk: Jes. 35:8)
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Elkeen wat bid, ontvang – die gebed van die

                              geloof. (Hierdie lering se kern gaan oor die goedheid van God.)