Dag 749-751

 

“Maar die teenswoordige hemele en die aarde …

word vir die vuur bewaar.”

(2 Pet. 3:7, OAV)

Die “poel van vuur”, het die voorafgaande Mannas duidelik uitgewys, dui simbolies op die korporatief van die Bruid waarin alles getoets word deur vuur. Hierdie poel van vuur is deel van die openbaring van die Bruid van Christus (Rom. 8:19), wat staan onder die Hoofskap van Jesus, wat die aarde moet oordeel (1 Kor. 6:2). Hierdie “vuurvlamme” – sy dienaars volgens Heb. 1:7 – gee beslag aan God se “righteous judgement”. Daarom dan dat in die apokriewe boek Wysheid 3:7-8 profeties voorgehou dat aan die einde van tye sal die uitverkorenes “run to and fro as sparks among the stubble”!

2 Thes.1:5-6 (Ampl) verduidelik hierdie merkwaardige geestelike proses soos volg: “This is positive proof of the just and right judgment of God to the end that you may be deemed deserving of His kingdom [a plain token of His fair verdict which designs that you should be made and counted worthy of the kingdom of God], for the sake of which you are also suffering. [It is a fair decision] since it is a righteous thing with God to repay with distress and affliction those who distress and afflict you …”

In die lig van die argument oor God se verterende liefde (Heb. 12:29; 1 Joh. 4:8) wat uitvoerig in die vorige Manna gevoer is, is dit belangrik om eweneens uit te wys dat sy liefde nooit sonder geregtigheid aangebied kan word nie. Alles wat in die vorige Manna oor God se omvangryke en oorrompelende liefde uitgespel is, moet altyd teen die agtergrondreliëf van sy geregtigheid geplaas word. Die evangelie van Jesus Christus is “die evangelie van die genade van God” (Hand. 20:24), maar die doel van hierdie evangelie is die herstel van geregtigheid op aarde. Kyk na die volgende Skrifte wat die wisselwerking tussen genade en geregtigheid in geen onseker terme nie uitspel:

  • “as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid” (Jes. 26:9). Die Amplified stel dit soos volg: “for [only] when Your judgments are in the earth will the inhabitants of the world learn righteousness (uprightness and right standing with God)”.
  • “I know, O LORD, that Your judgments are righteous, And that in faithfulness You have afflicted me.” (Ps. 119:75, NASB).
  • Binne die metafoor van vuur, spel Jer. 9:6-7 (BBE) dit ook raak uit: “There is wrong on wrong, deceit on deceit; they have given up the knowledge of me, says the Lord. So the Lord of armies has said, See, I will make them soft in the fire and put them to the test; this I will do because of their evil-doing.”
  • The fierce anger and indignation of the Lord shall not turn back until He has executed and accomplished the thoughts and intents of His mind and heart. In the latter days you shall understand this.” (Jer. 30:24, BBE). Kan dit raker uitgespel word as in die NIV-vertaling: “The fierce anger of the LORD will not turn back until He fully accomplishes the purposes of His heart. In days to come you will understand this.” UNTIL HE FULLY ACCOMPLISHES THE PURPOSES OF HIS HEART!

 

Wat ook al die poel van swael en vuur inhou vir die wêreld, dit sal te rym wees met die ewige karakteraard (Rom. 1:20, CEV) van ons Vader. Daarom dan dat God ‘n priesterorde tot stand gebring het “wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is” (1 Sam. 2:35). Hierdie priesterorde is nie meer die priesterorde van Lévi (wat die ou sisteem van kerk in die eerste en tweede dimensie bedien) nie, want hulle is “onervare in die woord van geregtigheid” (Heb. 5:13), en sal vervang word met die priesterorde van Melgisédek (= die Bruid). [Melgisédek beteken: “king of righteousness”.]

In Hand. 15:16-17 (waarna Amos 9:11-12 profeties verwys), word gesê: “Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.” Oor hierdie troon van Dawid, die “tempel” van die korporatiewe Bruid (Open. 21:2 & 22), profeteer Jes. 9:7, dat dit ‘n koninkryk sal wees “tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.” Dit word ook in Jes. 16:5 gekwalifiseer: “En opgerig is deur goedgunstigheid ‘n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, ‘n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.”

Hierdie beginsel van geregtigheid as die setel van heerskappy, is lank in die Ou Verbond voorgehou as die standaard:

  • “Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon …” (Ps. 89:14).
  • “geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon” (Ps. 97:2b).
  • “Dit is ‘n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig …” (Spr. 16:12). En dan hierdie rigtinggewende Skrif:
  • “Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ‘n voorwerp uitkom; verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.” (Spr. 25:4-5)

 

As ons hierdie laaste verse lees, is dit noodwendig dat dit Mal. 3:2-3 in die herinnering bring: “Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers. En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring.”

Die poel van swael en vuur word vier keer in die boek Openbaringe ter berde gebring, en interessant genoeg, nét in die laaste drie hoofstukke van die boek. Die laaste verwysing is in Open. 21:8 – “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.”

As hierdie vers saamgelees word met Open. 20:6, is daar ‘n belangrike gelykstelling: “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.” Die tweede dood is die geestelike dood van almal wat nie opgestaan het in Christus in hulle skeppingsdoel en roeping nie. Almal met ‘n vleeslike, wêreldse manier van dink en handel (= die merk van die dier aan die voorhoof en die regterhand – Open. 20:4) – wat in dié poel van vuur en swael gegooi word (sien bv. Open. 21:8) , moet met vuur getoets word. Sommige sal “ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid” (Dan. 12:2). Daar is ‘n tweede dood waar God die verterende vuur is, waarbinne die ganse aarde met vuur getoets sal word. Onthou steeds Jesus se woorde in Luk. 12:49 – “Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!” Alles sal getoets word aan vuur en deur vuur openbaar gemaak word. Sommige sal as edelgesteentes uit die vuur kom, ander se vleeslikheid sal as hooi, hout en stoppels verteer word (1 Kor. 3:12-14). Dit beteken nie noodwendig hulle is dan verlore nie (1 Kor. 3:15); dit beteken bloot hul is nie beproef bevind om saam met Jesus te regeer in die duisendjarige vrederyk nie (Open. 20:6).

Uit Open. 21:8 word ‘n sleutel gebied vir die verstaan van die simboliese poel van swael en vuur. Hieruit vloei daar bepaalde belangrike afleidings. Die Nuwe Jerusalem, die Bruid van Christus (ook simbolies in die Ou Verbond as Sion voorgehou) is ‘n groepering is wat REEDS op aarde funksioneer, volgens Heb. 12:22 – “Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem …” Daarom is dit belangrik om te weet dat die poel van vuur eweneens deel is van ons realiteit NOU. Daarom is/moet als wat in Open. 21:3b-4 staan ook deel van ons geloofsbelewenis nou wees: “Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”

Binne hierdie klimaat van totale restorasie (Hand. 3:21; Mat. 17:11) sê God: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hoe gaan dit fisies gebeur? Die visoen wat Daniël gehad het in hoofstuk 7 van sy profetiese boek verduidelik dit eintlik so presies: “Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.” (Dan. 7:9-10). Die “Oue van Dae” is die gepreïnkarneerde Jesus, wat reeds op sy troon sit (Heb. 12:2; Open. 4:2). Maar Daniël praat van “trone” – dáár waar die Bruid rééds “sit in die hemele in Christus Jesus” (Efes. 2:6). Hierdie Bruid is soos hul Hoof Jesus ook verlossers – “Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.” (Obadja 1:21).

Hierdie troon, sê Daniël, is “vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan”. Hierdie is almal metafore van die Bruid as verterende vuur wat Sy righteous judgement op die aarde moet word. [Interessant genoeg – word daar in Deut. 32:2 gepraat van die wet as “fiery”. Soos die wet, is die troon ingelyks ook simbool van heerskappy, en albei word “fiery” genoem. Dus is die wet – wat ook  “die woorde van God” genoem word in bykans 20 gevalle in die Ou Testament die afskaduwing van die Bruid as vurige rhema-woorde is die Nuwe-Testamentiese konteks – “aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle”!]

Vleeslike Christene sal nie ‘n verlossing verloor nie, maar in die poel van swael en vuur gered word, maar soos deur vuur heen (1 Kor. 3:15).

Helaas – omdat die Bruid nie presies weet wat hul status in Christus is nie, funksioneer hierdie poel van vuur en swael nog nie 100-voudig funksioneel nie (miskien slegs ‘n 30-voudig). Die hoofrede daarvoor is dat ons nog nie volledig beslag gegee het aan die voorwaarde wat Dan. 9:24 rondom Jesus (in sy opbou tot ‘n Gesalfde) in die vooruitsig gestel het nie: “om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring”. Soos Jesus dit volbring het, moet ons dit ook verwerf en gestalte gee in Christus.

Deur die lering wat volg, moet ons die verskillende aspekte wat oor die poel van swael en vuur gesê word, binne hierdie verstaan verreken. Dit beteken ons moet weet hoe die Bruid van Christus geposisioneer is om klaar te speel met die dier,, die vals profeet en die duiwel, en dan ook die dood wat in dié poel gewerp word. Wat sou dit alles beteken?

 

  • Sela: Verduidelik die begrip ‘geregtigheid’ aan iemand.
  • Lees: 25-28; Rom. 1-5
  • Ondersoek die OT-tipologie: 1:18 (Wenk: 2 Thes. 2:10 en die geskiedenis van die

bondsvolk Israel)

  • Delf dieper: Lees Arthur Pink se boek: The Nature of God.