“You are gods [since you judge on My behalf, as My representatives]”
(Ps. 82:6a, Ampl.)
Uit die vorige Manna is een ding baie duidelik: Die Apokalips gaan oor Jesus Christus wat in sy Liggaam manifesteer – ons “is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Kor. 12:27). Dáárom, sê Heb. 10:5 (LITV), het Jesus vir God gesê voor Hy aarde toe gekom het – “You prepared a body for Me.” Onthou Kol. 3:4 – “Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.”
Daarom is dit nie vreemd nie dat Asaf in Ps. 82:6 oor die seuns van God profeteer en hulle “gode” noem nie! Selfs Jesus herbevestig dit twee keer in Joh. 10:34-35 (NASB): “Jesus answered them, “Has it not been written in your Law, ‘I SAID, YOU ARE GODS’?” [Die rooi is volgens die vertaling se gebruik die direkte woorde van Jesus. Sien Tom Davis se boek: Red Letters: Living a Faith that Bleeds.] Die woordjie wat vir gode hier gebruik word, is die Hebreeuse woordjie Elohim, wat die allereerste Naam is waarmee God Homself in Gen.1:1 bekend stel. (Selfs in Gen. 1:1 is die begrip Elohim in die meervoud, iets wat geweldig implikasies het en waarop ons later in die Manna in detail terugkeer.) Die Amplified vertaal Ps. 82:6 se eerste deel omskrywend soos volg: “I said, You are gods [since you judge on My behalf, as My representatives] …”
Met hierdie bemagtiging vertrou God die Bruid van die Lam toe met die grootse taak – om ALLE DINGE met Hom te versoen. Daarbenewens moet ALLE DINGE onder ons Hoof, Jesus, se voete geplaas word. Dit sluit dan in al die groteske dinge wat in die boek Openbaring genoem word: die vals profeet, asook die vier verskriklike d’s: die dier, die duiwel, die dood, en die doderyk. Dit word gedoen deur hul manifestasie as die poel van swael en vuur, as righteous judges.
Ons het nie in detail ingegaan op wat byvoorbeeld die vals profeet en die dier sou beteken nie, want dit is nie nou die fokus van die Manna nie, maar wat ook al – ook hulle sal in die poel van vuur en swael verteer en verslind word. Binne die argument wat nou oor verskeie leringe heen gevoer is, is die Bruid voorgehou as hierdie manifestasie van die poel van swael en vuur. Volgens Efes. 1:21 sal “alle owerheid en mag en krag en heerskappy” onderwerp word aan die Hoof en die Bruid, wat aan “die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (vers 23) uitvoering moet gee. Soos hierdie openbaring oor die Christus tot sy heerlike konsekwensies gaan ontwikkel, sal die lewe, karakteraard, krag, outoriteit, en veel meer van Jesus in sy Christus ge-apokalupo word, unveil word, geopenbaar word. Daardie vuur van Sy vermeerdering in die Bruid sal ‘n vuuroond van geregtigheid word (in Mal. 3:1-3) vir ALLES. Hóé dit gaan gebeur wat in Rom. 16:20 staan, is egter steeds die dwingende vraag.
- Sela: Probeer bedink wat die antwoord op die laaste vraag is.
- Lees: 15-16
- Ondersoek die OT-tipologie: 16:20 (Wenk: Ps. 82:6) J
- Delf dieper: Lees Tom Davis se boek: Red Letters: Living a Faith that Bleeds.