For as through the disobedience of the one individual the mass of mankind were constituted sinners, so also through the obedience of the One the mass of mankind will be constituted righteous.”
(Rom. 5:19, WNT)
Die vorige Manna moes jou geweldig opgewonde gemaak het! Ons verstaan vir die eerste keer baie meer spesifiek hoe “die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek” (Hab. 2:14).
Aan die hand van twee begrippe uit die dissipline van chemie, te wete : splitsing (“fission”) en versmelting (“fusion”), is die argument duidelik beslag gegee.
Die eerste Adam se daad van ongehoorsaamheid het ‘n geweldige destruksie tot gevolg gehad. Soos die splisting van die atoom ‘n enorme impak meegebring het, het hierdie enkele daad van rebellie van Adam wat hom van God losgeskeur het, die ganse aarde gekontamineer en laat regresseer. Maar in Christus het dit vir die eerste keer moontlik geword om deur die versmelting (“fusion”) met Jesus die splitsing (“fission”) van Adam teen te werk! Rom. 5:18-19 spel dit onteenseglik uit: “Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.” Lees weer die WNT-vertaling van die vers se raak beskrywing in die masskrif hierbo.
Ons het afgesluit met hierdie belangrike paragraaf: Die Bruid is dus “ministering spirits”, “vuurvlamme” (Ps. 104:4), “sent forth to do service for the sake of them that shall inherit salvation” (Heb. 1:14, ASV). Nou verstaan ons hoe die laaste Adam = die Christus deur die versmelting (fusion) van Jesus en sy Bruid as “lewendmakende Gees” in staat is om “almal in Christus lewend te maak”.
Dis egter nodig om nog meer duidelikheid te kry oor die proses van fusion. ‘n Wetenskaplike bron bied die volgende verduideliking: “Fusion is the process of two atoms being smashed together, causing them to FUSE, a process that we can NOT imitate which the sun uses to produce its awesome, seemingly unending source of solar energy. If fusion is ever achieved by mankind, it would provide a limitless source of energy. It would literally provide a minature sun that would never burn out by which we could power every city on earth.”
Ongelukkig is die meeste Christene salig onbewus daarvan dat Jesus en sy Bruid in ‘n proses is om te versmelt, derhalwe is hul ook onbewus van die oneindige vrystelling van krag wat hierdie proses meebring. Dit is die wese van die bediening van versoening (2 Kor. 5:14-21).
- Sela: Is jy deel van die bediening van versoening?
- Lees: 1 Kor. 7-9
- Ondersoek die OT-tipologie: 1 Kor. 7:4 (In die lig van dié lering, en Gen. 2:24)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: The days of His power.