“Dié wat hul deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.” (Rom 8:8, NAV)
Daar is volgens Rom 12:2 drie verskillende vlakke van God se wil: die goeie, die welgevallige en die volmaakte wil van God. Ons het in die vorige lering by die laaste een eerste stilgestaan. Joh 5:30 in die Amplified Bible vat dit in die woorde van Jesus vir my die raakste saam: “I am able to do nothing from Myself [independently, of My own accord–but only as I am taught by God and as I get His orders]. Even as I hear, I judge [I decide as I am bidden to decide. As the voice comes to Me, so I give a decision], and My judgment is right (just, righteous), because I do not seek or consult My own will [I have no desire to do what is pleasing to Myself, My own aim, My own purpose] but only the will and pleasure of the Father Who sent Me.”
Hierdie vlak van funksionering is dié van die “perfekte mens”. Die perfekte mens? Hier op die gevalle aarde die volmaakte mens? Ja, Mat 5:48 eis dit: “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” En Paulus sê in Fil 3:15: “Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees …”! En in Kol 4:12: “dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God”. Sjoe.
Volmaak? In God se oë bepaald, ja. Want “volmaak” hier beteken, volgens Thayer: “perfect brought to its end, finished … full grown, adult, of full age, mature”. En onmiddellik behoort jy te besef: die drie vlakke van God se wil korrespondeer met die drie dele van die tabernakel! In die Buitehof is daar net die goeie wil van God – die reën van God se goedheid wat oor die gelowiges en die ongelowiges val (Mat 5:45). Dit wat goed is, ontvang iedereen, gered of ongered, in elk geval uit God se hand (Jak 1:17).
In die Heilige, die tweede dimensie, manifesteer die welgevallige (“acceptable”) wil van God. Dit is “useful … agreeable” (Thayer). Hierbinne word jou wandel gekenmerk aan ‘n eb en vloei van goeie en slegte gebeurtenisse, afhangende van jou gehoorsaamheid.
Maar dis net in die Allerheiligste dat jy kan beweeg in die volmaakte wil van God – hier vind ons die volwasse man. Dis net dié een wat in gees en realiteit in die derde dimensie beweeg, van wie Heb 13:21 waar word: “(he is) perfect in every good work to do His will …”
- Sela: Gebruik Mark 3:35 om jou assosiate vir die pad vorentoe vas te maak. Tough een.
- Lees: Eks 27; Ps 77; Mark 3
- Memoriseer: Mark 3:35
- Vir dieper delf: Luister na Yvonne Dippenaar se cd-lering: Van skaapwagter tot koning.