“Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees
en gekners van die tande.”
(Mat. 8:12, OAV)
In die vorige Manna is bevind dat in die vuuroond van die Bruid word alle ongelowiges, maar ook eerste- en tweedimensiegelowiges, met vuur getoets. Mat. 13:50 sê dit sal gepaardgaan met ‘n geween en ‘n gekners van tande. In hierdie Manna wil ons dié betekenis van hierdie gewraakte begrip peil.
Ons moet deurgaans weet: as iemand waarlik by die kruis van Jesus uitgekom het, is hy/sy gered. [MAAR, dis tog nodig om te sê: Weliswaar is daar baie mense wat Jesus met blote lippediens bely, soos Mark. 7:6 dit uitspel: “Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” Die blote belydenis van geloof in Jesus sonder gepaardgaande werke wat dit demonstreer, dui op ‘n dooie geloof, soos Jak. 2:14 &18-20 dit klinkklaar stel – “Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?” Dood. Dit is dan veral, soos Henry Blackaby dit sê in Experiencing the Cross: as gevolg van “an inadequate grasp of the cross”.]
Selfs mense wat in die tweede dimensie loop, dus wedergebore is en geeswerkinge ervaar en beleef, staan die gevaar dat hulle Hom nie werklik ken nie – “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mat. 7:22-23). Die vermaning van Jesus in Luk. 13:23-28 is duidelik en hard: “Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.”
Let duidelik op: dis die “kinders van die koninkryk”, met ander woorde mense wat gered en wedergebore is, wat nie werklik deel is van die koninkryk nie. Die afleiding hieruit is duidelik – uiterlike lippediens en geestelike ervarings (soos doop met water, doping met die Heilige Gees, die funksionering van geestelike gawes) lei nie noodwendig, ipso facto, tot deelwees aan die koninkryk van God nie. DIT MAAK HULLE NIE ONGERED NIE, maar hul is duidelik nie deel van die Bruid van Christus wat saam met Hom sal regeer nie. Die “uitdrywing na buite” beteken dan bloot dat hul steeds sal funksioneer op aarde, maar nie saam met Jesus Christus regeer nie.
In hierdie lig is die wening en die gekners van tande dan ook duidelik. Uiteraard is dit trane van berou, soos dié van Esau wat sy verlossing (tipologies sy eersgeboortereg) prysgegee het. Heb. 12:17 (Ampl) sê van hom: “For you understand that later on, when he wanted [to regain title to] his inheritance of the blessing, he was rejected (disqualified and set aside), for he could find no opportunity to repair by repentance [what he had done, no chance to recall the choice he had made], although he sought for it carefully with [bitter] tears.”
Dwarsdeur die Ou Testsament word die uitdrukking “’n gekners van tande” gebruik om teenstanders se frustrasie, onderdrukte woede, ingehoue bitterheid en getemperde giftige teenreaksie te illustreer. Die konteks van Hand. 7:54 maak dit duidelik wat die kensketsing is van hierdie aksie – “En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.”
Elke “deelgenoot van die geveinsdes” (Mat. 24:51) sal in die poel van vuur/die Bruid as vuuroond gegooi word. In hierdie lig dan is die volgende Skrifte uit Openbaringe meer duidelik:
- “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.” (Open. 2:11)
- “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.” (Open. 20:6)
- “En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.” (Open. 20:14-15).
Esegiël (22:18-22) het dié funksie van die Bruid as vuuroond raak uitgespel: “Mensekind, die huis van Israel het vir My skuim geword; hulle is almal koper en tin en yster en lood binne die smeltoond; silwerskuim het hulle geword. Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak. Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in ‘n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen ‘n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ek julle bymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt. Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word. Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word …”
In sy The Law of Jubilee vat Stephen E. Jones dit wat gaan gebeur met hulle wat nié Bruid is nie, raak saam: “Lawless Christians will not lose their salvation ultimately. They will be ‘saved, yet so as through fire,’ as Paul says in 1 Corinthians 3:15. And, of course, if a man merely professes to be a believer but is not really a Christian at all—God judges the heart—then such a man will be thrown into the lake of fire for a longer and more extensive kind of purification. Those unbelievers, however, will finally be set free at the great Jubilee at the end of time, for we read in Leviticus 25:54, ‘Even if he is not redeemed by these means, he shall still go out in the year of Jubilee, he and his sons with him.’”
Met hierdie Manna het ons die reeks oor die transmutasie van vuur voltooi. In die daaropvolgende leringe gaan ons in detail kyk na sekere spesifieke dinge wat by die brandofferaltaar verreken moet word.
- Sela: Probeer die voorlaaste paragraaf in jou eie woorde omsit.
- Lees: 1-6
- Ondersoek die OT-tipologie: 1:21 (Wenk: Gen. 3:15; Psa. 8:6-8, Ps. 91:13).
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Bruid as vuuroond.