Take your everyday, ordinary life …
and place it before God as an offering. Embracing what God does for you
is the best thing you can do for Him.” (Rom. 12:1, Msg)
Ons is ‘n geruime tyd al besig met allerhande aspekte en voortvloeiende temas van die brandofferaltaar. Tot dusver was dit duidelik hoe elke ameublement van die tabernakel gelaai is met betekenis, “charged with meaning and stands to declare the plans and purposes of God” (Slemming: Made according to Pattern, p. 71).
Die Hebreeuse woordjie vir die brandofferaltaar is mizbeach, wat in wese slagpale (“slaughter place”) beteken. Die brandofferaltaar was dus ‘n plek van bloedige offers, want sonder bloed kon daar geen offer vir sonde gebied word nie (Heb. 9:22). Nadat Jesus vir eens en altyd die ewige bloedoffer geword het – “deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word” (Heb. 10:14) – was die fisiese bloedoffers nie meer nodig nie.
Maar elkeen wat by die kruis kom en dié bloedoffer van Jesus aanneem, engage noodwendig in ‘n proses van herstel en restorasie wat ‘n bepaalde offer vra. Die mooi Nuwe-Testmentiese pendant hiervan is die Skrif in Mat. 16:24 – “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” Om jou kruis op te neem, beteken tipologies dan om die koperaltaar vir jouself toe te eien, met ander woorde, jouself op die altaar te plaas. Geen wonder nie dat in Rom. 12:1 sê Paulus dat God dit vereis dat ons liggame (as aardse tempels) as offer aan God gebied moet word nie: “I appeal to you therefore, brethren, and beg of you in view of [all] the mercies of God, to make a decisive dedication of your bodies [presenting all your members and faculties] as a living sacrifice, holy (devoted, consecrated) and well pleasing to God, which is your reasonable (rational, intelligent) service and spiritual worship.” (Ampl).
Jesus keer terug na die aarde vir ‘n Bruid wat in elke opsig aan Hom gelyk sal wees (1 Joh. 3:2), “sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Efes. 5:27). As dít die wesentlike is van ons geestelike funksionering, “the logical ‘Temple worship’ for you” (CJB), is dit noodsaaklik dat alle aspekte van ons funksionering as gelowiges moet verander om die “goddelike natuur” (2 Pet. 1:4) te verkry. Hiroor sê John Wesley in sy Explanatory Notes on the Bible: “Ye may become partakers of the divine nature – Being renewed in the image of God, and having communion with them, so as to dwell in God and God in you.” Adam Clarke’s Commentary on the Bible som dit raak op: “The object of all God’s promises and dispensations was to bring fallen man back to the image of God, which he had lost. This, indeed, is the sum and substance of the religion of Christ. We have partaken of an earthly, sensual, and devilish nature; the design of God by Christ is to remove this, and to make us partakers of the Divine nature …”
In die Mannas wat volg, ondersoek ons die transformasieproses to die goddelike natuur.
- Sela: Is daar spesifieke aspekte van jou menslike natuur wat getransformeer moet word?
- Lees: 1-3
- Ondersoek die OT-tipologie: 3:21 (Wenk: Jes. 25:8, Jes. 26:19; Hos. 13:14).
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Stryd tussen vlees en gees in jou – die
worsteling vir ‘n Goddelike natuur.