“As dan die lig in jou donkerheid is,
hoe groot is die donkerheid nie!” (Mat. 6:23, OAV)
As wedergeborenes moet ons van ons dark nature ontslae raak, en “toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 3:18).
Ons donker natuur is so gekorrupteer en slu dat die natuurlike mens nie besef hoedat sy innerlike beweegredes en manier van dink “exceedingly perverse and corrupt and severely, mortally sick” (Jer. 17:9, Ampl) is nie. Ons weet Jesus het dié gevaarlike innerlike toestand van die mens in geen onduidelike terme nie in Mat. 15:19 (Ampl) uitgespel – “For out of the heart come evil thoughts (reasonings and disputings and designs) such as murder, adultery, sexual vice, theft, false witnessing, slander, and irreverent speech.” Maar ‘n eweneens skrikwekkende Skrif is Ps. 109:18 (NIV), wat die implikasies uitspel van presies die teenoorgestelde wetmatigheid óók geskied: hoe ons uiterlike handelinge ‘n innerlike donkerte veroorsaak.: “He wore cursing as his garment; it entered into his body like water, into his bones like oil.”
Die profeet Jeremia het miskien meer as enigeen anders in die Bybel die verraderlike hart van die gevalle mens as ‘n persoonlike las gedra. Kyk na die volgende versugtinge en desperate uitroepe oor die aard van die verbondsvolk se “innerlike mens” (Rom. 7:22) –
- “Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?” (Jer. 4:14)
- “Jou wandel en jou handel het jou dit aangedoen; dit is jou boosheid; ja, bitter is dit, ja, dit raak tot aan jou hart.” (Jer. 4:18); en
- “Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.” (Jer. 7:24)
In Jer. 17:9 word hierdie toestand besonder raak uitgespel: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” Jy besef dus die dilemma – “As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!” (Mat. 6:23).
Met verwysing na Ps. 109:18 hierbo sê Leanne Payne in haar boek Listening Prayer (p. 48) die volgende: “Just substitute cursing with any of the vices, especially any you are aware of in your own life. ‘He wore anger as a garment’ … or envy, lust, lying, hypocrisy, ambition, prode, hatred, bitterness, and so on. Whatever dark cloak we put on, its influence enters into us with dreadful octopus-like tentacles. Eventually we find our outer covering ‘reflecting’ a deep and dreadful inner reality. We are no longer merely afflicted with anger, lust, or whatever, – we have become that. We have become in our own bodies veritable temples of that particular vice.”
‘n Mens kan nou Rom. 12:1 (Ampl) se dringende aanspraak duideliker verstaan: “I APPEAL to you therefore, brethren, and beg of you in view of [all] the mercies of God, to make a decisive dedication of your bodies [presenting all your members and faculties] as a living sacrifice, holy (devoted, consecrated) and well pleasing to God, which is your reasonable (rational, intelligent) service and spiritual worship.”
- Sela: Is jy dapper genoeg dat die Heilige Gees hierdie oopdekking van jou innerlike mens begin?
- Lees: 3-4; 1 Thes. 1
- Ondersoek die OT-tipologie: 3:8-10 (Merk die sinchronisasie van die Gees! Wenk: Jes. 52:1)
- Delf dieper: Lees Leanne Payne se boek: Listening Prayer.