Dag 775

 

“Behold, thou desirest truth in the inward being;

therefore teach me wisdom in my secret heart.”

(Ps. 51:8, RSV)

Leanne Payne het in die vorige Manna gepraat van “a deep and dreadful inner reality” – hoe verander mens hierdie aaklige toestand? As Paulus in Rom. 13:14 sê: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie”, hoe vervang mens die “dark cloak” en hoe beklee jy jou prakties met Christus? Hy sê ‘n paar verse vroeër: “Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.” (vers 12). Wat bedoel Rom. 6:13 (Ampl) as dit sê: “yield yourselves to God”?

Kol. 1:13 (Ampl) lê ten grondslag van die totale proses: “[The Father] has delivered and drawn us to Himself out of the control and the dominion of darkness and has transferred us into the kingdom of the Son of His love …” Dit is dus absoluut moontlik om los te kan kom van die beheer en dominasie van die donker natuur, want God self het die veranderingsproses geïnisieer. Weliswaar is dit so dat “die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers” (Gen. 4:7). Daarom dat Heb. 12:4 dan sê: “Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.” Die proses om stelselmatig die donker natuur onderdanig te maak aan die wil van God is ‘n aktiewe meewerking aan jou verlossing. Onthou Fil. 2:12b-13: “werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae”.

Die eerste stap in hierdie proses is die funksie van die Heilige Gees in die restourasieproses. In Jesus se woorde: “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.” (Joh. 16:6-7). “Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste,” verklaar Spr. 20:27, en omdat jou gees gemeenskap het met die Heilige Gees (“God’s Spirit joins himself to our spirits” – Rom. 8:16, GNB), oortuig Hy jou op welke wyse jy jou merk mis.

Ten tweede: “For every wrongdoer hates (loathes, detests) the Light, and will not come out into the Light but shrinks from it, lest his works (his deeds, his activities, his conduct) be exposed and reproved. But he who practices truth [who does what is right] comes out into the Light; so that his works may be plainly shown to be what they are–wrought with God [divinely prompted, done with God’s help, in dependence upon Him].” (Joh. 3:20-21). Daarom word al  die dinge wat in die lig kom deur die lig bestraf (Efes. 5:13).

Derdens: jy probeer nie self beheer daaroor kry nie, “but … through the power of the [Holy] Spirit you … [habitually] put to death (making extinct, deadening) the [evil] deeds prompted by the body” (Rom. 8:13, Ampl).

Vierdens: pas Jak. 4:7 streng toe: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Hou aan daarmee totdat Satan sy houvas op jou vlees verloor.

 

  • Sela: Maak hierdie vier praktiese stappe deel van jou denkproses. Leer die Skrifte (1 Thes. 2:13).
  • Lees: 1 Thes. 2-4
  • Ondersoek die OT-tipologie: 1 Thes. 4:3 – kyk die sinchronisasie (Wenk: Ps. 40:8)
  • Delf dieper: Lees Charles Colson se boek: How shall we then live?