Dag 781

 

“om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer

en van die mag van die Satan tot God”

(Hand. 26:18, OAV)

 

Daar is miskien nie nog ‘n Skrif nie wat presies die omvang verduidelik wat by die kruis gebeur het in terme van die ontwapening van Satan soos Kol. 2:14-15, hier in die Amplified-vertaling: “Having cancelled and blotted out and wiped away the handwriting of the note (bond) with its legal decrees and demands which was in force and stood against us (hostile to us). This [note with its regulations, decrees, and demands] He set aside and cleared completely out of our way by nailing it to [His] cross. [God] disarmed the principalities and powers that were ranged against us and made a bold display and public example of them, in triumphing over them in Him and in it [the cross].”

Die Message se parafrase van hierdie verse is eweneens besonder beeldend: “Think of it! All sins forgiven, the slate wiped clean, that old arrest warrant canceled and nailed to Christ’s Cross. He stripped all the spiritual tyrants in the universe of their sham authority at the Cross and marched them naked through the streets.”

En dan begin die tydperk ná die kruis, en ‘n mens verwag ‘n totaal ander scenario op geestelike gebied, maar dit blyk nie veel te verander het nie. Satan is stééds die “god van hierdie wêreld” (2 Kor. 4:4; 1 Joh. 5:19)! Kyk na die volgende dramatiese voorbeelde waar Satan en demoniese geeste in gelowiges én ongelowiges werk:

  • “Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?”(Hand. 5:3)
  • “En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.” (Hand. 16:16-18).

 

Ook in die res van die Nuwe Testament is die werking van die Bose duidelik:

  • 2 Thes. 2:9 praat van “die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” ;
  • 2 Kor. 2:10-11 – “sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie”.
  • 2 Tim. 2:25 praat “van die strik van die duiwel”, “dat hulle deur hom gevang” word “om sy wil te doen”.
  • 6:12 praat van “die magte”, “die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu”, “die bose geeste in die lug”.

Maar Paulus se mandaat in Hand. 26:18 hierbo is bepaald ook alle gelowiges se mandaat. Sela.

  • Sela: Verstaan jy jou mandaat?
  • Lees: Filemon 1
  • Ondersoek die OT-tipologie: Filemon 1:14 (Wenk: Ps. 110:3)
  • Delf dieper: Lees Dutch Sheets se manjifieke boek: Intercessory prayer.