Dag 782

 

“En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.”

(Rom. 16:20, OAV)

Ons het verlede week se Manna afgesluit met die mandaat wat alle gelowiges gekry het in Hand. 26:18 – “om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God”. Derhalwe moet ons onsself afvra wat het die kruis en die bloed van Jesus meegebring ten opsigte van die demoniese realm?

1 Joh. 3:8b (NKJV) spel dit onteenseglik uit: “For this purpose the Son of God was manifested, that He might destroy the works of the devil.” Hoe gebeur dit prakties? Kom ons stip net die buitelyne van hierdie proses:

  • Die mens is dus complete partners met God in alle sake op aarde.
  • Ons weet reeds dat Hy nie die aarde beheer nie (1 Joh. 5:19), slegs deur die seuns van God (Rom. 8:14) gestalte gee aan Sy wil.
  • Hy doen niks as Hy dit nie eers aan sy profete bekendmaak nie (Luk. 1:70; 2 Pet. 1:21).
  • Omdat Hy liefde is en nie die mens (of selfs die ander geestelike wesens) se wil kan ignoreer nie, KIES Hy in lyn met sy karakteraard om nie te handel behalwe deur sy seuns op aarde nie.
  • Anders gestel: uit keuse kan God niks op aarde doen behalwe deur sy kinders nie. Besin asseblief hieroor.
  • Ons moet verstaan God is slegs die Koning in sy Koninkryk deur ons, die gelowiges, wat in die hemele in Christus aan die regterhand van God gesetel is en vandaar sy (God se) outoriteit uitoefen (Efes. 2:6). Dit is Sy keuse!
  • Dit was van die begin af met Adam God se keuse vir die mens – lees Gen 1:26-28, en Ps 8:3-8. Vers 6 sê: “U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel.”
  • Die woordjie in Hebreeus vir “heers” impliseer: “manager, steward, governor, mediator, go-between, representative”!
  • Lees hiermee saam dan Ps. 115:16, wat dit onomwonde stel: “The heaven … the Eternal holds himself, the earth He has assigned to men.”

 

Dutch Sheets, in sy boek Intercessory Prayer, stel dit besonder raak: “So complete and final was God’s decision to do things on earth through human beings that it cost God the Incarnation to regain what Adam gave away.” Hieruit vloei die volgende belofte: “En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.” (Rom 16:20). Dáárom het Hy volgens Luk 10:19 die  mag gegee om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal ons ooit skade doen nie. Jesus wag vir jou en my totdat sý vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete (Heb. 10:12-13).

 

  • Sela: Jy moet glo dat bostaande lering die waarheid is om daarin te kan
  • Lees: 1-3
  • Ondersoek die OT-tipologie: 1:2 (Wenk: Ps. 2:6-9)
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Huis wat Jesus wil kom bewoon