“those that divined by a ghost or a familiar spirit”
(1 Sam. 28:3, JPS)
Ons is besig om die veertien gespesifiseerde demoniese geeste wat die Bybel by die naam noem, te ondersoek en toe te lig. Die tweede gees is die gees van afgestorwenes, ook beter in Engels bekend as familiar spirits.
Hierdie onderwerp was deur die eeue baie kontroversieel. Met die rolprent The Sixth Sense het die slagspreuk: “I see dead people”, die kruks van hierdie saak verwoord. In populêre TV- en radioprogramme van John Edwards, James van Praagh en hier te lande, Mariëtta Theunissen, het dit ‘n enorme bedryf geword.
In Dag 602-605 van die Manna het ons in detail gekyk na wat presies gebeur met ‘n persoon tydens sy sterfte – verfris net gou jou geheue. Hou dit alles in gedagte dan – as die geredde mens sterf, gaan sy gees (wat hy deur wedergeboorte ontvang het) na God toe (Pred. 12:7); sy liggaam word stof (Gen. 3:19; Ps. 146:4); en sy sieldimensie gaan doderyk toe. Ps. 89:48 sê immers: “Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk?” Die antwoord hierop is: geen, dus: alle siele gaan doderyk toe.
‘n Baie belangrike geskiedenis waar dit oor hierdie gees handel, is in 1 Sam. 28. Die profeet Samuel het gesterwe en is begrawe. Die koning van dié tyd, Saul, het – vreemd genoeg – al die die “dodebesweerders” en die waarsêers uit die land verwyder. ‘n Dodebesweerder is volgens die Amplified “a medium [between the living and the dead]”. Die KJV en van die ander vertalings noem dit “those that had familiar spirits”. Die JPS-vertaling noem dit “those that divined by a ghost or a familiar spirit”. Die woord in die Hebreeus vir dié mediums is ôb, wat op verlei plekke in die Skrif gebruik word, waarvan Jes. 8:19 miskien die duidelikste is: “En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?” Hierdie woordjie ôb dui derhalwe op die “mumble, that is, a water skin (from its hollow sound)”, sê Strong. Maar baie interessant is dat die woordjie afgelei word van die basiswoord âb, wat “vader” beteken! Nou wie sou die vader in hierdie geval wees? Die duiwel, uiteraard! “You are of your father, the devil, and it is your will to practice the lusts and gratify the desires [which are characteristic] of your father. He was a murderer from the beginning and does not stand in the truth, because there is no truth in him. When he speaks a falsehood, he speaks what is natural to him, for he is a liar [himself] and the father of lies and of all that is false.” (Joh. 8:44, Ampl.) Die duiwel is nie net die vader van die Fariseërs; hy is ook vader van die demoniese geeste.
Hierdie is ‘n baie belangrike sleutel tot die hantering van wat vry algemeen menslike geeste (of dan in volkstaal spoke) genoem word. Dit is duidelik dat dit kan nooit menslike geeste wees nie, maar dit is demone wat hul voordoen as ‘n afgestorwe persoon. Dis deel van die duiwel se leuengestalte. Daarom verklaar Brown-Driver-Brigg’s Hebrew Definitions dit eweneens as “ventriloquist, as from a jar”, of dan in Afrikaans: buikspreek!
In die Bybelse Ensiklopedie (red. F.W. Grosheide) noem hul die sterk moontlikheid dat die woordjie bes moontlik afgelei is van die Assiriese woord aboeboe, wat dui op “bose gees”! Dit staaf myns insiens die saak ten volle.
Eintlik is dit baie logies – enige wedergebore mens wat sterf se gees gaan na God toe (Pred. 12:7) en dus kan hulle nie dwaal of spook nie. Ongelowiges, daarenteen, het nié ‘n geesdimensie nie, en kan dan ook nie dwaal of spook nie. Dit is derhalwe nie Bybels verifieerbaar dat mense wat traumaties gesterf het (gered of ongered) nié rus nie en na die doderyk gestuur moet word nie, iets wat ek self jare lank geglo het.
Toe Jesus in die vierde nagwaak al wandelende op die see na die dissipels in die skuit gestap kom, sê Mat. 14:26: “En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.” Die woordjie wat hier vir “spook” gebruik word, gee nie legitimiteit aan die wese nie, soos die Grieks dit dan ook uitspel as phantasma (“a mere show, a performance” – Strong, of soos Thayer dit noem: “an appearance”, wat afgelei is van ‘n woord wat “to cause to appear” beteken, of beter: “passively to appear”).
Terug by die verhaal van Saul en die medium. Ten spyte daarvan dat Saul al die dodebesweerders en okkultiese tussengangers uit Israel geban het, gaan soek hy na een wat vir hom ‘Samuel uit die dood kan opwek’. Dit moet baie vreemd voorkom dat Saul al dié priesters van die koninkryk van die duisternis verban, en dan bykans in dieselfde asem iemand gaan soek wat die aksie vir hom kan verrig. Veral in die lig van Lev. 20:27 is dit vreemd, want hierdie wet het eksplisiet gesê: “En as daar in ‘n man of vrou ‘n gees van ‘n afgestorwene is of ‘n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.” As koning moes Saul toegesien het dat dit gebeur, maar hy het helaas voorsorg getref om die “evil cravings” van sy demoniese natuur (Rom. 13:14) gestalte te laat kry.
Ironies genoeg was hierdie vrou aan Saul se dienaars bekend (vers 7), wat daarop dui dat die hele korporatief van Saul se geestelike weermag alreeds deur hom gekorrupteer is. Eweneens ironies herinner die vrou ook aan die vermomde Saul wat haar in die nag besoek van sy eie dekreet oor dodebesweerders (vers 9), waarvan hy haar dan maklik kwytskeld (vers 10), nogal deur die Ewige God as getuie te neem!
Saul vra die medium om Samuel vir hom op te roep (vers 11), maar dan gebeur daar ‘n vreemde verskynsel. Vers 12 begin deur te sê: “Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self.”
Die verteller of spreker (hier is dit nié Samuel nie, maar ‘n alwetende verteller wat die geskiedenis objektief probeer weergee – sien HL Bosman & JA Loader, reds. Vertellers van die Ou Testament) gee dan weer wat die waarsêer dan ‘sien’, en word die “bonatuurlike wese (wat) uit die aarde opkom” (vers 13) met Samuel gelyk gestel, maar dis GEEN bewys dat dit wel Samuel is nie. Die rede hiervoor is voor die hand liggend – Samuel die geloofsheld (Heb. 11:32), een van twee Ou-Testamentiese getuies wat by die naam uitgesonder word (Jer. 15:1; sien ook Ps. 99:6), sal nie goedsmoes deur ‘n demonies-gedrewe onheilige uitgeroep word uit die doderyk nie! Dis bloot verregaande om te dink dat ‘n heks van Endor enigsins soveel outoriteit het oor ‘n Godsman wat onder Yahwe se jurisdiksie staan. Daarbenewens klassifiseer Mat. 22:32 onteenseglik Samuel as ‘n lewende (en nie ‘n dooie nie!) – “Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.”
Die heks van Endor is gevra om Samuel op te roep, en as die onderaardse wese opkom (ook vreemd – die weg van die regverdige is na bowe, sê Spr. 15:24, nie andersom nie!), maak sy onmiddellik die gelykstelling dat dit Samuel is. Omdat dit in haar en Saul se ko voorop is (onthou – Saul kan hom nie sien nie, daarom vra hy die séanceleier in vers 14: “Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: ‘n Ou man kom op met ‘n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy met sy aangesig na die aarde toe en val neer.” Die Engelse vertalings noem dit oorwegend: “Saul perceived”, dus het hy op grond van haar beskrywings die mentale sprong gemaak dat dit Samuel is.
In vers 15 antwoord hierdie demoniese gees wat deur die heks van Endor buikspreek vir die impersonasie van Samuel: “Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom?” Hierop volg ‘n kort gesprek waarin Saul sy predikament verduidelik aan die sogenaamde Samuel: “En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.”
‘Samuel’ antwoord hom met die volgende: “En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het? Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee. Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen.” (verse 16-18). Hierdie is nie nuwe inligting nie, maar alreeds bekend in die demoniese realm. Daarom sal die Bose – wat die heks ‘n sekere profiel laat sien – aan Samuel duidelik “’n mantel” laat spesifiseer (vers 14: ’n ou man … met ‘n mantel om”).
In 1 Sam. 15:27-29 word vertel van Samuel se mantel wat afgeskeur het, en watter rol dit gespeel het in Saul se aksie toe hy die slip van Saul se mantel afgeskeur het: “Toe Samuel hom omdraai om weg te gaan, gryp hy die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur. En Samuel sê vir hom: Vandag het die HERE die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy. En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.”
Maar die gees van die afgestorwene, weet ons uit die Bybelse voorbeelde, is ook ‘n waarsêergees, en kan toekomsgebeure korrek weergee, en dit is dan wat in vers 19 uitgespel word – die dood van Saul en sy seuns – word die logiese uitvloeisel van ‘n demoniese voorbode: “En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee.”
Hierin lê die grootste sleutel dat hierdie wel ‘n demoniese besoek was – as ‘Samuel’ dan vir Saul sê: “en môre sal jy met jou seuns by my wees”. Gaan lees weer die gedeelte van Dag 578-580 oor die doderyk en wie soontoe gaan, en hoe die “paradys” of “boesem van Abraham” daarmee ooreenstem (albei deel van die doderyk, maar ‘n ander staat van rus), MAAR OOK VERSKIL. Daar is geen kans dat Samuel (wat sy skeppingsdoel vervul het) en Saul (wat sy skeppingsdoel verloor het) dieselfde erfenis in die dood het nie! Dus KAN dit nie Samuel wees wat spreek nie, maar soos Open. 16:14 dit noem:bepaald die “geeste van duiwels”.
Bybel-teoretici wat ‘n saak wil uitmaak dat Saul wel die ware gees van Samuel opgeroep het, gebruik dikwels 1 Sam. 15:35 om aan te voer dat dit hier inderdaad verwys na die oproep van Samuel: “En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie…” Maar streng gesproke is dit nie waar nie, want ons lees ‘n paar hoofstukke verder in 1 Sam. 19:22-24 dat hulle mekaar wel gesien het. Die gebruik van die woordjie “nie meer gesien nie”, dui nie noodwendig net op die aksie van om met die oë te ontmoet nie, maar kan in Hebreeus (volgens Strong) ook beteken: “consider”, “respect”, en dan veral “approveth”!
‘n Voorlaaste aspek wat uit hierdie narratief gehaal kan word as duidelike en streng Bybelse riglyn vir die kommunikasie van/met dooies, is dat die heks van Endor vir Saul ‘n laaste maaltyd hou. Dit is van die allergrootste belang dat ‘n mens onthou dat Samuel se salwing as koning ook deur ‘n rituele maaltyd vasgelê is (1 Sam. 9:22-24 – 2 Sam. 1:1). Ons in die Nuwe Testament word vermaan in 1 Kor. 5:11 dat ons nie met ‘n afgodedienaar of wederstrewige moet geestelike gemeenskap hê nie, “met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie”. Tydens hierdie laaste maaltyd van Saul word sy lot verseël en erf hy die dood deur die “nagmaal” met die koninkryk van die duisternis te deel (1 Kor. 11:30).
Die laaste aspek: Endor beteken: fountain of dwelling. of dan fountain of the generation/age. Gedagtig dat die heks juis instrumenteel was in Saul se verlies van sy skeppingsdoel (= fontein), wys dit ook korporatief hoe hierdie familliêre gees uiteindelik jou hoë roeping in Christus kanselleer en tot niet maak.
- Sela: Het jy dalk dié gees? Hanteer dit.
- Lees: 10-13; Jak. 1-5
- Ondersoek die OT-tipologie: Hoe het Heb.12:23 gestalte gekry in dié lering?
- Delf dieper: Lees Tron Rhodes se boek: The Truth Behind Ghosts, Mediums, and Psychic
Phenomena