Dag 80

 

 

“die beslissing van die kinders van Israel (moet) gedurigdeur op (die) hart (ge)dra (word) voor die aangesig van die HERE” (Eks 28:30, OAV)

In die tema van die toonbrode in die tabernakel waarmee ons besig is, het ons gewys dat dit ook ‘n heenwysing is na die wil van God. Dit skakel ten nouste met ‘n deel van die priesterskleed, wat in vroeëre lering al gedeeltelik bespreek is, naamlik die Urim en Tummim (U&T). Hierdie “instrumente” was volgens Eks 28:30 deel van die “borstas van beslissing”, wat bestaan het uit ‘n kissie waarin die twaalf stamme van Israel elk deur ‘n bepaalde (half)edelgesteente gesimboliseer is. Min detailinligting word oor hierdie instrument gegee, maar ons lees dat die U&T “binne” die borsplaat moes wees, en dus kan aangeneem word dit was onder die twaalf stene. Die U&T was twee steentjies wat is gebruik om die wil van God te onderskei. Wanneer die hoëpriester sekere vrae aan God gevra het, was daar ‘n bonatuurlike refleksie van lig vanuit die U&T. In Hebreeus beteken Urim dan ook “all light and revelation and truth”. Tummim beteken: “all excellence, completion, and perfection”. Samevattend dus: “full light as to amount and perfect as to kind, i.e., complete illumination” (James Strong).

Hoe dit presies fisies gewerk het, weet ons nie, maar in 1 Sam 14:41 word die gebruik daarvan soos volg verduidelik: “Then Saul prayed to GOD, ‘O God of Israel, why haven’t you answered me today? Show me the truth. If the sin is in me or Jonathan, then, O GOD, give the sign Urim. But if the sin is in the army of Israel, give the sign Thummim.’ The Urim sign turned up and pointed to Saul and Jonathan. That cleared the army.” (As gevolg van verskillende grondtekste wat gebruik is in verskillende vertalings, sal hierdie detail bv nie in die OAV of die KJV wees nie.)

Baie gelowiges sou so ‘n Ja/Nee-hulpmiddel baie goed kon gebruik! Dit bring ‘n ander soortgelyke hulpmiddel na vore wat gewone gelowiges dikwles gebruik om die wil van God te bepaal. Na aanleiding van Gideon se ervaring, noem ek dit sommer die Gooi ‘n velletjie uit-toets. (Gaan lees die hele verhaal in Rigt 6:36-40). Dit behels dat jy vir God ‘n fisiese teken vra en as dit gebeur of nie gebeur nie, neem jy aan dit is die wil van God. 

Die U&T en die velletjie is beide Ou-Testamentiese hulpmiddele gewees en is in die Nuwe Testament “volmaak” gemaak deur die Heilige Gees. Hy alleen sal jou in alle Waarheid lei (Joh 16:13). Jesus, weet ons, is die Waarheid. Die begrip U&T begin in Hebreeus met die eerste Hebreeuse letter alef en eindig met die laaste Hebreeuse letter: ta – dis HY. Die Gees van Christus, naby jou hart, laat die shekinah glory  IN jou illumineer wat die Waarheid van sy Wil is. Moet nie die Heilige Gees uitblus (1 Thes 5:19) deur allerhande eksterne hulpmiddels nie – ‘n owerspelige geslag soek na ‘n teken (Mat 12:39; Luk 17:20; Joh 4:48). Die Skrif in Joh 6:26 is waar van ‘n gelowige in die derde dimensie: “Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.” 

  • Sela: Bid Deut 30:14 deur en maak dit ‘n praktyk in jou lewe.
  • Lees: Eks 30; Ps 80; Mark 6
  • Memoriseer:  Mark 6:52
  • Vir dieper delf: Lees Coelho se The Alchemist en sien hoe die U&T okkulties gebruik word.