Dag 806-808

 

“Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars

neergegooi, en dit het ‘n slang geword.”

(Eks. 7:10, OAV)

Ons is tans besig met die gees van waarsêery, ook in Engels genoem the spirit of divination of the spirit of the python. Laat ons net vir ‘n oomblik stilstaan by die feit dat die gees as ‘n slang voorgehou word. Net soos die kundalini nie werklik ‘n opgerolde slang in jou laerug is nie, so is hierdie “ou slang wat genoem word duiwel en Satan” (Open. 12:9) nie werklik ‘n slang nie. Met ander woorde dit is so logies: elke slang wat jy fisies sien, is uiteraard nie die duiwel nie. Hoogstens het Satan gemanifesteer in die slang as “more subtle and crafty than any living creature of the field” (Gen. 3:1, AB).

Cirlot se A Dictionary of Symbols gee ‘n uitstekende kensketsing van die simboliese aard van die slang: “If all symbols are really functions and signs of things imbued with energy, then the serpent or snake is, by analogy, symbolic of energy itself—of force pure and simple; hence its ambivalence and multivalencies. Another reason for its great variety of symbolic meaning derives from the consideration that these meanings may relate either to the serpent as a whole or to any of its major characteristics—for example, to its sinuous movements, its common association with the tree and its formal analogy with the roots and branches of the tree, the way it sheds its skin, its threatening tongue, the undulating pattern of its body, its hiss, its resemblance to a ligament, its method of attacking its victims by coiling itself round them, and so on.”

Die slang is dus die simboliese energie wat die wesensaard van Bose infiltrasie voorstel. In hierdie lig is dit dan duidelik hoe hierdie demoniese geesenergie werksaam is in verskeie soorte waarsêery. Die onderliggende oortuiging ten grondslag van waarsêery is dat alles in die heelal op een of ander manier aan mekaar gekoppel is. Omdat alles verbind is, kan ‘n gebeurtenis op een gebied ook inligting verskaf oor wat op ‘n ander gebied gebeur. Volgens die oortuiging is die waarheid oor ‘n situasie verteenwoordigend op alle vlakke van waarneming. ‘n Makrovlak- gebeurtenis kan derhalwe insig verleen op ‘n mikrovlak, en omgekeerd. Waarsêery steun dus sterk op die okkultistiese beginsel van: “soos bo, so ook onder”, wat basies beteken dat ‘n makrovlak- en mikrovlaksituasie ekwivalent is.

Aäron se aksie hierbo in die masskrif is duidelik ‘n ontmaskering van die Baalprofete se divinasie en ‘n ontmaskering van “die ou slang” wat in al dié aksies die geestelike energie is wat die voorspellings rig. Uiteraard om sy eie agenda te bevorder.

Daar is ‘n magdom van hierdie tipe divinasie waarin die slangenergie werksaam is, te veel om op te noem en te bespreek. Ons gaan wel die belangrikstes lys en ‘n kort omskrywing van elk gee:

  • AEROMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van die lug en die hemelruim, veral deur gebruik te maak van wolkvorme, komete en ander sigbaarhede in die lug
  • AKSIOMANSIE: waarsêery deur observasies van hoe ‘n byl of mes tril as dit in ‘n voorwerp ingegooi word
  • ALEKTROMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van ‘n voël wat willekeurig saad van enige aard wat in ‘n sirkel van letters op die grond gerangskik is, oppik
  • ALEUROMANSIE: waarsêery deur van Chinese “fortune cookies” gebruik te maak
  • ALOMANSIE: waarsêery deur sout te gebruik
  • ANTROPOMANSIE: waarsêery deur mense as offers te gebruik
  • APANTOMANSIE: waarsêery waarin die verskyning van sekere diere (bv. ‘n swart kat, of ‘n arend, of ‘n slang) as tekens gesien word
  • ASTRAGLOMANSIE/ASTRAGIROMANSIE: waarsêery met dobbelsteentjies waarop letters en getalle voorkom
  • ASTROLOGIE: waarsêery deur gebruik te maak van hemelliggame soos die son, maan, planete en sterre
  • AUSTROMANSIE: waarsêery deur die waai van winde
  • BELOMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van pyle
  • BIBLIOMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van boeke
  • DOLOSSE GOOI, sien KLEROMANSIE
  • GENETLIALOGIE: waarsêery deur die stand van sterre met ‘n geboorte te gebruik
  • GEOMANSIE: waarsêery deur die elektriese strome van die aarde
  • GIROMANSIE: waarsêery deur ‘n persoon in ‘n kring gemerk met letters te laat loop totdat hy/sy dronk word en oor sekere letters val, wat dan ‘n profesie uitspel
  • HARUSPIKASIE: waarsêery deur die ingewande van diere te bestudeer
  • HELDERSIENDHEID: waarsêery deur sogenaamde ‘ekstrasensoriese persepsie’ – aanvoeling van dinge, die sogenaamde sesde sintuig, vooruitskouings van toekomende gebeure, met die helm gebore wees, voorbodes, ens.
  • HIDROMANSIE: waarsêery deur water, veral deur te let op die kleur, eb en vloei, of rippels wanneer ‘n objek in die water gegooi word
  • HIPPOMANSIE: waarsêery deur die hoefgeklap en geproes van perde.
  • IGTOMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van vis
  • KAPNOMANSIE: waarsêery deur rook te bestudeer wat uit ‘n vuurtjie dwarrel/opstyg
  • KARTOMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van speel- of Tarotkaarte
  • KEFALOMANSIE: waarsêery deur die skedel/kop van ‘n donkie of ‘n bok te gebruik
  • KERAUNOSKOPIE: waarsêery deur voorbodes te sien in weerlig en donderweer
  • KEROSKOPIE/KEROMANSIE: waarsêery deur gesmelte was in yswater te gooi
  • KIROMANSIE/PALMLEES: waarsêery deur die lyne op ‘n persoon se hande te interpreteer
  • KLEROMANSIE: waarsêery deur die lot te werp, veral deur objekte soos klippe, skulpe of bene/dolosse te gooi en dit te interpreteer
  • KLIDOMANSIE/KLEIDOMANSIE: waarsêery deur ‘n ring aan ‘n garingdraad vas te maak en te laat draai en daardeur byvoorbeeld huweliksmaats aan te wys, of die geslag van ‘n kind te bepaal
  • KRISTALLOMANSIE: waarsêery deur kristalle
  • LAMPADOMANSIE: waarsêery deur van ligte, flitse, lanterns of kerse gebruik te maak
  • LIBANOMANSIE: waarsêery deur die rookwalms van wierook te interpreteer
  • LITOMANSIE: waarsêery deur kosbare edelgesteentes of halfedelgesteentes van verskeie kleure te gebruik
  • MARGARITOMANSIE: waarsêery deur die hopkwaliteit van pêrels te interpreteer
  • METAGNOMIE: waarsêery deur visies tydens ‘n trans
  • METEOROMANSIE: waarsêery deur meteore
  • MIOMANSIE: waarsêery deur die gedrag van muise en rotte profeties te lees
  • MOLEOSOFIE: waarsêery deur die studie van molle as aanduiders van ‘n persoon se karakter en toekomsprojeksies
  • MOLIBDOMANSIE: waarsêery deur die mistieke interferensies wat verkry word deur die sisgeluid van gesmelte lood
  • OFIOMANSIE: waarsêery deur slange
  • OINOMANSIE: waarsêery deur die gebruik van wyn
  • OKKULOMANSIE: waarsêery deur ‘n persoon se oë te bestudeer (nié iridologie nie)
  • ONEIROMANSIE: waarsêery deur die interpretasie van drome (dus alle drome, en nie net geestelike drome nie).
  • ONIKOMANSIE: waarsêery deur die gebruik van vinger- of toonnaels
  • ONOMANSIE: waarsêery deur die okkultiese interpretasie van name
  • OVOMANSIE: waarsêery deur eiers, insluitende die basilisk-eier
  • ORINITOMANSIE: waarsêery deur voorbodes geassosieer met voëls in vlug
  • PEGOMANSIE: waarsêery deur voorbodes te interpreteer van die borreling van water uit fonteine
  • PHILLORHODOMANSIE: waarsêery deur voorbodes te assosieer met die hardheid van die geluid van ‘n roosblaar wat op een hand geplaas word en met die ander hand geslaan word
  • PIROMANSIE/PIROSKOPIE: waarsêery deur vlam of vuur, veral deur verskillende voorwerpe in die vuur te gooi
  • PSIGOGRAFIE/OUTOMATIESE SKRYF: waarsêery deur ‘n onwillikeurige skryfaksie
  • RADIESTESIA: waarsêery deur “table tipping” (druk beoefen byvoorbeeld in die Withuis in die 19de eeu) en die Ouija-bord (glasie-glasie)
  • RAPSODOMANSIE: waarsêery deur ‘n bundel poësie waar die boek willekeurig net oopgemaak word en daaruit gelees word
  • ‘SCRYING’: waarsêery deur gebruik te maak van spieëls, waterpanne, ink, ens. om visies te induseer
  • SIDEROMANSIE: waarsêery deur die brand van strooitjies met ‘n warm yster, met die gevolg dat die verskroeide figuurtjies geestelike kwaliteite het
  • SIKLOMANSIE: waarsêery deur ‘n wiel te draai
  • SKIOMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van ‘n geesgids (“spirit guide”)
  • STIGOMANSIE: waarsêery deur ‘n Bybel of enige ander boek net willekeurig oop te maak en ‘n passasie te kies en dit dan as Goddelike toeval te aanvaar
  • STOLISOMANSIE: waarsêery deur voorbodes te sien in wat mense aantrek
  • TASSEOGRAFIE: waarsêery deur teeblare te lees in ‘n koppie
  • TIROMANSIE: waarsêery deur gebruik te maak van kaas
  • VOORBODES: sien HELDERSIENDHEID
  • WATERWYS: waarsêery deur ‘n stukkie sagte draad of mik van ‘n boomtakkie te gebruik om water of minerale onder die grond aan te wys

 

Die gekkighede van die meeste van hierdie waarsêery (hul indrukwekkende wetenskaplike name ten spyt) spreek vanself; tog is daar verskeie wat deel is van ons tradisie en volksgebruike. Onwetend maak ons daardeur ‘n deur oop vir die gees van waarsêery. Voor ons kan sê: ritueel, word die staf in ons hand ‘n slang, en plant die demoniese energie voort in ons.

 

  • Sela:  Bely voor die Here enige betrokkenheid aan hierdie aktiwiteite.
  • LeesJob 1-13
  • Memoriseer: Job 1:21
  • Delf dieper: Lees Doreen Irvine se boek: From Witchcraft to Christ