“en daar kom ‘n gees van jaloersheid oor hom”
(Num. 5:14, OAV)
Jaloersheid (“jealousy”) en naywer (“envy”) word dikwels as ‘n natuurlike menslike emosie gesien, en sielkundiges verklaar dit meermale as ‘n wyse om die eie te beskerm en te verruim. Maar as Spr. 6:34 jaloersheid noem “‘n toorngloed in ‘n man”, en die NJB vertaal dit as “jealousy inflames”, sê dit veel van hierdie destruktiewe hartsingesteldheid. Thomas Moore is reg in sy boek Care of the Soul: “Envy eats away at the heart.”
Die oop deur van hierdie gees is dikwels ‘n ingesteldheid van vergelyking met andere, ‘n sterk kompetisie-ingesteldheid, verontregting, minderwaardigheid, alles aspekte wat Gal 5:19-20 die vrugte van die vlees noem: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge … “. Die ontstellende is vers 21 wat eksplisiet stel: “waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie”.
Om nie die koninkryk van God te kan beërwe nie, beteken nie jy is nié gered en wedergebore nie. Uit die welbekende tabernakeltipologie behoort jy nou al te weet dat jy die eerste dimensie betree deur jou redding, en die tweede dimensie deur wedergeboorte. Die tweede dimensie is die begin van die gelowige se geloofswandel “in die koninkryk van God” (Joh. 3:3 & 5). Let wel mooi op, jy gaan die koninkryk in, maar die Skrif in Gal. 5:21 sê dat as dié werke van die vlees in jou lewe teenwoordig is, sal jy nie die koninkryk van God beërwe nie. Dit beteken prakties dat jy wel wedergebore kan wees, maar (soos dié deel van gelowiges wat nooit verder as die eerste dimensie gekom het nie), sal jy nié heers saam met Jesus as Hy terugkeer aarde toe nie. By wyse van spreke is jaloersheid een van die vlekke van vleeslikheid op jou verlossingskleed (Efes. 5:27; Rom. 1:29).
Daar is selfs gelowiges wat in die derde dimensie funksioneer en dit predik, wat ook nié die koninkryk sal beërwe nie – Fil. 1:15-16 (RV): “Some indeed preach Christ even of envy and strife …” Kennis van die derde dimensie bied jou nie toegang daartoe nie, maar net die goddelike natuur (2 Pet. 1:4). Sela.
Om hierdie rede is dit ‘n baie belangrike saak dat jy die werkinge van die gees van jaloesie in jou moet raaksien en die gees daaragter sonder meer moet hanteer. In Rom. 13:12-13 waarsku Paulus spesifiek dat “twis en nydigheid” deel is van die “werke van die duisternis” wat ons moet aflê. En in 1 Kor. 3:3 koppel hy dit spesifiek aan die vleeslike natuur (wat staan teenoor die goddelike natuur): “omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?”
As Paulus dan skryf aan die gemeente van Korinthe wat hy lank laas gesien het, spreek hy sy bekommernis uit oor die werkinge van hierdie gees in hulle midde: “ Want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal vind soos ek wens nie … dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid …” (2 Kor. 12:20).
Maar waar sou die oorsprong wees van jaloesie? In die apokriewe Ou-Testamentiese boek Wysheid 2:24 word dit onteenseglik duidelik uitgespel: “Nevertheless through envy of the devil came death into the world: and they that do hold of his side do find it.” (KJVA). Waar daar jaloesie, afguns en naywer is, is dit volgens Jak. 3:14-16 die sekerste teken dat jy nié deel het aan Christus nie (want, onthou 1 Kor. 1:24 – Christus IS die wysheid van God): “Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.”
Nie vreemd nie dat Jakobus afguns eien as die siamese tweelingsussie van selfsug. Ten diepste is die jaloerse persoon uiters selfsugtig en uit ‘n sielkundige oogpunt narcisties (‘n toestand wat ons later in baie groot detail sal behandel). Alle jaloesie, naywer en afguns is omdat die ek voel hy/sy is iets (ten regte of ten onregte) ontneem. En bykans altyd lei dit na dit wat die Amplified so netjies uitwys: “For wherever there is jealousy (envy) and contention (rivalry and selfish ambition), there will also be confusion (unrest, disharmony, rebellion) and all sorts of evil and vile practices.” Sien hoe word die geestelike deur oopgemaak dat méér as net die gees van jaloesie jou lewe kan beheer. Duidelik is Wisdom 2:24 (RSV) reg: “envy does not associate with wisdom”. Sela.
Vir my is Ps. 106:13-16 die kruks om die probleem van jaloesie en naywer na regte te verstaan en in jou lewe te hanteer. Dié Psalm verwys terug na die slegte geskiedenis in Num. 16 toe Korag en sy “bende” jaloers was op Moses, sy leierskaprol en die guns wat God hom gegee het. Onthou jy Korag se rebelse reaksie teen Moses in vers 13: “Is dit nie genoeg dat jy ons uit ‘n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?” Ons het vroeër in Manna 191-210 uitvoerig op hierdie rebellie en die gevolge ingegaan, maar toe belowe ons sal later by die wortel daarvan uitkom. En die wortel van hierdie ongeregtigheid is onteenseglik jaloesie.
Ps. 106:13-16 bied egter ‘n baie belangrike perspektief op dié nare gebeurtenis: “Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie. En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel ‘n maerte gestuur. En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE.” Kyk mooi wat is die bose ondergrond hier – hoekom was hulle afgunstig?
- “hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie”. Die Amplified vertaal dit meer omskrywend: “But they hastily forgot His works; they did not [earnestly] wait for His plans [to develop] regarding them …” Jaloerse mense stap nie in God se ontvouende openbaring oor hul lewe nie. Sela. Hulle glo nie dat hulle huidige omstandighede is die wil van God vir hulle nie, en sal derhalwe nie “in alle omstandighede” bly wees en God dank nie (1 Thes. 5:18). Daarom kan God se volmaakte wil (Rom. 12:2) nie in hul lewe geskied nie. Dáárom sal hul heeltyd naywerig wees oor die seëninge wat ander ontvang het.
- “En hulle het baie begerig geword in die woestyn …” Hulle “lusted exceedingly”, noem die meeste vertalings dit pront; ander vertaal dit as “they greedily lusted” (LITV), “they were overwhelmed with greed” (NJB), “their desires ran wild” (NLT). As jy buite God se plan en wil vir jou lewe beweeg, wek dit die ongebreidelde passies en begeertes van die natuurlike mens op. Hiermee word ‘n ander gees, die gees van naakte lus (nie net seksueel nie, maar ten opsigte van alle “craving appetites”, soos wat Stephen Arterburn dit noem in sy boek Feeding your appetites). Dit word ‘n saak van dwingendheid, werklik ‘n sneeubaleffek, om dit wat God bedoel het vir jou plesier en genieting die grootste vyand van ‘n normale, gelukkige lewe word: geld, seks, kos, werk, ens.
- “en God versoek in die wildernis”. NLT noem dit “testing God’s patience”; die RSV: “put God to the test”; die MSG: “provoked God with their insistent demands”; die NJB: “they challenged God”. Die Amplified stel dit die vreesaanjaendste: “ (they) tried to restrain God [with their insistent desires]”. Dán skop Jak. 4:2-3 in, en lei ipso facto tot die volgende logiese gevolgtekking: “Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.” [Die moord-pleeg hier is nie fisies die lewe van iemand anders neem nie, maar ‘n direkte verwysing na die woorde van Jesus in Mat. 5:12 – “elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is” is “’n moordenaar”.]
- “Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het …” Die volgende noodwendige stappie in hierdie proses is dat die mens kry wat hy in sy dwaasheid gevra het – nie noodwendig die konkrete dinge nie, “maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister” (Rom. 1:21), en dan: “Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid …” (v 24), en ook: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte …” (v. 26). Hulle word verswelg deur hul eie sondige begeertes.
- “… maar in hulle siel ‘n maerte gestuur”. Die LITV noem dit: “God sent wasting into their soul”. ‘n Totale onvervuldheid in die hart; die wil, intellek en emosies ( = siel) nie verruim deur “die lewe van Christus in ons” (2 Kor. 4:10) nie, maar ingeneem deur ‘n “maerte”, d.w.s. ontneem van die vettigheid, die salwing van Christus. The Treasury of Scriptural Knowledge voeg hierdie volgende perspektief by: “They despised the manna, calling it light or innutritive food. God gave them flesh as they desired, but no blessing accompanied it; and, in consequence, they did not fatten, but grew lean upon it; and many, surfeited by excess, died of disease. Instead of razon, ‘leanness,’ however, Lowth supposes we should read zeraon, ‘nausea or loathing,’” Benewens die feit dat hierdie toestand die persoon oopstel vir ‘n gees van krankheid en siekte, word hy oorgegee aan die sonde, en die “die loon van die sonde is die dood” (Rom. 6:23). Dit beteken boonop ook dat dié persoon aan homself walg.
- En dan lei dit alles na hierdie klimaks toe: “En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE.” Let nou baie mooi op: die afguns is die gevolg van hierdie bepaalde afwaartse spiraal van geestelikheid na verswelgende vleeslikheid. As jy dus afgunstig, of jaloers is, of naywerig, is alles van punte 1 tot 5 hierbo rééds van jou waar, bes moontlik so subtiel en onopsigtelik, maar soos ‘n skaduwee dáár. Skrik groot.
Kom ons kyk net dan ook ter afsluiting wat die negatiewe gevolge is wat uit jaloesie en naywer voortspruit, dus die vrug van die wortel jaloesie:
- Jaloersheid bring hopeloosheid en depressie mee. Moet nooit afgunstig wees op ongelowiges se voorspoed nie (Spr. 23:17-18)
- Jaloesie maak jou gemeen en wreed (Hoogl. 8:6)
- Jaloesie is meer skadelik as woede of wraakgevoelens (Spr. 27:4)\
- Jaloesie bring kragteloosheid mee, want dit roof jou vreugde (Neh. 8:10).
- Vleeslikheid is ‘n manier van dink wat die Woord van God teenstaan.
- Jaloesie veroorsaak bitterheid, en die gevolge daarvan is enorm, want dit laat jou in die genade veragter (Heb. 12:15) – baie meer as jy word hierdeur besoedel.
- Jaloesie bring verwarring (Jak. 3:16).
Paulus se praktiese wysheid in Fil. 4:11-13 is die sleutel in die hantering van die invloed van die gees van jaloersheid in jou lewe: “ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”
- Sela: Vra die Heilige Gees om jou te lei rondom die bevryding van die gees van jaloesie.
- Lees: Job 35-42 en Eks. 1-4
- Memoriseer: Job 37:5
- Delf dieper: Lees Eric Peels se boek Shadow Sides.