Dag 821-823

 

I’ll call the unloved and make them beloved.”

(Rom. 9:5, Msg)

In die vorige Manna het ons gekom by die diepste grondslag van jaloesie, ook van geestelike jaloesie, en dit is dat jy nie jouself as geliefd ervaar nie.

In haar boek The Broken Image maak Leanne Payne hierdie eenvoudige dog verreikende opmerking: “Evil is, in actual fact, seperation, seperation from which completes me.” (p. 30). Sela asseblief hieroor.

As gevolg van die sondeval is verwerping die diepste wond van die mensdom. Myns insiens het die onpeilbare diepgang van die verwydering tussen God en mens, die verlies van die heerlikheid in die paradys, die skaamte van naaktheid, die trauma van die uitdrywing uit die paradys, die fisiologiese en psigologiese gevolge van sonde, siekte en dood, die voortplantende verwording van die spesie, ons “bewende hart … en smagtende oë en … kwynende siel” (Deut. 28:65), met “geen kalmte en geen stilte en geen rus” (Job 3:26), die verlies aan wysheid, breinkapasiteit, verstand en geesteskragte en -vermoëns, en die durende skuldgevoel en kosmiese eensaamheid ‘n kataklismiese gevolg op die mensdom gehad het. Dit het ‘n kollektiewe wond van verwerping gevorm, ‘n root memory, waarvan ons nooit werklik heeltemal kan genees nie, wat bepaald die moederwond van alle voortspruitende verwerping as gevolg van die condition humane geword het. Ons is onteenseglik bevlek; walg dikwels aan onsself. Onthou jy perdalks die ou gesang? Hoe kragteloos, hoe ontaard / Maak my die mag van sonde …

Ons is die spesie wat ná hierdie verwerping “kleihuise bewoon, waarvan die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ‘n mot. Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee. Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.” (Job 4:19-21). “Like something rotten, human life fast decomposes, like a moth-eaten shirt or a mildewed blouse.” (Job 13:28, Msg). Inderdaad kenskets dit met die verloop van eeue die gevalle mensdom: “paranoid loneliness … all-consuming-yet-never-satisfied wants … an impotence to love or be loved; divided homes and divided live, …, a stinking accumulation of mental and emotional garbage” (Gal.5:20 & 19, Msg).

Dit is die geval, sê Donald Miller, in sy aangrypende boek Blue Like Jazz, “Because of sin, because I am self-addicted, living in the wreckage of the fall …”

Geen wonder nie dat so vroeg al as in Gen. 6:5-6: “Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.”

Dwarsdeur die Ou Testament is hierdie “smartlike wond” (Miga 6:13) dié onderwerp waarmee die profete worstel, veral die profeet Jeremia. Dit word voortdurend aan die hand van ‘n bepaalde frase geweeklaag: die verbreking van die dogter van my volk:

  • 6:14 “En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie.”
  • 8:11 “En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie.”
  • 8:21 “Vanweë die verbreking van die dogter van my volk is ek gebreek, is ek in die rou; verbaasdheid het my aangegryp.”
  • 14:17 “Sê aan hulle dan hierdie woord: Laat my oë afloop in trane nag en dag en nie ophou nie; want die jonkvrou, die dogter van my volk, is gebreek met ‘n groot verbreking, met ‘n baie smartlike wond.”
  • 2:11 “My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskud vanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag …”
  • 3:48 “My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.” En dan hierdie skrikwekkende metaforiese atoombom wat die fusie van verderf uitspel soos g’n ander nie:
  • 4:10 “Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.”

 

Die passasie in Eseg. 16:4-8 spel dieselfde afgryse in die beeldverhaal van ‘n geboorte vir ons uit: “En wat jou geboorte aangaan—die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie. Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.”

Die foto wat bo-aan die Manna gebruik is, is geneem van ‘n 21-week fetussie wat tydens ‘n operasie sy handjie deur die snit in die baarmoederwand gesteek het en die chirurg se vinger omklem het. Vir my het hierdie aangrypende foto die desperate mens in sy diepste verwonding en eksistensiële eensaamheid en alleenheid verbeeld.

Inderdaad is dit waar wat die Engelse digter Rod McKuen gesê het – “I know the dying heart needs the nourishment of memory to live beyond too many winters.” Maar die geheue is eweneens, dikwels op persoonlike, maar veral op kollektiewe vlak, ‘n herinnering aan “severing” en pyn, vol skeidingsangspsigoses. Ten spyte van baie openbaringskennis, is daar ‘n nypende gebrek by die gelowige. Jer. 8:20-22 kenskets vir my hierdie situasie metafories baie raak: “Die oes is verby, die somer is ten einde, en óns is nie verlos nie! Vanweë die verbreking van die dogter van my volk is ek gebreek, is ek in die rou; verbaasdheid het my aangegryp. Is daar geen balsem in Gílead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie?” Dus: die salfolie van die Gesalfde ontbreek; die salf in haar lamp ontbreek; sy het nie fisies krag nie; sy sukkel om haar skeppingsdoel en roeping te verstaan; sy wil dikwels tou opgooi; en veral: sy voel nie sy is ‘n geliefde van God nie.

Hoe kan hierdie diep emosionele pyn-gat van verwerping getroef word? Hoe kan die Bruid transformeer en opgebou word “tot op ‘n Gesalfde” (Dan. 9:25)? Eseg. 16:9 verduidelik hoe werk hierdie restourasieproses: “Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.” Ná die salwing van die Geliefde, vind daar ‘n bekleding met Christus (Rom. 13:14; Gal. 3:27) plaas: “Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy. Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en ‘n ketting om jou hals. En Ek het ‘n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en ‘n pragtige kroon op jou hoof. Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet, en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het. Daarby het daar ‘n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE.” (Eseg. 16:10-14).

Ons weet van die Bruidegom word gesê in Ps. 45:7 en Heb 1:9 “God … (het) U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle”. Oor die Bruid word in Pred. 9:8 eweneens gespreek: “Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.” Ons verhouding met die Bruidegom moet met salwing verseël word – dit is die enigste wyse waarop ons korporatiewe wond kan genees. Die skandvlek en sondevloek van die tuin van Eden kan nét genees deur olie in die verrotting van die gebeentes, sou mens Ps. 109:18  as rigtinggewer gebruik: “Hy het die vloek aangetrek soos ‘n kleed en—dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.”

Daar is egter ‘n totale gebrek aan ‘n “allerheiligste geloof” (Jud. 1:20) in wie ek is, en hoe God oor my dink as geliefde. God is moeg vir die sweetreuk van die eerste Adam, van ons pogings om deur werke Hom ten alle koste te probeer behaag. Hy begeer die aangename geur van die Christus. Niks behalwe die Stem van jou Bruidegom sal dan meer saakmaak as jy Hom hoor roep van agter die voorhangsel nie. Hoogl. 2:9 – “Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen”, en Hy sê: ““Come then, my beloved, my lovely one, come …”

Pierre Benoit se jarelange studie en soeke na die openbaring oor wat God vir Jesus aan die kruis gefluister het toe die gebroke Jesus verworpe skreeu: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” is nogal ‘n skok. Benoit sê God fluister Hoogl. 2:10-14 aan sy Seun: “Come then, my beloved, my lovely one, come. For see, winter is past, the rains are over and gone. Flowers are appearing on the earth. The season of glad songs has come, the cooing of the turtledove is heard in our land. The fig tree is forming its first figs and the blossoming vines give out their fragrance. Come then, my beloved, my lovely one, come. My dove, hiding in the clefts of the rock, in the coverts of the cliff, show me your face, let me hear your voice; for your voice is sweet and your face is lovely.”

Maar dis ook presies wat Jesus vir die Bruid in die woestyn van die geloofslewe se omswerwinge fluister! Hos. 2:14 – “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.”

Die groot kerkvader Augustinus het hierdie raak woord gesê: “If God is love, then there must be in Him a Lover, a Beloved, and a Spirit of love, for no love is conceivable without a Lover and a Beloved.” Jer. 31:3-4 – “The LORD appeared to us in the past, saying: ‘I have loved you with an everlasting love; I have drawn you with loving-kindness. I will build you up again and you will be rebuilt, O Virgin Israel. Again you will take up your tambourines and go out to dance with the joyful.” Luister hoe mooi vertaal die Message Rom. 9:25 – “Hosea put it well: I’ll call nobodies and make them somebodies; I’ll call the unloved and make them beloved.”

Dit is van kindsbeen in ons ingeprent dat God liefde is (1 Joh. 4:8 & 18), maar laat die volgende verse jou as geliefde tog oorrompel:

  • 15:9 “I have loved you the same way the Father has loved me. So live in my love.”
  • 17:23 “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.”
  • Joh 17:26 “En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.”

 

God is nie ‘n aannemer van persoon nie (Hand. 10:34), dus is Hy ewe lief vir almal – niemand kan sy oogappel wees nie. Tog word jý sy oogappel as jy ‘n openbaring verkry dat jy die appel van sy oog is (Deut. 32:10). In The Shack (p.175) sê Jesus vir Mack: “Learning to live loved.”

 

  • Sela: “Learning to live loved.”
  • LeesEks. 14-21
  • Memoriseer: Eks. 15:3
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Gesalfde Geliefde van my sy