Dag 835

 

“For this reason God sends them a powerful delusion so that they will believe the lie …” (2 Thess. 2:11, NKJ)

 

‘n Paar Mannas terug het ons uitvoerig geskryf oor die tipologiese betekenis van die poel van swael en vuur en ons het tot die slotsom gekom dat dit dui op die Bruid van Christus as vuuroond.

In die lig van ons huidige gesprek oor die gees van leuenagtigheid, is dit baie insiggewend wat Open. 21:8 eksplisiet stel: “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.” Soos in die vorige Manna verduidelik, is waarheid as identiteit ononderhandelbaar in die verwerwing van die goddelike natuur. Deel van die suiwering van die eerste- en tweededimensie-gelowiges is dat hul van hierdie “vlekke” (Efes. 5:27) gereinig moet word. En leuenagtigheid word bepaald gelys as een van hierdie ongeregtighede.

Leuenagtigheid strek wyd. Open. 2:2 praat byvoorbeeld van mense wat sê dat hulle apostels is “en dit nie is nie, en … leuenaars bevind” is. In haar boek War of the Saints skryf Jessie Penn-Lewis uitvoerig oor die subtiele wyse waarop die gees van leuenagtigheid insluip in ons geloofslewe. Ek wil redelik uitvoerig aanhaal, omdat sy dit so raak beskryf. Dit gaan hier spesifiek oor geestelike begeleiding deur allerlei subjektiewe geestelike ervarings: “As Christ was a pattern or example for His followers, guidance or ‘leading’ in its perfect and true form is shown in His life, and believers can only expect the co-working of the Holy Spirit when they walk after the pattern of their Example. / Out of line with the Pattern the cease to have the working of the Holy Spirit, and become open to the deceptive counterfeit workings of evil spirits. If the believer ceases to use mind, reason, will and all his other faculties as a person, and depends upon voices, and impulses for guidance in every detail of life, he will be ‘led’ or guided by evil spirits, feigning to be God. / This is the time for which the deceiving spirits have been watching…he (man) is now watching for some other supernatural indication of the way to go, or the course to take … This is the moment of opportunity for a deceiving spirit to gain his faith and confidence: and so some word or words are whispered softly, that are exactly in accordance with the inward drawing that he has had … the soft whisper of the deceiving spirit is so delicate and gentle, that the believer listens to, and receives the words without question, and begins to obey this soft whisper, yielding more and more to it, without any thought of exercising mind, judgment, reason, or volition. / From this point deceiving spirits can increase their control, for the believer has begun the listening attitude…until he is always watching for an ‘inner voice,’ or a voice in the ear which is an exact counterfeit of the voice of God in the spirit; and thus the believer moves, and acts as a passive slave to ‘supernatural guidance.’” (pp. 136-137).

2 Thes. 2:11-12 spel die absolute gevaar van hierdie gees van leuenagtigheid uit: “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”

 

  • Sela: Toets hierdie lering aan jou eie geestelike promptings.
  • LeesLev. 17-19
  • Memoriseer: Lev. 19:2 (baie belangrik vir hierdie lering)
  • Delf dieper: Lees Neil T. Anderson se boek The Bondage Breaker.