Dag 839

 

“En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete.” (1 Kon. 22:22, OAV)

Die laaste faset van die gees van leuenagtigheid wat ons behandel, het te doen met gelowiges se frekwente behoefte aan profesie, en gepaardgaande daarmee ‘n gebrekkige kennis oor die saak. Die Skrif wat hierbo as nasskrif aangehaal word, is een van vier wat almal in dieselfde terme praat van die leuengees (sien ook 1 Kon. 22:23 en 2 Kor. 18:21-22).

Ten grondslag hiervan lê die beginsel wat in Hos.4:6 uitgespel word: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”

Profesie is een van daardie wonderlike gawes van God aan die Liggaam van Christus, maar dit kan een van die heel gevaarlike gawes ook wees as dit nie volgens Bybelse riglyne gesoek, ontvang en beoordeel word nie. In vorige Mannas is uitvoerig geskryf oor die profetiese gawe en wat die Bybelse voorskrifte is vir die praktisering daarvan.

Een van die belangrikste aspekte van profesie is dat die profeet wat ‘n woord van die Here ontvang dit vir die persoon oor wie die woord handel, gee. Die proses is nie andersom nie – jy gaan nie na ‘n profeet om ‘n woord te ontvang nie. Indien dit in die verkeerde orde gebeur, en ek gaan vra ‘n profeet vir ‘n profetiese woord van die Here af, sê die Skrif dat die Here (NIE SATAN NIE!) ‘n leuengees stuur na die profeet om my te antwoord wat ek graag wil hoor. Dis ‘n skrikwekkende waarheid.

Dieselfde waarheid word in ‘n meer omvattende wyse in Eseg. 14:4 (AB) uitgespel: “Therefore speak to them and say to them, Thus says the Lord God: Every man of the house of Israel who takes his idols [of self-will and unsubmissiveness] into his heart and puts the stumbling block of his iniquity [idols of silver and gold] before his face, and yet comes to the prophet [to inquire of him], I the Lord will answer him, answer him according to the multitude of his idols …”

As jy dus byvoorbeeld ‘n bepaalde idee/begeerte/vooropstelling, wat ook al, in jou hart het (wat hier ‘n “idol” genoem word), en eintlik net God as ‘t ware wil gebruik as ‘n geestelike rubberstempel, en jy gaan na ‘n persoon toe vir profetiese counsel, sal die profeet – hoe rein en edel hy ook al is – jou ‘n bevestiging gee van dit wat jou diepgesetelde hartsbegeerte is, asof dit ‘n profetiese woord van die Here is waarop jy net “Amen, Bevestiging!” kan sê. Maar dit is ‘n leuengees wat met jou gespreek het, en nie die gees van profesie nie.

Dit is derhalwe van die uiterste belang dat ons nie profetiese counsel gaan soek nie, maar wag tot profetiese counsel na ons toe kom. Profetiese counsel kan nooit die persoonlike stem van die Here vervang nie. Die meeste gelowiges het so ‘n sug na profetiese woord omdat hulle nie self die stem van die Here hoor nie.

Op hierdie dramatiese noot sluit ons die lering oor die leuengees af.

 

  • Sela: Bely hierdie saak voor die Here as jy agter profete aangehardloop het.
  • Lees: 1-2
  • Memoriseer: 1:51
  • Delf dieper: Luister na Phillip Degenaar se cd-lering: Inception – die Verbeeldingswêreld as             Demoniese  Ruimte