“Jehovah hath mingled a spirit of perverseness in the midst of her …” (Jes. 19:14, ASV)
Die vyfde gees wat eksplisiet in die Bybel benoem word, kan algemeen ‘n gees van perversiteit genoem word.
Hierdie benaming is die sambreelterm wat gebruik word vir ‘n hele handvol ander benoemings waarmee die Hebreeuse term ‛av‛eh vertaal word. Die OAV noem dit “‘n gees van bedwelming”, en ander vertalings noem dit: “a spirit of error” (BBE), “the spirite of wickednesse” (Bishops), “a spirit that distorts judgment” (CJB), “the spirit of giddiness” (DRB), “a spirit of confusion” (ESV), “a spirit of dizziness” (JPS), “a spirit of distortion” (NASB), “a giddy spirit” (NJB), en “a spirit of foolishness” (NLT). Om hierdie rede is te verstane dat die Amplified Bible ‘n aantal aanverwante terme saam gebruik: “The Lord has mingled a spirit of perverseness, error, and confusion within her …” Dis nie almal verskillende geeste nie, net verskillende benaminge vir dieselfde gees. Hierdie gees het egter ‘n wye front waarop hy werk, en ons gaan die verskillende werkinge aan die hand van die karakteristieke eienskappe van die gees bestudeer.
Die woordeboekinskrywing van ‘perversie’ werp heelwat lig op die term: “1. To turn from truth, propriety, or from its proper purpose; to distort from its true use or end; as, to pervert reason by misdirecting it; to pervert the laws by misinterpreting and misapplying them; to pervert justice; to pervert the meaning of an author; to pervert nature; to pervert truth. 2. To turn from the right; to corrupt.” (Webster). Die etimologiese betekenis is besonder beeldend – dit wat reguit is, word deur perversie krom gemaak.
Let dan asseblief op – in ons omgangstaal het die term ‘perversie’ ‘n klewende seksuele konnotasie verkry, maar dis ‘n geweldige verenging van die toepaslikheidsmoontlikhede van die begrip. Daarom het dit byvoorbeeld nie dieselfde werkinge as die gees van hoerery (Hos. 4:12) nie.
Die gees van perversiteit beroof enige saak, terrein of aksie van sy bedoelde (“reguit”) aard, en verdraai dit, voeg valse waarde, betekenis of konnotasie daaraan. Dit ontneem dinge en mense sy bedoelde skeppingsdoel. Hierdie gees roof die waarheidskarakter en die bedoelde wesensaard van die bestaan van dinge en mense. Dit maak alles binne sy korruptering los van oorspronklike eienaarskap en gebruiksvoorskrifte. Die gees van perversie beïnvloed die manier van dink deur verwarring, valse argumente, hiperbole (vergroting), om belangrike dinge as onbelangrik af te maak, misinterpretasie, inuendo’s – dus ‘n gerigte poging om jou manier van dink en kommunikasie te laat ontspoor.
Daarbenewens veroorsaak die gees van perversiteit om reg en geregtigheid teen te werk, vals getuienis op te wek, die gang van die wet of standaard (openlik of subtiel, altyd berekend) af te breek. Hierdie gees laat homself ook geld om die natuur en die natuurlike aard van dinge te perverteer, en dit anders, opgesmuk, verdraai of onnatuurlik te maak. Deur hierdie geperverteerde beïnvloeding gaan die persoon op ‘n syspoor, ‘n afdraaipad, ‘n verkeerde koers, en mis derhalwe só sy skeppingsdoel en roeping.
- Sela: Peil die omvang van hierdie gees in verskillende terreine in jou lewe.
- Lees: 3-4
- Memoriseer: 3:4
- Delf dieper: Luister na Saar Zaayman: How can we sing the Lord’s song in a strange land?