“die mens van sonde …, die seun van die verderf, die teëstander …” (2 Thes. 2:3-4, OAV)
Ons is tans besig om die oorsprong van dit wat die toegang gee vir die gees van perversiteit na te speur. Jes. 19:14 spel eksplisiet uit dat dit die HERE is wat die gees van bedwelming uitgiet. As vertrekpunt het ons ‘n uitvoerige gedeelte uit 2 Thes. 2:6-11 aangehaal wat praat van ‘n “hom” wat “teëgehou” word, “sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word”. Daar word misterieus verwys na “die verborgenheid van die ongeregtigheid” wat “al aan die werk” is, “net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is”, en dan “sal die ongeregtige geopenbaar word”.
In sy voorwoord tot Gary DeMar se boek End Times Fiction skryf R.C. Sproul hoe hy as Bybelstudent ‘n kommentaar van Harry Ironsides gelees het oor die boek van Thessalonicense, en hy gee sy kortbegrip van dié eindtydkommentator soos volg weer: “Ironside reasoned as follows: Premise A: The Holy Spirit is the restrainer mentioned by Paul. Premise B: The Restrainer must be removed before the man of lawlessness is revealed. Premise C: Since the Holy Spirit indwells every Christian, the only way for the Restrainer to be removed from this world is for Christians to be removed. Premise D: Since the Bible teaches that Christians will be raptured, this text must refer to the Rapture.” Conclusion: The rapture will occur before the unleashing of the man of lawlessness and the great tribulation.” (p. vii). Hierdie is die tipiese argument oor die saak, maar die argument van Ironsides val uiteraard plat as die Heilige Gees nié die een is wat “restrain” nie – daar is geen eienaamgebruik wat dui op ‘n Goddelike Persoon in enige vertaling (behalwe, verkeerdelik, in die Message nie).
In 2 Thes. 2:3-4 word gepraat van drie begrippe: “die mens van sonde”, “die seun van die verderf” en “die teëstander”, wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Hierdie drie gelade begrippe moet uitgeklaar word alvorens ons na hierdie dikwels misgeïnterpreteerde passasie kyk. Van dié passasie sê Albert Barnes’ Notes on the Bible: “There is scarcely any passage of the New Testament which has given occasion to greater diversity of opinion than this.”
Allereers – is hierdie drie begrippe die benaminge van drie verskillende “persone”, of is dit drie benaminge vir een “persoon”?
Die begrippe het met die loop van jare bykans mitiese proporsies aangeneem vanweë al die mitologiseringe wat daaromheen geweef is. J. Preston Eby skryf in sy boek The Antichrist die volgende: “Tales of fiction and the most absurd imaginations of childhood furnish no parallel to the extreme notions of some of God’s dear children who have naively swallowed the carnal interpretations of natural minded theologians of the religious systems. Untold millions of Christians have lived in great fear of the arising of the dreadful MAN OF SIN. He is supposed to be a world political leader, sinister and tyrannical, the incarnation of Evil, the very offspring of the Devil, and the ruthless enemy of the Jews. He is to be revealed after what they call the ‘rapture’, and will make his headquarters in Jerusalem. His manifestation marks the beginning of Daniel’s 70th week, according to their teaching. The Scofield Reference Bible, Blackstone and other authorities(?) in general, subscribe to this view although there is almost unlimited speculation on the details.” Hierdie geestelike hype rondom die apokaliptiese teenstanders in die einde van die tye het veral ‘n geweldige momentum gekry met die Left Behind-reeks van Tim LaHay.
Die sintaktiese wyse waarop die sin waarin hierdie drie benaminge gebruik word in die oorspronklike Grieks wys duidelik uit dat dit nie drie verskille “persone” is wat genoem word nie, maar drie benaminge van een “persoon”. Dit is ‘n kritiese hermeneutiese punt. Dus: “die mens van sonde” = “die seun van die verderf” = “die teëstander”. Die vraag is nou: WIE is hierdie kollektiewe “persoon”?
Kom ons kyk net eers na die maklikste van die drie begrippe: “die seun van die verderf”. Dié begrip kom net twee keer in die Woord voor, waarvan 2 Thes. 2:3 dan een is. Die ander kom voor in Joh 17:12, waar Jesus bid oor sy twaalf dissipels, en in sy gebed die volgende sê: “Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.” Hierdie “seun van die verderf” is duidelik dan Judas Iskariot, die een wat Jesus verraai het, soos Joh. 6:70-71 dit uitspel: “Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.”
Maar die Skrif in 2 Thes. 2:3 wys duidelik nie nét op Judas Iskariot nie, maar hy as ‘n tipe van “a son of peredition”. En wat weet ons van hom? Dat hy ‘n uitverkorene was, een met ‘n hoë roeping in Christus, wat uiteindelik deur eiesinnigheid en ongehoorsaamheid uit sy hoë roeping geval het.
Dit verklaar dan ook makliker die uitdrukking: “mens van sonde”. Onthou: die woordjie sonde dui daarop dat jy jou merk mis, met ander woorde jou skeppingsdoel en roeping misloop. En in hierdie lig is “die teëstander” eweneens duidelik te verstane – dit is die ou mens, die eerste Adam in ons wat ons teenstaan om te verhoed dat ons in ons hoë roeping loop. Rom. 6:6 (ASV) spel dit uit: “knowing this, that our old man was crucified with him, that the body of sin might be done away, that so we should no longer be in bondage to sin”. Die “old man of sin” is derhalwe ook ons teëstander, hierdie “old man … who is corrupt according to the desires of deceitfulness” (Efes. 4:22, ACV).
Rondom die laaste begrip: “teëstander” is dit baie belangrik om te verstaan dat Satan ook bekend staan as ons teëstander. In 1 Pet. 5:8 word hy eksplisiet benoem as “julle teëstander, die duiwel”. Die Complete Jewish Bible omskryf hom eweneens in Open. 12:9 – “The great dragon was thrown out, that ancient serpent, also known as the Devil and Satan [the Adversary], the deceiver of the whole world. He was hurled down to the earth, and his angels were hurled down with him.” Maar die Teëstander se saad in jou maak jou ou man, die eerste Adam in jou (1 Kor. 15:45) eweneens jóú teëstander.
Om op te som: IN jou is daar kollektiewe wese wat homself onder baie name aanbied: die mens van sonde, die seun van die verderf, die teëstander, die ou Adam, die ou natuur, en dan, natuurlik, die Antichris(tus).
Onthou waarmee is die vers ingelei wat praat van hierdie onheilige drie-eenheid in ons: “want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander …” (2 Thes. 2:2-3). Die begrip “die afval” is in Grieks: apostasia, wat ons ken as apostasie (sien vorige Manna) – om uit die geloof weg te val, “geloofsversaking” (HAT). Dis egter nie soseer ‘n verloëning as sodanig nie, maar ‘n verblinding, ‘n sekularisering van geloof. Dit is in wese die unregenerated self van die ou mens, die eerste Adam, wat nog steeds in ons leef en heers en jou roeping in Christus teenstaan.
Wat nou ‘n gewisse perspektiefverandering op hierdie saak bring, is dat die apostasie eers moet plaasvind alvorens die mens van sonde, die seun van die verderf, die teëstander geopenbaar word! VOOR dit gebeur, skuil hul soos ‘n korporatiewe “many-membered man” IN ONS – en sy naam is legio (Mark. 5:9)!
- Sela: Maak seker dat jy die gedeelte nou reg verstaan. Lees en herlees!
- Lees: Num. 8-13
- Memoriseer: Num. 10:34
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Poorte van die Hel – Satan skep vals realiteite.