Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie.” (2 Kor. 11:14-15, OAV)
In ‘n poging om te verstaan wat die toegang gee vir die gees van perversiteit het ons in die vorige Manna ‘n lang verduidelikingspad gevat en moes ons deur die eindtydmitologie worstel. As vertrekpunt het ons ‘n uitvoerige gedeelte uit 2 Thes. 2:6-11 aangehaal wat praat van ‘n “hom” wat “teëgehou” word, “sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word”. Daar word misterieus verwys na “die verborgenheid van die ongeregtigheid” wat “al aan die werk” is, “net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is”, en dan “sal die ongeregtige geopenbaar word”. Ons het tot die slotsom gekom: IN jou is daar kollektiewe wese wat homself onder baie name aanbied: die mens van sonde, die seun van die verderf, die teëstander, die ou Adam, die ou natuur, en dan, natuurlik, die Antichristus. 2 Thes. 2:2-3 sê: “want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander …”. Apostasie, het ons verduidelik, is om uit die geloof weg te val, geloofsversaking, ‘n verblinding, ‘n sekularisering van geloof. Dit is in wese die unregenerated self van die ou mens, die eerste Adam, wat nog steeds in ons leef en heers.
Wat ‘n gewisse perspektiefverandering op hierdie saak bring, is dat die apostasie eers moet plaasvind alvorens die onheilige drie-eenheid: die mens van sonde, die seun van die verderf, die teëstander, IN ONS geopenbaar word! VOOR dit gebeur, skuil hul soos ‘n korporatiewe “many-membered man”.
Om die gedeelte uit 2 Thes. 2:6-11 wat ons tans bestudeer na regte te verstaan, is dit nodig om die verwikkelde sintaksis van Paulus te herskryf. In die gedeelte bied Paulus verskillende fasette van hierdie komplekse saak aan, maar ongelukkig nie in ‘n perspektief waarbinne die historiese en toekomstige ontvouing (die tydlyn van gebeure wat op mekaar volg) duidelik is nie. Ons kan die tydsverloop van die gebeure soos volg uitpak (die vers waaruit dit geneem is, word in hakies geplaas – die eerste deel van die vers = a, die tweede deel = b, ens.), dat dit soos ‘n verhaal lees (my byvoegings ter wille van die verhaal word in hoofletters in groot hakies geplaas, en die kleure is maar net om die aandag op soortgelyke begrippe, temas of verwysings te vestig):
- [VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WÊRELD] God (het) julle van die begin af verkies tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid (13b)
- Hy het julle geroep deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry (14)
- Laat niemand julle [NOU DAAROOR] mislei nie (3a)
- Moenie verskrik raak of jul verstand verloor asof die dag van Christus al daar is nie (2a/2b)
- Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al [REEDS] aan die werk (7a)
- Julle weet wat hom teëhou (6a) [veel duideliker en beter vertaal in die Murdoc-vertaling: “And now, ye know what hindereth his being manifested in his time.”]
- Eers moet die afval kom (3b)
- Totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is (7b) [veel duideliker en beter vertaal in die ACV-vertaling: “only he who restrains it until now will develop from the midst”]
- [OM] op sy tyd geopenbaar (te) word (6b) en dan sal die ongeregtige geopenbaar word (8a): die mens van sonde, die seun van die verderf , die teëstander (3c/4a)
- hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen (9)
- en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie (10)
- sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is (4c)
- wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is (4b)
- En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo
- [DAN SAL DIE] Wederkoms (1a) [PLAASVIND, ONS] vereniging met Hom (1b)
- hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak (8)
- sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid (12)
Die miljoendollarvraag nou is natuurlik – wie/wat is die hy wat in punte 6, 8 en 16 hierbo van gepraat word. Die identiteit van wie dit is, skyn ook verhul te wees.
Die ongemaklike gebruik van die woordjie “teëhou” skep die meeste probleme met interpretasie. Hierdie woordjie, katechō in Grieks, word 23 keer in die Nuwe Testament gebruik, bykans deurgaans as woord om te dui dat iets onwrikbaar vasgehou word (soos byvoorbeeld in Heb. 3:6), in die wydste sin van die woord. In Rom.1:18, byvoorbeeld, word dit vertaal as onderdruk; Rom. 7:6 as gebonde; Phil. 13 praat van in die boeie; Luk. 4:42 kan geparafraseer word as om iets teen alle koste by jou te hou. Die hy doen dit, en dit is duidelik dat ons moet weet wie/wat dit is.
Die sleutel tot die identiteit van die grondinstelling wat dinge gevange hou, in boeie het, is 2 Thes. 2:9 – dit is die instansie wat “allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” akkommodeer om ‘n vals salwing in stand te hou. Dwarsdeur die nuwe verbond word daar teen hierdie instelling gewaarsku:
- 24:24 – “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”
- 2 Pet. 2:1-3 – “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek …”
- 2 Kor. 11:13-15 – “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie.”
Die instansie wat “allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” akkommodeer om ‘n vals salwing in stand te hou, is die geïnstitusionaliseerde Babiloniese kerksisteem. Strong vertaal ‘apostasie’, die ‘falling away’, as “”defection from the truth”. Die wegval uit die ware geloof, of dan die sekularisering van geloof, vind plaas binne die sigbare kerk, nie daarbuite nie. Hierdie vervleesliking van die kerk het van die vroegste tye al ‘n aanvang geneem, maar dit word sterker meer met die verloop van jare. Die natuurlike mens met sy vleeslike manier van dink is steeds in vyandskap teen God – Rom. 8:7 spel dit ondubbelsinnig uit: “wat die vlees bedink, (is) vyandskap teen God”. Die Christelike vineer kan nie langer die demonies-gedrewe sisteem van godsdienstigheid, korrupsie en ongeregtigheid wegsteek nie. “Much of what Jesus did and taught only makes sense when we realize that his stated goal of offering salvation to the world also included the abolition of religion as a competing system.” (Brain McLaren: The Secret Message of Jesus. p. xi).
Terwyl die apostels nog besig was om die fondamente van die kerk te lê, het die vals broeders reeds ingesluip om ‘n ander geloofsisteem te verkondig wat die Babiloniese jas van vleeslike godsdiens as deel van sy uiterlike vertoon dra.
- Preston Eby verwoord dit raak en ek haal derhalwe uitvoerig aan: “They were instituting rules and regulations, laying down laws, formulating creeds, observing days, establishing sacraments and ordinances, elevating human government, becoming disciples of Paul, of Apollos, of Cephas, and of many others. The Babble had begun and the mysterious MAN OF SIN was raising his ugly head. Before too many years had passed men began to set themselves up as ‘bishops’ and ‘lords’ over God’s heritage in place of the Holy Spirit. Instead of conquering by the power of the Spirit and truth – as in the early days – men began to substitute THEIR ideas and THEIR methods. Soon the glory and power, the presence of God in the morning time Church began to be eclipsed, and the power of carnal minded men gradually TOOK THE PLACE of the awesome presence of God. Consequently, man’s carnal understanding was put upon the Scriptures, and as the Spirit of Christ fled from their midst, men established a vast and elaborate system of SUBSTITUTES to take the place of reality. A ‘falling away’ of a massive and dreadful nature arose until the religion of Christ became gradually the religion of antichrist. That which had been visibly known as the body of Christ BECAME THE BODY OF ANTICHRIST where carnal observances replaced spiritual reality, the ceremonial took the place of His indwelling life, human tradition obscured the Word of God, human authority usurped the leadership of the Holy Spirit, and idolatry replaced true and spiritual worship.”
Die rede waarom daar apostasie is, of ‘n sekularisering van die kerk, is omdat die mens homself verhef en verhoog het. Die ego en die ou natuur van die ongeregenereerde self het sy plek op die troon ingeneem in die tempel van God: sy eie liggaam.
Met hierdie duidelike verstaan van wie die enigmatiese “hy” is in die gedeelte, is dit makliker vir die res van die rolspelers om geplaas te word en gebeure om in konteks en perspektief verstaan te word. Dit gebeur in die volgende Mannas.
- Sela: Gaan weer deur die uitpluising van 2 Thes. 2 soos hierbo verduidelik.
- Lees: Num.14-15; Ps. 90; Num. 16-20
- Memoriseer: Ps. 90:4
- Delf dieper: Lees Brain McLaren se boek: The Secret Message of Jesus