Dag 853

 

“hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul”     (2 Pet. 2:13, OAV)

 

Die slotsom uit die vorige twee Mannas is dat alles wat nié Christus is nie, steeds deur die vleeslike natuur en dus die Bose beheer word. Binne die geinstitusionaliseerde Babiloniese kerksisteem word die geperverteerde gelowiges deel van ‘n demoniese “many-membered man” wat lynreg staan teenoor die Bruid van Christus as ‘n  “many-membered man”. Die apostatiese kerksisteem versluier die gelowiges daarbinne om nié te kan verstaan dat die sisteem verhoed dat “die mens van sonde, die seun van die verderf , die teëstander” IN HULLE geopenbaar kan word nie. Ons moet uitkom by spesifieke aspekte van die verheidening van die kerk, maar in hierdie Manna we want to drive the point home.

Die apostel Johannes het 1900 jaar gelede reeds baie antichriste in sy dag gesien (1 Joh. 2:18). Deur die loop van jare het die antichriste geleidelik vermeerder, totdat ons ons vandag deur dié mense omring vind. Die primêre rede hoekom so baie mense vandag preek oor die koms van die groot Antichris wat hulle meen uiteindelik in die Jode se derde tempel gaan sit, is omdat hulle ‘n onkunde het, want hulle is self die vervulling van die profesie oor die antichriste – ‘n mens kan uiteraard nie verwag dat hulle hul eie identiteit openbaar nie!

. In die tyd wat kom, sal daar ‘n dubbele “unveiling” wees wat die wêreld sal skud tot in sy godsdienstige fondasies – daar sal ‘n openbaarmaking wees van van die volheid van “onse Here en van sy Christus” (Open. 11:15), én daar sal ‘n openbaarmaking wees van die volheid van die mense wat met die gees van die antichris IN DIE KERK beweeg. Twee keer in die Bybel word die woordjie “skandvlekke” ten opsigte van hulle gebruik om hul te tipeer:

  • “Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.” (2 Pet. 2:13-14).
  • “Hulle is skandvlekke in julle liefdesmaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.” (Judas 1:11-13).

 

Let op – die twee perikope hierbo verwys albei dat diegene met die gees van die antichris “met julle saamsmul”, in ons “liefdesmaaltye … saam fees hou”. Lees dit dan saam met 1 Kor. 27-32, en skrik: “Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.” Beoordeel jouself watter gees in jou funksioneer: die gees van die antichris, of die gees van Christus.

 

  • Sela: Beantwoord die laaste vraag biddend.
  • LeesNum. 33-34
  • Memoriseer: Num. 33:55
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die gees van Atalia vernietig die “royal seed”.