“The Word became flesh and blood, and moved into the neighborhood.” (Joh. 1:14, MSG)
Ons is tans besig met Oorlewering 1: die gebou as tempel in die nuwe verbond. Die laaste Manna het ook gehandel oor die aanwesigheid van ‘n geestelike primordiale water wat die aarde sal oorvloei, en ons het spesifiek gepraat van die fees van tabernakels, of die huttefees as die laaste groot fees van Israel wat in die proses is om vervul te word. Op hierdie feesdag van tabernakels het die volgende belangrike profetiese handeling plaasgevind het: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh. 7:37-38).
In Joh. 1, as die dissipel/apostel Johannes die belangrikheid van Jesus en die bedeling wat Hy kom inlei het op aarde aan die Jode verduidelik, gebruik hy in vers 14 die volgende besonder veelseggende woorde: “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon …” Die werkwoordfrase “het onder ons kom woon”, gebruik in die oorspronklike Grieks die werkwoord skēnoō, wat volgens Strong beteken: “to tent or encamp, that is, (figuratively) to occupy (as a mansion) or (specifically) to reside (as God did in the Tabernacle of old, a symbol fo protection and communion): – dwell.” Daarom verklaar ‘n paar spesifieke vertalings hierdie vers soos volg:
- “And the Word (Christ) became flesh (human, incarnate) and tabernacled (fixed His tent of flesh, lived awhile) among us …” (AB)
- “And the Word became flesh and tabernacled among us.” (LITV en MKJV)
- “And the: Word became flesh, and tabernacled with us …” (Murdock)
- “And the Word became flesh, and did tabernacle among us …” (YLT).
Die fisiese tabernakel is vervang met ‘n geestelike tabernakel. Twee Skrifte in die boek Hebreërs handel eksplisiet oor hierdie transisie van fisiese tempel na geestelike tempel:
- “‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.” (Heb. 8:2).
- “Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie …” (Heb. 9:11).
Hierdie ware/groter/volmaakter tabernakel beskryf Johannes in Open. 21:2 as”die heilige stad, die nuwe Jerusalem”, die Bruid van Jesus. Daarom volg die volgende vers: “En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.” Die gebou as tempel is dus duidelik in die nuwe verbond ‘n onbybelse oorlewering.
- Sela: Wat is die praktiese implikasies van hierdie lering vir jou?
- Lees: 14-16
- Memoriseer: 16:13 (let op die sinchronisasie)
- Delf dieper: Luister na Karin Aucamp se cd-lering: Die toring van Babel: unveiled