“You make me glad by being near to me. Sitting at your right side, I will always be joyful.” (Ps 16:11, CEV)
Op die tafel met die toonbrode moes die priesters ook “suiwer wierook” (Lev 24:7) plaas as ‘n gedenkoffer (“for a memorial” = preservative of memory). Dit word in die plek van die brood aan die brand gesteek aan die einde van die week wanneer die toonbrode vervang word en die oues (wat eintlik nog, bonatuurlik, stomend vars is) aan die priesters gegee word om te eet. Die brand van die wierook is as ‘n vuuroffer gesien in die plek van die brode.
Die salfmenger het suiwer wierook gemaak van soet speserye (Eks 37:29). Om die simboliese waarde hiervan te begryp, moet ons let op die Skrif wat hierbo aangehaal is. As daar gepraat word van Bread of Presence, en die gepaardgaande belofte daarmee saam: “In Your presence is fullness of joy”, is dit belangrik om te wys daarop dat die daaropvolgende frase, in Afrikaans vertaal word as: “lieflikhede (is) in u regterhand”. Die woordjie “lieflikhede” word in Hebreeus verduidelik as “delightful; pleasant; sweet” (Strongs). In Sy teenwoordigheid is daar ‘n sweetness.
As daar dan van koning Dawid op sy sterfbed gesê word dat hy “the sweet psalmist of Israel” (2 Sam 23:1) was, en ons weet dat die regterhand in die Skrif dui op outoriteit en heerskappy (Ps 110:1; Mat 26:64; Heb 10:12), dan is dit duidelik dat die soet wierook in die plek van die toonbrode dui dat daar ‘n outoriteit en heerskappy gesetel is in hulle wat in die plek van die Brood, Christus (Joh 6:35), lewende offers (Rom 12:2) geword het. Wanneer hulle deur die vuur gaan – wat die Wese van God is (Heb 12:29) – word daar ‘n aangename geur versprei. Dis nie net ‘n aangename geur van kennis (2 Kor 2:15), of gebede of offergawes (Hand 10:4), of intersessie (Ps 141:2; Open 5:8) nie; dit is veral ‘n demonstrasie van die heerskappy van die sons of the right hand, die Benjamins, wat op die “mountains of spices” (SoS 8:14), Mt Sion, in die plek van Christus moet regeer (Mat 28:18; Open 5:10) op die aarde.
- Sela: Hierdie is ‘n mondvol, maar sorg asseblief dat jy dit fyn kou en dat die openbaring vlees word. Bid dit ook asb deur. Heelwat van die verwysings sal eers met die loop van die lerings sin maak, maar toets die waarheid daarvan in jou gees. Lees Efes 2:6 hiermee saam.
- Lees: Eks 37; Ps 87; Mark 13
- Memoriseer: Mark 13:12
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Julle het gekom by die berg Sion.