Dag 874

 

Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het  …” (Jos. 22:28, OAV)

 

In ons gesprek oor die oorsprong van die kerktoring het dit duidelik geblyk dat die toring kom uit heidense rituele. In hierdie Manna wil ons net uitwys hoe dié paganistiese gebruik wel met die verloop van tyd gemeng is met die afgodsdiens aan vreemde gode en hoedat dit in die argitektuur van die kerkgebou gestalte gekry het. Ek persoonlik wou die onderwerp met die vorige Manna afsluit, maar in die vorige Manna se Lees-gedeelte onderaan het ek die masskrif hierbo gevind, met die duidelike opdrag toe van die Here dan: Kyk na die boustyl …

Die bekende skrywer oor antieke mites, Joseph Campbell, skrywer van The Hero with a Thousand Faces en Myths to Live By skryf die volgende oor die saak: “There are still in existence today remarkable specimens of original phallic symbols … steeples on the churches … and obelisks … all show the influence of our phallus-worshipping ancestors.”

Die foto hierbo verduidelik veel van hierdie “invoering” van pagan gebruike in die Christelike tradisie, soos die obelisk as voorganger van die kerktoring dan ook sal blyk. Dié obelisk op die plein van St. John Lateran, die heel belangrikste Roomse basilika van die Pous in Rome, is die grootste wat bestaan. Dit is gekerf gedurende die heerskappy van die Egiptiese Farao Thutmoses III,en het gestaan in die tempel van Amon in Thebes (Karnak). Dit is egter na Rome geneem deur die Roomse keiser Konstantius (êrens tussen 317-361 n.C.), en geplaas by die Circus Maximus. In 1587 het Pous Sixtus V die gevalle, vervalle en gebreekte obelisk laat opgrawe en het dit opgerig in die Laterano-plein as ‘n stelling téén die Reformatoriese beweging. Interessant is dat die Protestantse kerke, ironies genoeg, toe juis hierdie tradisie nagevolg het! Dat die kerke presies geweet het wat met die obelisk en die daaruit voortvloeiende kerktorings bedoel is, word duidelik uiteengesit in die Jesuïtiese kenner, Athanasius Kircher, in sy boek Obeliscus Pamphilius, reeds gepubliseer in 1650. Hierin verduidelik hy die oorgelewerde idees van die kerk oor die obelisk as die digitus solis, of dan “vinger van die son”.

‘n Interessante gedagte is dat dit absoluut moontlik is dus dat Moses hierdie spesifieke obelisk gesien het toe hy in Egipte was. Nou staan hierdie heidense obelisk, wat as altaar van songodaanbidding en fertiliteitsafgodsdienste dien (James Hall: Illustrated Dictionary of Symbols in Eastern and Western Art) in die voorhof van wat alle Katolieke beskou as die “moeder van alle kerke”. Die sinkretisme spreek vanself.

“Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het  …”

Die aanwesigheid van torings op kerke is ‘n testament aan die pagan gelowe. Die Bybel spel spesifiek uit in Deut. 16: 21 (ISV): “You are not to set up a sacred pole beside the altar of the LORD your God that you will build.”

 

  • Sela: Hoe dink jy – kan die argitektuur van die gebou die geloofsaksies daarbinne beïnvloed?
  • Lees: 1-2
  • Memoriseer: 2:2 – en let groot asb op die sinchronisasie en die waarskuwing.
  • Delf dieper: Lees Joseph Campbell se sekulêre boek om nog ander pagan praktyke raak te sien.