Dag 88

 

“En ons is getuies van alles …ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.” (Hand 10:39a, 41b, OAV)

Dit was God se ewige perfekte sikliese tydritme wat die “appointed time” (Eks 34:18, Darby) van Jesus se oorlewering laat sinchroniseer het met die viering van die pasga (Mat 26:17). Die opdrag aan die Israeliete was baie duidelik: “Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek” (Eks 23:15). Op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en vra Hom waar Hy wil hê hulle die pasga moet eet (Mat 26:17). Ons weet Jesus is die Paaslam (1 Kor 5:7), “die Lam van God wat die sonde (=suurdeeg) van die wêreld wegneem” (Joh 1:29). Paulus leer in 1 Kor 5:8: “Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” Die tafel met ongesuurde toonbrode is dus op een vlak ook ‘n heenwysing na hierdie Ongesuurde Brood, Jesus (Heb 4:15), met sy menigvuldige lede. 

Die feit dat daar twaalf toonbrode is, twee groeperinge van ses elk, is veelduidend. Dit wys heen na die twaalf stamme van Israel (en gegroepeer in 2 groepe van ses elk soos op die skouerkleed – Eks 28:12), die first-fruits van Israel. Maar duidelik word dit ook die prototipe van die twaalf dissipels, die first fruits van Jesus se bediening. 1Kor 10:17 stel dit treffend:  “Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.” Hy is dus die Brood, maar ons, as eerstelinge van die Gees (Rom 8:23), first-fruits, is óók die brood! Daarom sê Rom 11:16: “En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook.” Derhalwe, soos Num 18:13 geprofeteer het: “Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.”

  

  • Sela:  
  • Lees: Eks 38; Ps 88; Mark 14 
  • Memoriseer:  Mark 14:22
  • Vir dieper delf: Lees Rick Joyner se artikel: Apostles and elders are coming, in The Morning Star Journal Vol 16(2), pp. 97-106, en link dit met die lering.