“For tohim that is joined to all the living there is hope “ (Ecc 9:4, KJV)
Jy moes raaksien in die vorige lering dat al drie van die eerste belangrike feeste op die Joodse kalender geestelik vervul is tydens die eerste nagmaalinstelling. Die fees van Pesach, die fees van die ongesuurde brood en die fees van die eerste vrugte is saam gevier om die uittog uit Egipte te herdenk (kyk Eks 11–12). Toe die dissipels saam met Jesus sit om God se “cycles of righteousness” op daardie “appointed time” te laat gebeur, en Hy die pasga laat inglip in ‘n nuwe kleed, dié van die nagmaal, was dit ‘n verdere voltrekking van God se ewige verbond met Christus wat tot uitvoering gekom het en waarvan ek en jy deel geword het.
Hierdie nagmaal sou, dwarsdeur die eeue daarna, die heenwysing wees na die Liggaam en Bloed van Christus Jesus, die Verlosser van die mensdom: “Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.” (Luk 22:19-20). Hierdie gebreekte liggaam en gestorte bloed was egter die fisiese tekens van ‘n geestelike verbond wat God met Christus gesluit het voor die grondlegging van die wêreld, die “ewige plan … dié plan wat Hy deur Christus Jesus ons Here tot uitvoer bring” (Efes 3:11, NLV). Derhalwe is Jesus dus tóé reeds gekruisig, sê Open 13:10: “The Lamb slain [in the purpose of God] from the foundation of the world.” (Rev 13:8)!
As Melgisédek (in Gen 14:18), wat ‘n priester van God was toe Jerusalem nog net Salem was, aan die vader van die geloof, Abraham (Rom 4:16), “brood en wyn gebring” het, besef jy dit was niemand anders nie as Christus wat aan Abraham, die eerste first-fruits van die geloof, toe reeds die versoening van sy Liggaam en Bloed kom aanbied het nie! En as jy, soos Levi, tóé reeds in die lendene van Abraham was deur die geloof (Heb 7:1-10) het ek en jy (as boesem-broers, Luk 16:22) ook daaraan deel gehad het! Die gebruik dan van nagmaal is ‘n naloop op ‘n bloedspoor van heerlike verlossing wat strek van voor die grondlegging van die wêreld, deur Abraham en Melgisédek, deur die feeste, tot by die laaste avondmaal, tot nóú waar jy die brood eet en die wyn drink, “wandel (jy) in die voetstappe …van die geloof van ons vader Abraham” (Rom 4:12)!
- Sela: “So dikwels as wat julle …” Maak nagmaal ‘n daaglikse instelling.
- Lees: Eks 39; Ps 89; Mark 15
- Memoriseer: Mark 14:22
- Vir dieper delf: Lees James van Zyl se boekie Die viering van die nagmaal oor die genesingswaarde geleë in die
gebruik van die nagmaal