Dag 890

 

“For that is exactly what you do when you are intimidated

into scrupulously observing all the traditions, taboos,

and superstitions associated with special days and

seasons and years.” (Gal. 4:10, Msg)

Ons het met die vorige Manna ekstensief verduidelik wat in Kol. 2:17 bedoel word as Paulus sê: “Laat niemand julle dan oordeel … met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie …” Die klem het net op die Sabbatdag geval, en spesifiek die mite van Sondag as die Sabbat, “die dag van die Here” en derhalwe die dag waarop gelowiges meen hulle moet kerk toe gaan. Maar Paulus se aanmaning hierbo gee ons ook die aanvoring tot die sesde mite wat die manifestasie van die gees van perversiteit in die eietydse kerk illustreer: Die mite dat bepaalde vakansiedae volgens die Christelike kalender heilige dae is.

Met die skryf van hierdie Manna is daar ‘n hewige polemiek aan die gang rondom die vakansiedae in Suid-Afrika. ‘n Kleindogter van Mahatmar Ghandi het aansoek gedoen vir ‘n hersiening van die Suid-Afrikaanse vakansiedae in die lig daarvan dat bykans al die Christelike vakansiedae gevier word, maar geen van ander geloofsgemeenskappe nie.

Uit die aard van die saak het die saak geweldige emosionele argumente uit Christelike geledere uitgelok.

In Dag 379 se Manna het ons geleer dat die woord “holiday” kom van die woord “holyday” af. Webster’s verduidelik dit as: “A day set apart for commemorating some important event … devoted to religious solemnities …” Ons het opgegroei en ons karakter gekry in ‘n samelewing wat onder beheer van die Satan is (1 Joh. 5:19) en sodoende het ons aan alles wat “nie-God” (Deut. 32:17) is beslag gee. Ons holydays het helaas dikwels ‘n demoniese, afgodsoorsprong. Ons Christelike vakansiedae is bykans almal heidense feeste met ‘n Christelike sousie oor. Paasfees is ‘n herdenking van Isthar, die vrugbaarheidsgodin, en die sentraalstelling van die Egiptiese ankh as ‘n sogenaamde voorstelling van die kruis; Kersfees weer herdenk die geboorte van die afgod Mithras. (Sien in detail Dag 268-271.)

Ons godsdienstige vakansiedae is geërf uit die Rooms-Katolisisme, nie die Bybel nie. John Henry Newman, ‘n kardinaal van die Roomse Kerk, skryf in sy boek An Essay on the Development of Christian Doctrine: “The rulers of the Church from early times were prepared, should the occasion arise, to adopt, to imitate, or to sanctify the existing rites and customs of the population, as well as the philosophy of the educated class. The use of temples and those dedicated to particular saints, and ornamented on occasion with branches of trees (wreaths), incense, lamps, candles, votive offerings on recovering from illness, holy water, holy days and seasons, use of calendars, processions, blessings on the field, sacerdotal vestments, the ring in marriage, chants, the Kyrie Eleison – are all of Pagan origin, and sanctified by adoption into the Church.”

Op grond van Hag. 2:12-14 en Mat. 23:19, onder andere, weet ons dat iets nie op hierdie wyse “heilig” gemaak kan word nie. Daar is in die Nuwe Verbond geen heilige dag nie, wel unholy holidays. Dit is ‘n mite dat bepaalde vakansiedae volgens die Christelike kalender heilige dae is.

 

  • Sela: Is die masskrif hierbo op jou van toepassing?
  • Lees: 7; Ps. 27; Ps. 31 – Ps. 34; Ps. 52
  • Memoriseer: 27:1
  • Delf dieper: Lees Dorothy Sayers se boek: Creed or Chaos?