“En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie,
want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.”
(Mat. 6:7, OAV)
Om God met stem en instrumente te loof, as individu, maar ook as deel van die korporatief, was ‘n duidelike Bybelse mandaat in die Ou Verbond. Ps. 66:8 proklameer nie verniet nie: “Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem—“
Dit is dus baie belangrik om daarop te let dat die mandaat van die Ou-Testamentiese lofprysing nie net so oorgegaan het op die Nuwe Testament nie. “The primary mission of Jesus was to tear down religion as the foundation for people’s connection with God and to replace it with himself – the Divine coming to us in our own context and own form. This is what Jesus called ‘the kingdom of God’. It is God and his people, living together the way he originally intended.” (Bruxy Cavey: The End of Religion, p. 23).
Wanneer Jesus ons oor gebed leer, soos wat die masskrif hierbo dit sê, is dit eweneens op lofprysing van toepassing. Die woordjie wat in Grieks hier gebruik word, is “vain repititions”/”ydele herhaling”, en beteken volgens Thayer: battologeō, wat heenwys na ‘n persoon met die naam Battus, ‘n Griekse digter “who made long and weary verses, declaring by many forms and endless repetitions the same sentiment. Hence, it means to repeat a thing often; to say the same thing in different words, or to repeat the same words.” (Albert Barnes’ Notes on the Bible). Clarke lig dit nog meer toe: “πολυλογια, much speaking, from one Battus, who made very prolix hymns, in which the same idea frequently recurred.” (Adam Clarke’s Commentary on the Bible).
Met die woorde van Jesus as stemvurk rondom die saak van lofprysing in die nuwe verbond, is dit absoluut opvallend dat daar so te sê nêrens in die Nuwe Testament sprake is van georganiseerde lofprysing nie.
Die belangrikheid van lofprysing word dus deurgaans in die nuwe verbond onderstreep, maar dit is totaal nié georganiseerd nie. Die vyf kernskrifte hieroor wys dit onteenseglik uit:
- “Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied.” (1 Kor. 14:26).
- “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here …” (Efes. 5:19)
- “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.” (Kol. 3:16)
- “Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.” (Jak. 5:13).
- “Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” (Heb. 13:15).
- Sela: Ondersoek die vyf Skrifte hierbo in reliëf met die Ou Testament.
- Lees: 121; Psalm 123-125; Ps. 128-130
- Memoriseer: 128
- Delf dieper: Luister na Hanno Pienaar se cd-lering: Hoe kom ek uit die denkgreep van Babilon?