Dag 897-898

 

“Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk

wat geskape gaan word, sal die HERE loof …” (Ps. 102:18, OAV)

In die Psalm wat hierbo in die masskrif gebruik word, is dit duidelik dat Dawid profeteer oor ‘n ander bedeling in lofprysing wat eendag ‘n aanvang sou neem. Hierdie “volgende geslag” waaroor hy praat, dié nuwe “volk wat geskape gaan word”, is die nuwe volk waaroor Eks.

 

19:6 ook geprofeteer het, en waarvan 1 Pet. 2:9 insgelyks praat: “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig …” Duidelik het ons hier te make met ‘n groepering wat die Psalm vroeër in verse 15 tot 16 Sion (= die Bruid) noem: “Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid; omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het …” Die Leviete, wat volgens 1 Kron. 15:2 uitverkies is om die ark van God (=

teenwoordigheid van God) te dra, word in die nuwe bedeling ‘n nuweorde-priesterskap, en volgens Jes. 43:21 is dít “die volk wat Ek vir My geformeer het”, hulle wat “my lof (sal) verkondig”.

 

In Jes. 16:5 is daar ‘n belangrike sleutel rondom hierdie nuwe bedeling: “En opgerig is deur goedgunstigheid ‘n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent …” Die begrip ‘Dawid se tent’ dui op die tabernakel wat Dawid vir die Here gebou het. Dit was nie heeltemal soos die tabernakel van Moses in die woestyn nie. 2 Sam. 6:17 verduidelik dit soos volg: “Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.” Let op: Dawid was ‘n koning, nie ‘n priester of hoëpriester nie. Hy as funksionaris in hierdie tabernakel word dus die eerste mens van die priesterorde van

Melgisédek: “Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie. En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek, een wat dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe. Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.” (Heb. 7:14-17). [Onthou: die stam van Juda was die stam waaruit konings

gekom het, teenoor die stam van Levi, waaruit die Levitiese priesterskap gekom het. Jesus word derhalwe dikwels die Leeu van Juda genoem – die leeu is die totem van die stam van Juda (sien Gen. 49:9; Hos. 5:14; en Open. 5:5).]

 

Die orde van Melgisédek is ‘n “koninklike priesterdom” (1 Pet. 2:9) en hulle funksioneer in hierdie derde dimensie, wat dan ook as die “vervalle hut van Dawid” bekend staan: “In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd …” (Amos 9:11). Dit is duidelik uit Jakobus se verduideliking in Hand. 15:13-16 dat met die aanvang van die nuwe verbond hierdie tabernakel van Dawid gestalte begin kry het: “En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig,

en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel …”

 

Binne Charismatiese hermeneutiek het die konsep van ‘die tabernakel van Dawid’ die laaste twee dekades of so ten nouste vreemd genoeg gekoppel geraak aan 24/7-lofprysing. Een voorloper in die vestiging van hierdie idee is Mike Bickle en sy bediening: International House of Prayer (IHOP), en ‘n geassosieerde bediening genaamd Harp and Bowl. Hulle webwerf gee die volgende kensketsing: “The International House of Prayer is a 24-hour a day, city wide worship and warfare, interdenominational prayer ministry serving the Body of Christ. This ministry is modeled after the Tabernacle of David with singers and musicians

being released to lead corporate intercession and worship 24 hours a day … The House of Prayer for all nations ministry includes continuous praise and prayer dethroning the principalities and powers over a region declaring God’s sovereignty. This is in the spirit of Rev. 4-5 ‘Harp and Bowl’ worship and warfare prayer gatherings, the harp representing praise and the bowl representing the prayers of the saints which is at the heart of David’s Tabernacle.”

 

Hieruit volg baie eksplisiet dat binne hierdie konteks dat die tabernakel van Dawid hoofsaaklik gerig is op kontinue lofprysing. In sy boek: Glory in the Church – a fresh blueprint for worship in the 21st Century, stel Jarrod Cooper die volgende waarheid oor lofprysing en aanbidding in die eietydse kerk: “There is a subtle understanding now that suggests that music alone constitutes worship.” (Vir ‘n tyd lank het hy in sy gemeente alle vorme van musiek as lofprysing uitgeskakel “to test the genuineness of their worship … They

learned to worship without music.”)

 

In die meeste Charismatiese bedieninge word geleer dat lofprysing en aanbidding deel is van geestelike oorlogvoering. “Worship is taught as something which actually accomplishes something in the spirit world and is linked to prophetic revelation and spiritual warfare. More and more believers look to music as the primary source of spiritual fulfillment. New generations of charismatics are proclaiming that God is restoring to the overcoming end time church forms of worship that purportedly occurred in David’s tabernacle.” (Orrel Steinkamp: ‘The Restoration of Davidic Warfare/Worship’, in The Plumbline, Vol. 7, No. 4, September/October 2002.)

 

In ‘n boek soos David K. Blomgren: Restoring God’s Glory: The Present Day Rise of David’s Tabernacle word hierdie ‘restorasie’ van die Tabernakel van Dawid primêr gekoppel aan “God’s plan to restore His glory to the final church as a prelude to the Second Coming of Christ”. So verduidelik ook byvoorbeeld Michael Moriarity, in sy boek The New Charismatics: “Bible teachers of our day who are moving in present truth have discovered God’s anointed plan to restore the Tabernacle of David, which is the perfect pattern of praise and worship all New Testament believers are to follow. The restoration of the pattern of praise and worship that once prevailed in King David’s day will release a prophetic stream of praise in our day that will energize the church with new power and demolish the works of Satan. Believers will approach God in new ways such as singing in tongues to activate revelations, prophesying in song, dancing rhythmically in the Spirit and all the traditional charismatic methods (hand clapping, raising of hands etc.). Those who resist this restoration of worship will fall short of God’s standard and will continue to operate in a faulty form of

worship and will be in danger of the glory of God departing from their churches.”

 

‘n Totale misverstaan van die konsep van die Tabernakel van Dawid lê hierdie beskouing ten grondslag. In die volgende Manna sal ons nouer kyk na veral Hand. 15:16 en dit wat dit voorafgegaan het, sodat ons kan uitwys hoe die mite dat georganiseerde lofprysing in die ekklesia van sentrale belang is om God te verheerlik, ongelukkig beslag gekry het.

 

  • Sela: Wat verstaan jy onder die begrip: ‘die tabernakel van Dawid’?
  • Lees: Ps18; 1 Sam.l 28-31; Ps. 121; Ps. 123-125; Ps. 128-130
  • Memoriseer: Ps. 121
  • Delf dieper: Lees Jarrod Cooper se boek: Glory in the Church – a fresh blueprint for worship in the 21st Century